Digkuns > Digformules of -strukture

Personifikasie Struktuur

<< < (2/3) > >>

Meraai vannie Baai:
O my glorie, ek is so ongelooflik dankbaar dat ons weer woel met strukture anders was hierdie skepping van jou dalk nooit gebore nie. Na ek gelees het, sit die ouvrou met haar hand voor die mond en sluk teen 'n knop in my keel.
 :book1: :hello2: :notworthy: :icon_salut:

PM:
Julle is te oulik!  Moet net nie ophou nie!

Meraai vannie Baai:
Ons wag op jou voorbeeld forummoeder PM  :`ip2: :nono: :book1:

PM:
Julle is uitmuntende skrywers en ek voel net 'n poep en 'n baksteen hoog in vergelyking.   :notworthy:

Meraai vannie Baai:
Lees ek oor 'n gas se skouer en gaps hierdie pragtige voorbeeld van Angelica  :book1: :love7: :hello2:


Gisteraand se geheimpies

Geheimpies vou oop
soos goggavlerkies
terwyl die nag sy spikkeltjiekleed
teen die hemel gooi
Swarovski op blou fluweel
Die maan kyk nuuskierig toe...
skud net sy kop

©

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Go to full version