Die Klaskamer > Het jy geweet?

Hoeveel van hierdie woorde ken jy?

(1/3) > >>

Meraai vannie Baai:
 :icon_scratch: :dontknow:  :icon_bigsmurf:

1.) ronkedoor (s.nw.)
1. Alleenloperolifant wat uit die trop verstoot is. 2.  Ongesellige manspersoon.

2.) knotheining (s.nw.)
Struikheining waarvan die takke bo en aan die kante gereeld gelykgeknip word.

3.) taksidermis (s.nw.)
Dieropstopper.

4.) plettertoets (s.nw.)
Toets waarby ‘n instrument of toestel, bv.’n motor, ontwerp word aan kragte wat dit kan verpletter om die weerstand en veiligheid van die toestel vas te stel.

5.) mesmeriseer (ww.)
In ‘n hipnotiese toestand bring; hipnotiseer.

6.) ghallaghielie (s.nw.)
Paddavissie.

7.) pouperiseer (ww.)
Tot armoede bring: Die oorlog het baie vroeër welgesteldes gepouperiseer.

8.) iterasie (s.nw.)
Herhaling: Doem, doem is ‘n voorbeeld van iterasie.

9.) driesland (s.nw.)
(Nuwe) grond wat skoongemaak, omgeploeg en bewerk word; ook, ‘n ou land wat na ‘n rustyd weer omploeg word: Vanjaar moet die boer dries, want sy ou lande is uitgeput.

10.) kurieus (b.nw.)
Merkwaardig, snaaks, eienaardig: Dit was regtig ‘n kurieuse verskynsel.

11.) jakkalsreëntjie (s.nw.)
1. Ligte reëntjie met sonskyn daarby. 2. Motreëntjie.

12.) teuelloos (b.nw. en bw.)
Buitensporig: Teuellose geweld.

13.) flensie (s.nw.)
Dun pannekoekie.

14.) tandeknersend (b.nw.)
(fig.) Woedend: Hy is tandeknersend hier weg nadat hy die nuus gehoor het.

15.) biebie (s.nw.)
Luise, ongedierte op die kop.

16.) kampernoelie (s.nw.)
Eetbare paddastoel.

17.) harlaboerla (s.nw.)
Lawaai, rumoer, wanorde, verwarring: Wat beteken die harlaboerla daar in die kamer?

18.) pikkedil (s.nw.)
Klein foutjie; vergeeflike sonde: Ons kan die oom maar sy pikkedilletjies vergewe.

19.) uhuru (s.nw.)
Woord as slagkreet gebruik: Vryheid, onafhanklikheid.

20.) xiloteek (s.nw.)
Versameling monsters van verskillende houtsoorte.

21.) komhalertjie (s.nw.)
Adamsappel.

22.) bankroetier (s.nw.) Uitspraak ban-kroe-tier
Iemand wat sy geldelike verpligtinge nie meer kan nakom nie, wat bankrot is.

23.) songololo (s.nw.)
‘n Duisendpoot.

24.) gebral (s.nw.)
Aanhoudende spoggery.

25.) paddaslagter (s.nw.)
Mes wat baie stomp is.

26.) senotaaf (s.nw.)
Grafmonument vir iemand wat elders begrawe is: ‘n Senotaaf vir die oorlogshelde.

27.) slaphakskeentjies (s.nw.)
Gekookte klein uitjies bedek met eiersous, warm of koud bedien.

28.) duimmuis (s.nw.)
Verhewenheid op handpalm, aan die voet van die duim; duimbal.

29.) koeterwaals (s.nw.)
Onverstaanbare brabbeltaal; gebroke taal: ‘n Soort koeterwaals praat wat geen mens verstaan nie.

Bron: https://www.edubloxsa.co.za/toets-jou-woordeskat/

adele:
 :icon_silent: :icon_silent: nee oeee, sulke woorde moet gebruik word om te kan onthou.

PM:
Baie dankie vir die aandra Matertjie.  Ek het al van die woorde gehoor, maar meeste is onbekend.
Terwyl ek so lees, dink ek hoe jy altyd meesterlik sulke bydraes in 'n storie kan verander.  Hoe lyk dit?

Meraai vannie Baai:
Ek dink die ene los ek vir ons eie Langenhoven  :toothy4: die koue het my kreukelkamer se grysstof gevries   :icon_bigsmurf:

Naas:
Ek wil nou nie koeterwaals praat nie maar gisteraand kom hier so ‘n jakkalsreentjie oor die plaas getrek. Ek besluit toe om so ‘n flensie of twee aanmekaar te slaan saam met ‘n paar slaphaakskeentjies en kampernoelies.  Ek hoop nie dit gee nou ‘n gebral af nie maar ek kan mense mesmeriseer met my gebak.
Laasjaar se droogte het vir my en oupa so gepouperiseer  dat ons dit al oorweeg het om onsself as bankroetiere te verklaar.
Maar toe die eerste reen hier by ons val gebeur daar iets kurieus. Die wereld le vol ghallaghielies wat se stertjies ittereer op die droe grond. Ek hardloop uit om die harlaboerla van nader te aanskou en voel ewe skielik asof daar biebies op my kop is. Ek vee oor my hare en besef toe dat my kop nou ook nat en vol ghallaghielies is.
Oupa is so bly oor die reen dat hy die willewragtagriel in die modder dans en sy komhalertjie spring op en af van blydskap saam met hom.
Ons was net terug in die kombuis, besig om elkeen ‘n warm koppie moer te geniet, toe daar ‘n teuellose geraas by die driesland agter die opstal uitbars. Oupa raak daar ‘n paar wyse woorde kwyt, gryp sy paddaslagter en storm by die agterdeur uit.
Buite gekom sien ons dat ‘n vreemde ronkedoor met ‘n plettertoets die knotheining tussen die opstal en die driesland poer des merstes gehardloop het.
Oupa is tandeknersend daar weg om vir Ou Ta te gaan haal.


 :icon_bigsmurf:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version