Hallooooo liefste julle
oeeee, ek het Anze nou al leer ken en ek glo sy doen als uit liefde vir Afrikaans en skryf ... maar ook ek het Woes verlaat om die redes wat aan ons almal hier bekend is, maar wat nie nou meer wasgoed hoef te word nie. Dit wat ons verloor het, is wel vir ewig onder deur die brug, maar doen nie meer my siel skade nie. Ek sal wel altyd versigtig bly. Tog wil ek net byvoeg, ek het ook uit respek vir tannie Marie, sekere mense wat nog altyd ongelooflik aanvallend teenoor haar is, vermy. As hulle dus ook oorkom hierheen, wel, dan skuil ek net so bietjie agter die hoekvarings ... julle weet mos.
Ek weet dat PM, anders as Woes se eienaar, omgee vir taal en skryf en nie net geld daaruit maak nie. Dus kan die godslastering en eksplisiete uitlokkings en daardie tipe woesforum-gesprekke mos in hul spore gestuit word, sou iemand ons ook soos daar wou aanval.
PM! Go girl, kyk hoe geduld met ons paartjies beloon word, ek is so trots op jou xxxxx