• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Maak jou eie kaggelpoefters met draad en tang

Started by Meraai vannie Baai, February 18, 2018, 08:19:27 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

#15
Verlede week het ek vir Outop 'n draad en paverpol visterman gemaak waarmee hy baie in sy skik is. Die visstok was geskep uit 'n sosatiestokkie en die katrol is gemaak uit 'n piepkleine garetolletjie wat ek in die helfte gesny het en weerskante was twee knope geplak. Tou is opgerol oor dit en kunsmatige aas (vis en krefies) was goedgunstiglik geskenk  :icon_biggrin:






PM

Dit is werklik so pragtig.  Ek geniet al die "poeftertjies" wat jy so baie en is dankbaar dat jy dit met ons deel.  Baie dankie Raaitjie!   :hello:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#17
Soos altyd is die voorreg om te kan deel, myne liefste PM.

Meraai vannie Baai

Die nuutste poppie is ietwat van 'n karakter uit die ou cowboy dae. In my verbeelding sien ek haar hang oor die balkon terwyl sy die manne met die biere by die bar beloer...  :icon_bigsmurf:


Meraai vannie Baai

Sy was nogal 'n uitdaging  :icon_biggrin: die hoed het my kniege amper geknak want ek het 'n neut gebruik vir haar kop en moes vinnig 'n plan beraam om 'body' te gee. Genadiglik het haar boskaas die takie verrig.



PM

Te oulik.  Ek sien haar ook, sy hoor die ou hoepelbeen klavier speel.
Jy het darem baie moed sustertjie.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Bly jy sien dieselfde prentjie PM  :icon_bigsmurf: :headbang: Hierdie projekte vul menige ongemaklike ure wanneer staan die enigste uitweg is. Die dag as ek nie meer kan woel met die hande nie, moet hulle my maar toegooi  :icon_biggrin:

PM

Ek is bly dit verskaf jou soveel vreugde matertjie.  Ek lig my hoed vir jou.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.