Author Topic: 30 Maart 2018 Goeie vrydag  (Read 1578 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
30 Maart 2018 Goeie vrydag
« on: April 02, 2018, 11:00:30 AM »
Ek het 'n video gekry oor wat 'n kruisdood regtig behels en hoe dit die liggaam laat sterf. Dit beskryf ook wat Jesus se geseling en ander marteling soos die doringkroon behels het. Ek gaan dit nie plaas nie, maar as jul belangstel, kan julle gaan googleloer daarvoor. Dis skrikwekkend  :icon_silent:

Iewers vra iemand wat is goed aan hierdie Vrydag, want ons Christus is op hierdie dag wreed vermoor. Sy maat antwoord met ‘n teenvraag: hoe sou hy voel as iemand nou in sy plek sal doodgaan? En hy antwoord: Goed. So sê sy maat niks verder nie.

Ek is mal oor daardie woordspeling. Laat jou gedagtes die gesprek verder lei.
Blaai ek deur plasings op ‘n paar webblaaie en kom af op hierdie spesifieke uiteensetting oor Jesus se kruisdood. Ek kon nie die lang videos aflaai en deurkyk nie, maar hierdie was genoeg. Genoeg om my wange weer onder trane te laat brand. Saam met die sjirurg was die knop in my keel te dik.

Van kleutertyd af het ek aan ouers-knie geleer om my Bybel elke dag te lees. Die ou Testament raak later te veel en menige van ons het vasgehaak by Psalms, eenvoudiger verhale en die evangelies, want dis meer verstaanbaar en lees makliker. En,ja, die kruisiging en wat daarop volg, het altyd genoeg sin gemaak om te glo dat ons gered is. Maar om te besef wát sy geseling, marteling en kruisiging werklik behels het, is in die diepte daarvan soms vir my te veel om te oordink. Die gedagte aan soveel pyn, onhoudbaar vir enig ander, het my laat knak, my lank op my knieë gehou en sedertdien hou ek vas aan die soom van sy kleed; ek het dit nog nooit weer laat los nie. Ek leef dit, ek slaap dit en ek loop oor van sy liefde wat ons teenaan Hom vas hou.

Probeer nie meer skuldig voel oor jou sonde en gebreke nie, want om aanhoudend skuldig te voel, is om nie sy Verlossing geheel en al aan te neem nie. En ons raak later so gewoond aan daardie skuldgevoel, dat dit nie meer waarde het nie. Dis so maklik om ‘n skuldgevoel te onderdruk.
Maar verleë, hartseer, vol selfverwyt omdat ek weer en weer val, kruip ek weer en weer die afdwaalpaadjies terug na Hom toe. En Hy neem my elke keer weer in sy arms en verseker my van sy Verlossing, van my sondevergifnis. So het ek dit begin regkry om nee te sê; om weg te draai van versoekings af.

Hoe het die engele daardie Sondagoggend baie vroeg, sekerlik kort na middernag dalk, die hemele laat bewe van vreugdegesange; blydskap het daar ‘n ander betekenis gekry. Jesus het opgestaan! Die klip kon Hom nie binnehou tot die vroue daar aangekom het nie. Nee, Hy is waarlik die Seun van God en het seker toe al sy Vader se goedkeuring en omhelsing gekry.

Here, U liefde is onmeetbaar, onverstaanbaar vir ons klein hart en verstand, maar soveel ons kan, het ons U lief omdat U ons lief het. Dra ons asseblief in ons seer en in ons vreugde ook. En tel ons soekende geliefdes en naastes ook op en lei hulle tot geloof.
Amen amen Here.
adéle  :grommit: