Die kuierstoep > Die kiekiekyk plek

Maak jou eie kaggelpoefters met draad en tang

<< < (2/5) > >>

PM:
Jy doen alles so met oorgawe.  Dit is werklik baie oulik.  Baie dankie vir jou.  Ek lief jou.

Meraai vannie Baai:
Lief jou ook mater PM  :love7: Gepraat van oorgawe.... dit sluit my verbrandingsgawe ongelukkig ook in  :icon_bigsmurf:

Gebore met die gawe van verbranding, moet jy soms maar jou skandes bedek as jy 'n Paverpolprojek wil red (gelukkig het babatjie die bakproses vrygespring).

Met die draadwerk om die figuurtjie te skep, was daar gelukkig geen drama  :icon_biggrin:



Dramas het begin die oomblik toe daar 'bak en brou' ter sprake was  :crybaby2:



Dan bly net een genade oor - bedek jou skandes :notworthy:



Genadiglik was die babatjie se gesiggie bruikbaar en hoef ek dit nie met die kombersie strategies weg te steek nie  :evil6:



Die ou lampstaander het ook van gedaante verwissel  :notworthy:



Meraai vannie Baai:
Ek het vir Meisiekind se liefdadigheidsprojek ook twee Afrika poppies geskep wat groot aftrek gekry het.





En toe moes ek nog ene maak op aanvraag. Die piepkleine boekies is net so groot uitdaging en plesier.





Meraai vannie Baai:
Die donkerpoppies het omtrent Aussie vroueharte gesteel en ek moes gou nog 'n draadfiguur maak vir Meisiekind se komende 'food auction' van haar liefdadigheidsprojek. Outop het gehelp met die snywerk van die piepkleine boekie waaroor ek innig dankbaar was. My 'rottegif' (bloedverdunners) en 'n glipsie met die mes is nie maats nie maar die boksie van die egte gif vir rotte in die motorhuis het perfek gewerk om 'n bankie te maak waarop die figuurtjies kan sit  :icon_biggrin:



Die eindproduk sit solank op 'n rak in die pandok se kombuis tot ek haar by Meisiekind kan kry.



Van naderby...

Meraai vannie Baai:
En nog was dit die einde niet... as hierdie gogga jou gebyt het is dit klaar met kees  :icon_biggrin:





Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Go to full version