Die kuierstoep > Die kiekiekyk plek

du toitspiek nr 1

(1/1)

Lox:
25 sept 2005 het ek die voorreg gehad om saam met BD Comminucation se mense 'n radiomas te gan opsit op die hoogste piek in du toitskloof.
du toitspiek is amper 2 000 meter hoog en ons plaas is so 7 km van daar 220 m bo die see.

vroeg oggend moes ek by die du toitskloof resort wees om die helikopter te kry om op te vlieg.

oppad daarheen het die volmaan so mooi gelyk dat ek eers stilgehou het om af te neem.






toe ons die piek nader sien ek dat corrie en walter van BD Comminication reeds besig om gate te boor vir die mas en ankers van die mas.




dit is daardie mooi kranse agter du toitkloof lodge wat sulke mooi watervalle in die winter maak na reen.




tafelberg






besig om gate te boor. 'n generator en swaardiens boor wat 25 mm gat sowat 500mm diep kan boor is ook saam geneem.
mens se asem jaag sommer gou gou daar bo veral as jy soos ons nie die dun lug gewoonnd is nie. die son  brand jou ook seer want daars minder atmosfeer wat strale keer





so lyk du toitskloof pas van daar bo




en die helikopter het met sy 3 de vrag gekom. kan nie land nie moet maar so in die hang uitklim en die goed aanvat wat afgelaai word. kan nie onthou hoeveel vragte hy gevlieg het nie maar dit moet ten minste 10 keer gewees het.




simonsberg



toring word inmekaar gesit, totale hoogte 15 meter




ons plaas is net agter die punt van die berg aan die oorkant, so klein stukkie van die plaas steek uit regs van die berg



corrie lekke rmoeg
ek het baie respek vir hom gekry van hoe hard hy kan werk

PM:
Baie mooi Lox.  Uit jou lense kan ons werklik hoĆ« hoogtes bereik!

Lox:
dit was hoog, 1996 Meter bo die see

PM:
Dit is hoog!  Maar deur jou lense bereik ons ook "laagtes",  diep onder in die see!

Navigation

[0] Message Index

Go to full version