Author Topic: Strandlopertjie  (Read 1052 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Anze

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 13
  • Gender: Female
    • Ink skryf in Afrikaans
Strandlopertjie
« on: December 24, 2015, 01:43:15 PM »
Strandlopertjie

tussen gebreekte tinsel
wat oor seestrand spoel
en ‘n gekraakte bloedrooi bal
wat aan die horison hang
het ‘k as verlore
afvlerkstrandlopertjie
oor korrelklip en fyn gebreekte skulp
gestruikel-val, sò in jou hart se baai gestap
hier het ek my sielsvrede
in die ritme van jou hartklop kom vind
waar jou liefhê oor my dartel
soos ‘n koel somerswind

© Anzè Bezuidenhout
Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Strandlopertjie
« Reply #1 on: December 24, 2015, 08:54:34 PM »
Anze, dis soooo mooi en rustig om deur te lees  :love7:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Strandlopertjie
« Reply #2 on: December 27, 2015, 06:27:39 AM »
Ek het dit geniet dankie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Strandlopertjie
« Reply #3 on: December 27, 2015, 07:59:48 AM »
Pragtag Antie Anze.

 :mumum:

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Strandlopertjie
« Reply #4 on: January 13, 2016, 10:37:07 AM »
Mooi gedig Anze. Het hom geniet.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Strandlopertjie
« Reply #5 on: January 14, 2016, 08:08:54 AM »
Ek kon die beeld van die strandlopertjie so duidelik sien. Baie mooi.

Offline Anze

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 13
  • Gender: Female
    • Ink skryf in Afrikaans
Re: Strandlopertjie
« Reply #6 on: January 23, 2016, 10:12:59 AM »
Baie dankie aan elkeen wat kom lees het vir julle goue woorde, ek waardeer uit my hart!
Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Re: Strandlopertjie
« Reply #7 on: December 23, 2016, 08:44:14 PM »
 :love7:
Upington is nie vir sissies nie.