Author Topic: Gordelroos.  (Read 7540 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Gordelroos.
« on: April 10, 2018, 12:00:52 PM »
Gordelroos.
Elke jaar, so net na lieflike lente haar buiging gemaak het, begin mense my in my konsultasie-tye, tussen 5 en 7, bel om te vra wat kan hulle doen, want hulle het nou gordelroos. Die pyn wat deur jou liggaam skiet, die lam gevoel wat jy het, asof jy n sak sement in jou binneste ronddra, is iets wat jy nie vir jou grootste vyand wil toewens nie. So het ek ook weer hierdie November, deurgeloop onder gordelroos. En dit moet jy weet van hierdie toestand, as jy dit eenkeer gehad het, kom dit terug, elke keer as jy te veel stress ervaar het of as jy helltemaal te hard gewerk het. Ek was in die begin elke keer vreeslik hartseer as my gordelroos toeslaan, hierdie keer, met 2014 se gordelroos, was ek so trots dat my liggaam my vroegtydig waarsku dat ek moet briek aandraai.

Elke fisiese siekte het n emosionele oorsaak en met gordelroos is van die oorsake uiterste stress en angs, vrees en spanning. Caroline Myss praat van “ waiting for the other shoe to drop “, jy voel asof jy geen spanningsvolle situasie kan hanteer nie omdat jy oor-sensitief voel. Swaarmoedigheid en bedruktheid kan ook lei daartoe dat jou senuwee punte ontsteek – dis wat in jou liggaan gebeur as jy gordelroos het. Ek voel altyd baie hartseer en emosioneel as ek gordelroos het en dan maak ek tyd om te huil, sommer oor enige iets, want op die manier kry jy ge-ontlaai, jy kry afgelaai. Gordelroos gaan oor daardie 1 stukkie strooi, daardie enkele stukkie, wat die kameel se rug breek. Daarom is dit uiters belangrik dat n mens ook tyd maak om te rus, op jou bed te le en luister na jou liggaam as hy vir jou se hy is te moeg om op te staan. In die begin het ek skuldig gevoel oor ek net op my bed wou le , tot ek besef het, dat my oorwerkte en uitge-stressde liggaam net gaan genees as ek luister en bly le.
Die uitslag wat gordelroos veroorsaak is hiper-sensitief vir aanraking, die eerste keer wat ek dit gekry het het dit vir my gevoel asof ek nie die sagte aanraking van klere kan verduur nie. Dan help dit om Alwyn-gel aan te smeer, wat daardie warm gevoel , koel maak. Suur-vye ook bekend as Hotnots-vye, is ook goed om aan te smeer. Dis n vetplant en groei maklik van n steggie en n moet in elke tuin. Mens breek die blaar oop en drup dan die sap op die uitslag. Kasterolie is ook n wenner om aan te smeer, dit bring pynverligting mee en kalmeer die vel daar waar dit so brand.
Mens kan ook n teelepel organiese borrie gebruik, 3 keer per dag, na etes. Borrie help daardie ontsteekte senuwee punte om te begin herstel. Nou is dit ook die tyd om die Koning van Kruie, Kankerbossie, te begin gebruik. Kankerbossie maak die imuunstelsel sterk en as n mens se imuunstelsel sterk is, sal dit die liggaam help om te herstel. Hierdie kruie is al kruie wat jy elke dag van jou lewe kan drink, met ander kruie is dit nodig om na 3 maande se gebruik, eers te stop, sodat die liggaam kan kans kry om homself te genees. Die dosering van enige kruie is baie belangrik, jy neem 1 teelepel Kankerbossie, sit dit in n glasbak, en gooi 1 liter kookwater daarop. Laat afkoel, gooi af in n glasbottel, hou die bottel in die yskas, en drink n halwe koppie, 3 keer per dag. n Mens se toewyding tot jou genesings-proses is hier baie belangrik, so dis belangrik om aan te hou om jou kruie te drink.

As n mens emosioneel daaraan werk om goed te wees vir jouself, om jouself te koester en om jouself gereeld te prys, sal jy vind dat die gordelroos sy wyk neem. Dis ook dan die tyd om n bestek-opname te maak van die dinge in jou lewe wat jou onnodig gespanne maak, dit te verander en te verteer en met die spanning wat in jou werksplek, wat jy nie noodwendig kan verander nie, daar kan jou houding teenoor die probleem, verander.


« Last Edit: April 10, 2018, 12:05:40 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Gordelroos.
« Reply #1 on: April 11, 2018, 12:32:31 AM »
My sus het so rukkie gelede gordelroos gekry terwyl sy nog besig is met haar jaarlange chemo-behandelings  :crybaby2: dit het na haar oe versprei en ons was soooo bang dat sy permanente oogskade gaan oorhou. Kon vir 'n tyd lank niks sien nie. Haar oe was toegeswel. Dankie liefste PM vir hierdie plasing. Ek deel met haar.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gordelroos.
« Reply #2 on: April 30, 2018, 05:28:34 PM »
Ek sal baie graag wil weet hoe gaan dit met jou sus Raaitjie.  Kom vertel tog asseblief.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Gordelroos.
« Reply #3 on: May 02, 2018, 10:09:05 AM »
Dit gaan nie goed met my ou sustertjie nie PM. Sy het nog laaaaang pad voor haar en die kragte min. Kan nie help om te dink as die natuur sy gang gegaan het van die begin af, het sy 'n baie beter kwaliteit lewe gehad as nou met die ingryping van intense behandeling wat haar week vir week net nog meer skade aan doen en omring met die ander pasiente kan sy ook sien hoe hulle agteruit gaan. Dit is hartbrekend en ek sou wat wou gee om daar te kon wees vir haar. Nou moet FB se message en foonoproepe dit doen waarvoor ek natuurlik ook baie dankbaar is  :crybaby2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gordelroos.
« Reply #4 on: May 02, 2018, 03:46:26 PM »
Al wat ek kan seg is sterkte vir julle my matertjie.  Ons harte gaan uit vir julle.  Ek sal 'n ander onderwerp begin oor behandeling of nie?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Gordelroos.
« Reply #5 on: May 04, 2018, 05:44:02 AM »
Skies matertjie, ek nie jou laaste kommentaar gesien nie. Is dit die plasing wat jy gister gemaak het? Hoop ons kry wonderlike terugvoering. Veral van persone wat deur die hel was en anderkant oorwinnend uit die groot stryd getree het.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gordelroos.
« Reply #6 on: May 04, 2018, 05:49:14 PM »
Wens die ouens wil kom saam gesels. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Gordelroos.
« Reply #7 on: May 05, 2018, 12:33:11 AM »
Dit sal wonderlik wees as ons ook kan kennis maak met die anderkant van die chemo-munt matertjie. Stem saam.