Author Topic: Pynsalf  (Read 15748 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Pynsalf
« on: April 10, 2018, 12:25:37 PM »
Hier is n paar salwe wat veral in die winter verligting sal bring.

PYNSALF
1 Groot blik Zambuk salf
3 buisies Wintergreen ( 25g elk)
1 botteltjie Haarlemensis
Sit die 2 salwe in n dubbelkoker en smelt die salwe. Haal van die stoof af as dit gesmelt is
en gooi dan die botteltjie Haarlemensis. Meng goed en gooi af in n glas botteltjie.
SALF VIR WONDE WAT SUKKEL OM TE GENEES

1 Potjie Ponds Cream
1 blikkie Sinksalf
2 teelepels Friars BalsemDie grootste geskenk wat n mens jouself kan gee, as jy sukkel met n wond wat stadig genees, in om nie moedeloos te word nie en om geduld te he met die genesings-proses. Die liggaam genees stadiger as n mens sonder moed is. Bemoedig jouself elke keer as jy met jou wond werk.
« Last Edit: April 10, 2018, 12:30:49 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Pynsalf
« Reply #1 on: April 11, 2018, 12:29:01 AM »
 :notworthy: :hello2: :icon_salut: Duisend dankies mater.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Pynsalf
« Reply #2 on: April 30, 2018, 05:41:06 PM »
Kry mens nog Pond's salf?  Dit laat my dink aan:  Why dit Pond'scream?  Because Maxfactor!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Pynsalf
« Reply #3 on: August 07, 2018, 05:56:59 AM »
Ek is opsoek na raad vir wonde wat stadig genees. My sus word vandag geopereer. Sy is 'n diabeet en het gevorderde, verspreide borskanker. My skoondogter het vertel van 'n maatjie op skool jare gelede wat se pa sy been sou verloor en heuning op die wonde het blykbaar sy been gered. Enige iemand anders kennis van dit?

PM, ek het so bietjie gaan grawe na hierdie pynsalf-resep van jou en kom toe af op hierdie youtube bydrae waarin die vroutjie presies dieselfde salf se resep 'beduie'. Daar is blykbaar 'n baie spesiale manier waarop jy hierdie wonderkuur moet aansmeer  :icon_biggrin: van bo na onder.... nie anders om nie  :evil6: :icon_biggrin:

https://www.youtube.com/watch?v=MmeF-3Ok994
« Last Edit: August 07, 2018, 07:02:39 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Pynsalf
« Reply #4 on: August 08, 2018, 02:39:49 PM »
Ek het hierdie video regtig geniet.  So eg Afrikaner! 


Op 'n kol het 'n spinnekop my gebyt en ek het vir maande gesukkel met allerhande salf en antibiotika en jy noem dit.  Toe gee Ouma Naas vir my die raat om heuning te vat en dit met genoeg kaneel te meng om 'n dik pap te maak.  Ek moes dit dik aansmeer, 'n pleister of lappie opsit en dit elke dag vervang.  Dit was nie 'n maand nie toe is dit genees.  Regtig!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Pynsalf
« Reply #5 on: August 08, 2018, 03:00:43 PM »
Ek sal nooit oorleef sonder my perdesalf nie.  Ken julle dit?  Arnica Ice, maar net die een met die perd op.  Dit bring werklik groot verligting vir my rumatiek en lupus seer lyf.  Smeer dit aan my voete, bene, en alle gewrigte.  Ek dink hulle gaan die prentjie van die perd eersdaags met 'n foto van my vervang.  Ek hou die fabriek oop!
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Pynsalf
« Reply #6 on: August 08, 2018, 03:09:30 PM »
Ek ondersteun ook daai einste perresalf maar sal dit nie aan oop wonde smeer nie. Dis al wat help vir die rittelmatiek en verkalking in my rug.



 :icon_bigsmurf:
« Last Edit: August 08, 2018, 03:28:10 PM by Naas »
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Pynsalf
« Reply #7 on: August 08, 2018, 03:20:57 PM »
Ek weet Arnica Ice is baie goed vir sonbrand.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Pynsalf
« Reply #8 on: August 08, 2018, 08:02:46 PM »
Ja, Naas, defnitief nie vir oop wonde nie.  Vir die rittelmatiek en selfs die ritteltits is dit baie goed.  Gie gie. 
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Pynsalf
« Reply #9 on: August 08, 2018, 11:18:10 PM »
Dankie vir al die rate julle dierbare mense. Ek sal dit onthou en deurgee vir my sussa. 'n Glas warm melk, lepel heuning en kwart teelepel kaneel is die natuur se beste antibiotika ooit, ritteltits en al  :icon_biggrin:
« Last Edit: August 09, 2018, 03:00:37 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Pynsalf
« Reply #10 on: August 09, 2018, 02:42:18 AM »
Auk my Baas, 'n by is daai vlieg, hy het die assegaai by die hol en maak hom die heuning...



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Pynsalf
« Reply #11 on: August 09, 2018, 03:01:41 AM »
Moes ek terug sluip en die oordosis heuning kom regstel  :icon_bigsmurf: Lief jou komtaar Naas  :icon_biggrin: