• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Juistemint en krakeel

Started by Meraai vannie Baai, December 18, 2015, 12:08:30 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Is daar 'n verskil tussen rookvry en vry dat dit rook?
(ek vra namens 'n vriend)

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Assie

My woordeboek se vry is verniet en gratis.
So... Ummm... Nee genade nou is my grysmasse heel geklits.

:mumum:

Meraai vannie Baai

As daar rook by vry betrokke is moet dit 'n warm affering wees, rookvry is dit vermoedelik 'n gevrekte vuurtjie en sou die vrypoging as pure verniet beskou. By gratis hak ek vas.

Assie

Sodra vry betrokke is hardloop my gedagtes verniet rond. Al is vry ook gratis dit bly skaars.

:mumum:

PM

Wel, my pa het vir my geleer dat niks in die lewe verniet is nie.  Daar is nie so 'n ding soos gratis nie.  Dit is reeds by die prys ingesluit.  Ek weet nou nie van vry nie, dit klink vir my na iets heeltemal anders, iets op sy eie, of is dit iets op sy sye?
Om te weet is om te verstaan.