Digkuns > Digformules of -strukture

Personifikasie Struktuur

<< < (3/3)

PM:
Geniet ek weer.   :love7:

Meraai vannie Baai:
Ons eie Langenhoven Naas het 'n pragtige gedig vasgepen en dit is nou gegaps om ook hier te deel by ons personifikasie struktuur. Ek is gaande oor die gemaklike rymvorm.

In die lande vol gewasse
dans die krieke met kamaste
en die lieven heren besies
gooi hul lyfies rond in essies

In stokkerige aandag rye
staan kaalgat wingerde op wag.
Terwyl die goudgeel canola koppies
reeds brander in hul lentedrag
buig die grasgroen koringlande
laag onder sappig waterdrag.

Berge met hul koudwit koppe
kyk statig oor die kleureprag
waar eersdaags lente vreugde
vir koue winterweer sal lag.
©

PM:
Jou ou doring!   :notworthy:   Ek wens ek kon so mooi skryf.   :dontknow:

Meraai vannie Baai:
'n sonstraal trippel rond
op die kleindorpie-werf,
klop aan 'n venster
om die slaap binne te bederf,
wanneer die wind
liggies aan die gordyne pluk
klim hy skelm deur
die venster, heel in sy skik!
in die koel oggend
kom sprei hy wyd oor ons
en koester ek die liefde
wat uit jou oë tot in my hart bons.
© Adéle

 :toothy4: :book1: :notworthy:

Navigation

[0] Message Index

[*] Previous page

Go to full version