Woordskuur > Uit die ossewa se medisynetrommel

Raat vir aambeie

<< < (2/3) > >>

Naas:
Lennons se produkte was baie gekonsentreer toe ek jonk was en het goed gewerk. My ouma en my ma het dit vir baie goed gebruik. deesdae se Lennons het net nie meer dieselfde impak nie.


 :icon_bigsmurf:

PM:
Dink jy dat 'n mens die plante kan groei en weer dieselfde kwaliteit kan bereik?
Hier by ons soek mense kankerbossies dat dit bars.  Is daar 'n manier wat ek saad in die hande kan kry?

Meraai vannie Baai:
Ek het nou lekker gegiggle vir die moerbeie van jou Naas. PM, ek hoop regtig jy kom reg met die kankerbossie saad!

PM:
Ek het 'n paar vriende in die Kaap, dalk kan iemand help. 

Naas:
Ek ken glad nie die kankerbossie nie. My ouma aan my pa se kant was die kruiedokter maar haar kennis het saam met haar heengegaan.
Ek onthou nog daai slegte tee ekstrak van dassiepis en wildeals en al die ander kruie wat sy Sondae in die berg gaan koop het.
Daai tee het gewerk. As jy ruik sy is besig met tee voel jy sommer klaar perdfris want daai gebrousel was sleg...


 :icon_bigsmurf:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Go to full version