Author Topic: Dan wonder ek oor dáárdie oggend  (Read 2288 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Dan wonder ek oor dáárdie oggend
« on: March 22, 2016, 06:04:14 AM »
Here, onse Vader
Die dag breek in fyn ligstrepe
wanneer ek na die Ooste toe kyk.
Ek raak stil voor die wonder van
die oggendster se helder skynsel.
Dan wonder ek oor dáárdie oggend,
Here, toe dit nog donker was.
Hoeveel van Christus se geliefdes
het werklik al verstaan …
het nie in die donker geween nie?
Ek verlang daarna om U engele
te hoor sing en juig!
Hulle wat gewéét het dat Hy
die volgende dag gaan opstaan;
reeds die sonde van ons oorgeneem
en ten volle, vir ewig oorwin het.
Here, hoe verskriklik moes dit wees
vir daardie uur wat U Seun
van U verlate was,
-alleen die stryd moes stry-
en ek … my lewe oorgegee aan U
omdat U ons lief het.
Dankie Heer, vir ’n ster in die Ooste
wat die vreugde in my hart laat sing.
Amen amen Here.

©adéle theron
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Dan wonder ek oor dáárdie oggend
« Reply #1 on: March 22, 2016, 06:23:02 AM »
Puik mater!!  :icon_salut:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dan wonder ek oor dáárdie oggend
« Reply #2 on: March 23, 2016, 10:15:14 AM »
'n Pragtige gesprek met jou Hemelse Vader!   :love7:
Om te weet is om te verstaan.