Bak en brou > Eenpotgeregte / Eenbakgeregte

Gebakte spinasiegereg (Ook vir ontbyt)

(1/1)

PM:
Gebakte spinasiegereg.  (180 C vir plus minus 20 minute.)

Hierdie is 'n ideale gereg om vir ontbyt te maak. 

Twee groot hande vol spinasie, gestoom, opgesny en al die water uitgedruk.
(Ek maak altyd ‘n paar pakkies en bêre dit in my frieskas.)
1 Pakkie bacon, opgekerf en in ghee gebraai tot gaar.
Voeg die spinasie daarby en laat afkoel.

Roer 4 eiers (geklits) in ‘n koppie kaas met 1 telepel Dijon mosterd.
Meng dit met die spinasiemengsel wat afgekoel het.
Voeg so ‘n 100ml room by en roer deur.

Plaas die mengsel in ‘n vuurvasteskottel en rasper nog ‘n bietjie kaas bo-oor.
Bak tot die eiers gaar is en as jy wil kan jy die oondgereg bruin bak.

Meraai vannie Baai:
Dit klink heerlik. Sal laat weet as ons probeer het!

Navigation

[0] Message Index

Go to full version