• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Brugbou-ure

Started by Elsabe Oosthuizen, February 05, 2016, 11:12:04 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Elsabe Oosthuizen

`n Skouspel deur wasige vensterglas
waar nostalgie naby lê
verskans met landskap taal kultuur

jou foto vergesig
laat liefdesbande leemtes
met mooi herinneringe opsoek

soveel weergalose panoramas
laat nou dansende marionette doelloos
in die nanag rondhang
kosbare ure wil wegdros
in heimweë van ruimtes
deur wêrelde verlang

dit laat sonstrale wegsink
in alleenheid verdoof
die geurigheid van kosbare teedrinktye
met onthoustories beloon

hoor jy die voetstappe in ons spore saamklink
waar ons lande saam kon verken
en begroot

sien jy die kwynende wisselkoers
ons kanse verberg

tog kom hoop     verlange vul
wêrelde     nie liefde verkul
net moontlikhede
met komposhoop blom

die voorreg van saamwees
jou stem  in waardering
maar net     in `n enkele gedig refrein

kom my wasige venster     blinkgepoets
met liefde     omgee     tevrede
deur tegnologie      vergoed

adele

mooi Elsabe, jou woorde is vol beelde wat my laat herlees en herkou daaraan.
adéle  :grommit: