Ek lees vanoggend iets oor die seer wat ons ervaar wanneer ons kinders huil ....
oor gebreekte verhoudings, verwerping, swak punte, 'n gebreekte speelding, nie verkose leierskapposisie ens ens ...
en ek wonder toe oor die hoekom en waarom? Ekself worstel [dis hierdie week, drie jaar gelede] nog met die seer in my kind se binneste nadat sy vriendin met hulle ongebore baba verongeluk het. Daardie verwesenheid in sy oë, sy gesig, sy hele wese ... sy stem toe hy my moes vertel ... Here, sal ek dit ooit kan verwerk?
MAAR dan wonder ek ook of sommige ouers nie stik in selfverwyt wanneer hulle hul kinders aangemoedig het om te glo hulle punte gaan die beste wees nie, hulle gaan prefek of hoofleier wees nie, hul gaan 'n geslaagde verhouding, huwelik volgens ouers se keuse, ens. hê ten spyte van openlike tekens ....
HOE LEEF JY DAN MET DIE SEER IN JOU KIND SE Oë SAAM.