Author Topic: Voete  (Read 8630 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Voete
« on: September 30, 2016, 12:09:42 PM »
Ek voel altyd so skuldig as ek hierdie afdeling beloer en dit staan dwarsdeur al die seisoene kaalvoet nes 'n wesie. Nou wil ek 'n gesoolde ene in die deur kry...

Wonder jy nie ook of die ouens koue voete kry en suutjies voet in die wind slaan voordat daar forumgras onder hulle kan groei?  Hier is beslis nie diep spore getrap nie. Of het hulle dalk maar net met die verkeerde een uit die bed geklim en eelterig verby gehou - straks voet aan wal gesit op vreemde grond?

My fortuin is hoeka al met groot voete van klei vertrap en in die proses is daar hard met die aarde kennis gemaak.  So sit die uwe nou met hulle onder 'n ander man se tafel en die staan reeds met een van syne in die graf en binnekort kan daar dalk 'n kaartjie om die aweregse groottoon hang.

Voor ek oor my eie val wil ek voet by stuk hou: Die swaarste pad trap ons self, voetjie vir voetjie plat, en die swaarste is die pad wat ons nooit vat nie!
 
« Last Edit: September 30, 2016, 11:03:21 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Voete
« Reply #1 on: September 30, 2016, 10:15:37 PM »
Ek gaan my beste voetjie voorsit en 'n paar feite leen by http://www.vrouekeur.co.za/artikel.aspx?id=60434

’n Kwart van al die liggaam se bene is in die voete – daar is 52 bene in ’n paar voete.

Gedurende die eerste jaar van ’n kind se lewe groei sy of haar voete baie vinnig, en bereik amper die helfte van die volwasse lengte. Teen 12-jarige ouderdom is die kind se voete omtrent 90% van die volwasse lengte.

Elke keer wanneer jy stap en jou hakke van die grond af lig, forseer dit die tone om die helfte van jou liggaamsgewig te dra.

Dit is raar dat twee voete presies dieselfde is – een is dikwels langer as die ander een.

In een paar voete is daar 250 000 sweetkliere.

Die eerste voetbedekkers was waarskynlik dierevel, wat mense van die Steentydperk in Noord-Europa en Asië om hul enkels vasgebind het.

Sigaretrook is die grootste oorsaak van perifere vaskulêre siekte (’n siekte van die are van die bene en voete) wat pyn tot gevolg het as ’n mens loop, maar dit kan ook tot sere op die voete, infeksies en in erge gevalle, gangreen en moontlike amputasie lei.

Gedurende ’n gemiddelde dag van baie stap kan die totale druk op jou voete honderde ton wees, gelyk aan die gemiddelde gewig van ’n volgelaaide sementtrok.

Stap is die beste oefening vir jou voete. Dit dra tot jou algemene gesondheid by deur jou sirkulasie te verbeter en help ook met gewigsbeheer.

Om in een plek te staan, is baie uitputtender as stap omdat spanning vir ’n langer tydperk op dieselfde spiere gefokus word.

Voetkwale kan die eerste tekens van ernstige gesondheidsprobleme wees. Jou voete weerspieël jou gesondheid.

75% van mense ondervind die een of ander tyd in hul lewe voetprobleme.

Sweetgaatjies in die voete produseer omtrent ’n koppie sweet per dag.

’n Kwart van al jou bene kom in jou voete voor, as jou voetbene dus uit balans is, is die res van jou liggaam ook.

Dit is die afskeep en gebrek aan kennis oor goeie voetsorg, insluitende skoene wat verkeerd sit, wat tot probleme lei.

Vroue het omtrent vier keer meer voetprobleme as mans.

Omdat jou voete gewoonlik nie ewe groot is nie, moet jy skoene vir die grootste voet koop.

Die beste tyd van die dag om skoene te koop is in die middag, aangesien die voete dan die meeste geswel is.

Die gemiddelde persoon neem tussen 8 000 en 10 000 treë per dag.

Nege uit tien vroue dra skoene wat te klein is.

Wat van daai klankie?

Is jy een van daai ongelukkiges wat te bang is om jou skoene in geselskap uit te trek? Hier is ’n paar wenke om die slegte reuk te voorkom:

Bly droog
Maak jou voete deeglik droog nadat jy gebad of gestort het, veral tussen die tone. Gooi daarna ’n antifungusvoetpoeier tussen jou tone om dit droog te hou.

Dra sokkies as jy kan
As jy skoene sonder sokkies dra, is daar niks om die sweet wat jou voete natuurlik afskei, te absorbeer nie en dit word dan tussen jou tone en in jou skoene vasgevang. As jy nie sokkies kan aantrek nie, spuit antiperspirant tussen jou tone en onder jou voete.

Skink 'n sopie
As jy nie van die reuk ontslae kan raak nie, gooi ’n biejie vodka op ’n lap en vee jou voete daarmee af. Die alkohol in vodka is antisepties en sal jou voete droogmaak, wat in die proses die fungus en bakterieë vernietig wat die reuk veroorsaak.

Sit af dokter toe
As niks wat jy doen, help nie, sal dit jou baat om ’n dermatoloog te gaan sien.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Voete
« Reply #2 on: September 30, 2016, 10:21:56 PM »
Hier is nog ’n paar interessante feite oor voete http://www.health24.com/Medical/Archive/Afrikaans/13-voet-feite-20120721

Die meeste mense het 26 bene in elke voet, maar party mense het 28. Hierdie ekstra bene wat supernumerêre sesamoïede genoem word, word aan die onderkant van die voet, net agter die groottoon aangetref.

Veertien van die 26 bene is in die tone. Elke toon het drie bene, behalwe die groottoon, wat twee het. 

Jou voetsole bevat meer sweetkliere en sensitiewe senuweepunte per vierkante sentimeter as enige ander deel van jou liggaam.   

Plat voete is nie altyd problematies nie – as plat voete nie skeef trap nie, kan dit 'n mens in staat stel om langer as gewoonlik te staan omdat jou gewig oor 'n groter area versprei is.

Laer rugpyn, hoofpyn, slegte spysvertering en 'n skewe ruggraat kan dikwels teruggevoer word na voetprobleme. 

Die stappatroon van jou regtervoet is gewoonlik nie dieselfde as dié van jou linkervoet nie.

Wanneer jy normaal loop, is jou hele voet nooit plat op die grond nie. 

As jou voete nie skeef trap nie, wys jou tone reguit vorentoe wanneer jy stap. Die eerste punt van kontak is jou hak, dan die buitenste rand van jou voet, dan die bal van jou voet, en uiteindelik die groottoon.

Om op een plek stil te staan, is baie meer vermoeiend as om te stap. Die rede is omdat dieselfde spiere oor 'n lang tydperk gebruik word. 

Liddorings en eelte is nooit normaal nie, maar is die voetprobleme wat die mees algemeen voorkom. Dit kan aandui aan dat jy skeef trap of dat jy beter skoene nodig het. Die volgende op die lys van algemene voetprobleme is vratte, blase, atleetsvoet en skeure. 

Die vel aan jou voete is dikker as op enige ander plek aan jou liggaam. 

Wanneer jy onder spanning verkeer, is jy meer vatbaar vir die virus wat vratte op jou voete veroorsaak. 

Wanneer jy skoene koop, is dit altyd goed om dit laat in die dag te doen wanneer jou voete moeg is en effens opgeswel mag wees. Dit beteken dat jy nie skoene wat te klein is, sal koop nie.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Voete
« Reply #3 on: September 30, 2016, 10:23:50 PM »
https://www.facebook.com/notes/hannes-de-beer/eelte-en-liddorings-tuisrate/597412630421631/

Mense met bunions of hamertone, beskadigde sweetkliere, letsels of vratte op hul voete is, meer geneig om liddorings te kry as ander. Ook mense met diabetes of ander toestande wat veroorsaak dat bloedvloei na die voete swakker is, het 'n hoër risiko van komplikasies van liddorings. In sulke gevalle word dit sterk aanbeveel om jou liddorings deur 'n voet dokter te laat behandel. 

*By die skakel is daar talle huishoudelike rate wat beslis die moeite werd is om deur te lees.
« Last Edit: September 30, 2016, 10:30:22 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Voete
« Reply #4 on: September 30, 2016, 10:32:39 PM »
Bederf jou voete

Voordat jy jou gemaklike nuwe sandale of skoen aanglip, maak seker jou voete is in ’n goeie toestand. Deur dié agt maklike stappe te volg, kan jy ook met voete spog wat die koppe laat draai.

• Week jou voete vir 10-15 minute in warm water waarin Engelse sout of ’n weekmiddel vir voete opgelos is.
• Gebruik ’n puimsteen en afskilfermiddel op jou hakke, maar ook oor die res van jou voete om van harde, dooie vel ontslae te raak.
• Droog jou voete goed af.
• Knip jou toonnaels en druk die naelvliese terug.
• Spoel jou voete weer af en druk hulle droog.
• Masseer jou voete met genoeg voetroom. Lyfroom of petroleumjellie kan ook vir dié doel gebruik word.
• Maak jou voete in plastieksakkies toe en hou hulle vir minstens 15 minute toe.
• Verf jou toonnaels. Maak seker dat jy minstens twee lae naelpolitoer en ’n deurskynende bolaag vir meer glans aanwend. Laat dit goed droog word voordat jy jou skoene aantrek.

Bron: http://m24lbarg01.naspers.com/argief/berigte/landbouweekblad/2007/02/16/LB/52/01.html
« Last Edit: September 30, 2016, 11:05:22 PM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Voete
« Reply #5 on: October 01, 2016, 05:48:02 AM »
Ek het bo begin en afgelees tot onder by die poedingpot.  Wat 'n heerlike woordefees!
Baie dankie vir die liefde en omgee vir onse pragforum Raaitjie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Voete
« Reply #6 on: October 01, 2016, 10:31:28 AM »
Bly jy het geniet PM. Ek hou die onderwerp so lank al dop want die oumenstone en skete my ook ingehaal lol.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Voete
« Reply #7 on: October 04, 2016, 05:51:19 PM »
joeeee, wat 'n voetefees .... en nou bekyk ek my eie so skuinsweg, half blosend .... en besef 'n klein bietjie liefde kan wonnnndere verrig    :love7: 
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Voete
« Reply #8 on: October 13, 2016, 11:00:26 PM »
Ek kyk saam jou af na my eie Adele. Deesdae word die takie van toonnaels inkleur aan manlief oorgelaat.  Die konsentrasie op sy gesig en die liefde  - 'n hele portretstudie.

Soveel beelde wat nou deur my gedagtes flits. Hierdie 'Liewe Heer's Wieletjies' van ons neem jou daagliks deur die lewe. Deur goed en kwaad.

Wonder ek hoe sou dit wees as ons vandag nog nederig mekaar se voete wou was, soos in die Bybelse tye. Sou daar minder hoogmoed gewees het? Sou ons meer waardering en respek betoon vir die lewens-eelte en knobbels op die  moeë sole in jou hand en dankbaar liewers ons eie kruise weer op neem met 'n lied in die hart 'spore van geregtigheid' nastreef?

En nou liefste vriendin, sluit ek af met 'my voete wil nou dans' - daar is nog so baie om voor dankbaar te wees in my eie lewe. Jou woorde: 'n klein bietjie liefde kan wonnnndere verrig, is padkos op die lewenspad.

Omring met so baie klein-bietjie-liefdes in my lewe kan ek waarlik voet in die hoek sit en die opdraendes waaghalsig op eie stoom bestorm.

 :love7:

« Last Edit: October 14, 2016, 03:53:03 AM by Meraai vannie Baai »