Die kuierstoep > Bekgeveg

Heks van 'n ander kleur

<< < (2/2)

adele:
Ek deel gou wat ons drie jaar gelede met my mammie se afsterwe gedoen het ...
Sy is hier in Ventersburg oorlede waar sy sowat drie maande lank inni ouetehuis was om naby my te wees. Haar oorskot is toe daardie middag Bloemfontein toe, maar ek het probleme voorsien met afstand en kostes ens  ens ... My jongste broer is in Noorweë en wou dadelik terugkom, maar my skoonsus was toe al ernstig siek met kanker ['n ook 'n tyd later oorlede] en die meeste van my ouers se familie bly in die ou Transvaal. En, dit was doodsake, maar my ma moes veras word, sy het dit so gewens.

Lang storie kort, ek en my kinders en enkele volkspelevriende wat hulle lank gelede al geken het, was in Bloem by die kapel van die begrafnisondernemer waar iemand vir ons 'n kort diens gehou het. Die verassing sou eers 'n dag of wat later plaasvind weens die polis wat eers moes uitbetaal. Dit was vir my simpel dat almal wat graag sou wou deel, al die pad Bloem toe moes ry net daarvoor. Daar was nog volkspelers wat moes kies by watter begrafnis hulle moes wees, want soos die snaakse uitgedraai het, is 'n lang-gelede volkspelevriendin van my ma, wat in Bloem gebly het, ook daardie week oorlede en was haar begrafnis toe presies dieselfde tyd as mamma s'n. So moes 'n paar van ons darem iewers agterna mekaar net groet en hallo sê, maar dit was eers later.

My familie , omtrent almal van hulle, het intussen by my oudste broer in Johannesburg bymekaar gekom. Daar het hul gekuier en met my en my kinders, en ons jongste broer in Noorweë, ge-google-chat sodat ons so deel kon wees van hulle kuier. My oom het ook daar, terwyl ons op die skerms saamgekuier het, voorgegaan met Bybellees, stukkie boodskap en gebed.

My ma se skoonsus in Kimberley het selfs haar man, mamma se broer, belet om saam met ons in Bloem te kom kuier ... want sy het dit as totaal onaanvaarbaar onrespekvol 'horrible' beskou dat ons so oneerbiedig teenoor my ma se nagedagtenis was en het my omtrent ingeklim, maar dit was nou werklik die minste van my omgee. Sy het in die lewe van my ma, nooooit by haar gaan kuier nie.

PM:
Dit laat my altyd dink aan Louis se "Grim Reaper".  Wanneer ons die dood in die oë staar is ons rasionele optrede deurmekaar geklits. Dit sou beter gewees het as almal 'n tyd van rou kon ervaar, voordat ernstige besluite gedoen moet word, maar ongelukkig werk dit nie so in die werklike lewe nie. 

Assie:
Hierdie is 'n baie sensitiewe onderwerp en ook baie persoonlik. Ek het my hele lewe lank probeer om nie 'n doring in enigiemand se vlees te wees nie en wil ook  nie he dit moet na my dood gebeur nie.
Doodgaan is deesdae 'n duur storie en meeste begrafnisondernemers buit dit met simpatie goed uit.
My liewe ma is oorlede met die klere aan haar lyf as haar enigste aardse besittings. Geen geld, geen skuld, geen besittings.
My ondervinding was dat ons as agtergeblewenis nou in ons tyd van rou partykeer mekaar verkeerd opgevryf het en dat een van ons maar op die ou end al die kostes van verassing en kerkdiens ens betaal het.
Ek wil maar so goedkoop as moontlik weggemaak word want dit wat hier agterbly is in elk geval nie belangrik nie. Die ou liggaam het sy diens gedoen en my in elk geval genoeg pyn en lyding besorg. Ek sien persoonlik uit na dit wat daarna gaan volg want daar sal, waffer kant toe ook al geen pyn meer wees nie.
My mense het die reg om te rou maar hulle moenie dat my heengaan 'n boggel op hul rue plaas nie.
Trappies en Bloubul, ek hoop dat julle ook in hierdie tyd van leegte en hartseer die krag sal vind om aan te gaan, te vergewe en te weet dat julle vir haar wat weg is op geen beter manier kan eer as om te vergewe en lief te wees nie.

 :mumum:

Trapsoetjie:
Dankie vir al die goeie wense

Dit is regtige lelike storie, hulle verdraai alles sodat dit hulle pas. Ek het nou maar boedel oor gegee, my dogter wil dit nie so aanvaar nie. Ek het haar aanbeveel om te hoor of daar 'n staats prokureur is wat kan help met die saak. Maar verder gaan ek my nie meer met die vuil moddergooi bemoei nie.
Ek moet een ding se die ware kleure van die liewe heksie se dogter het mooi helder uitgekom. Sy het wragtig die regte beroep gekies. Prokureur! Sy lieg en bedrieg net so hart soos die beroep van jou verwag.
Net jammer vir die kinders want ons almal weet Pa wou begrawe word langs sy vrou, nou word hy soos 'n sleg bandiet veras deur die staat, en by sy vroutjie begrawe deur die begrafnisondernemer.

Ek glo hulle sal hul dag kry, want geen mens kan so skelm wees en altyd daarmee wegkom nie.
Elkgeval baie dankie julle. Ek waardeer alle kommentaar.

O ja ek het ook uitgevind daar is 2 Avbob polise. So daar is/was geld. Wonder wat het daarvan geword?  :dontknow:

 :angel12:

PM:
My hart is seer vir julle, maar ek stem saam.  Om 'n ander te vergewe is eintlik om jouself baie angs, spanning en verdriet te spaar.  Die bitterheid in 'n mens se hart doen jou net skade aan.  Intussen sit hulle lekker agteroor en lag vir jou, salig onbewus van jou hartseer, pyn en bitterheid. 
Al is dit hoe moeilik, probeer om dit uit jou gedagtes te dryf.

Gee vir Andrew 'n drukkie van my en Hannes.

Navigation

[0] Message Index

[*] Previous page

Go to full version