• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Versoek deur Woesforum

Started by PM, December 16, 2015, 10:09:30 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Van nou af gaan ek beslis selfde doen. Om die dood kan ek nie almal onthou nie!  :dontknow: :bootyshake: Soos jy se, oud word nie vir sissies nie man.

Gawelina

Ek is nêrens meer aktief nie, want my woorde het opgedroog, maar een ding weet ek, ek het woes vir 'n rede verlaat.  Indien die nuwe lede in vrede kom en hier 'n positiewe bydrae kan maak, sal dit wonderlik wees. 

Meraai vannie Baai


PM

Lekker om jou raak te lees matertjie.  Jy kan gerus kom saam kuier.  Ek mis jou.
Om te weet is om te verstaan.

adele

Hallooooo liefste julle

oeeee, ek het Anze nou al leer ken en ek glo sy doen als uit liefde vir Afrikaans en skryf ... maar ook ek het Woes verlaat om die redes wat aan ons almal hier bekend is, maar wat nie nou meer wasgoed hoef te word nie. Dit wat ons verloor het, is wel vir ewig onder deur die brug, maar doen nie meer my siel skade nie. Ek sal wel altyd versigtig bly. Tog wil ek net byvoeg, ek het ook uit respek vir tannie Marie, sekere mense wat nog altyd ongelooflik aanvallend teenoor haar is, vermy. As hulle dus ook oorkom hierheen, wel, dan skuil ek net so bietjie agter die hoekvarings ... julle weet mos.  :toothy4: 
Ek weet dat PM, anders as Woes se eienaar, omgee vir taal en skryf en nie net geld daaruit maak nie. Dus kan die godslastering en eksplisiete uitlokkings en daardie tipe woesforum-gesprekke mos in hul spore gestuit word, sou iemand ons ook soos daar wou aanval. 

PM! Go girl, kyk hoe geduld met ons paartjies beloon word, ek is so trots op jou xxxxx
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai


Naas

Ek kan glad nie in op Woes nie. Would net gaan kyk of daar van my skryfwerk is waarin ek nog belangstel. Ek sien we'll die woesforum is maar dooierig. Die laaste naam waaronder ek aangeteken het is nog redelik hoog op die posts geplaas lys. Smaak my die forum het al sy rektum begin sien toe ons afgedwaal het.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Dankie Adele, dit is heerlik om jou weer hier te sien.  Baie dankie vir die vertroue wat jy in my stel.  Hier sal beslis nie plaasvind wat op Woes gebeur het nie.  Ons is baie ogies wat dophou en as iemand 'n klagte het sal ons dit dadelik aanspreek.
Om te weet is om te verstaan.

adele

Ek is nou al heeldag opgewonde oor hierdie briefie ... weet julle wat die implkasies gaan wees as ons uitbrei ... lief Petra, hoeveel jaar wag jy nie al hiervoor nie ... En nou, ag, ek kan nie beskryf wat nou in my huis aan die gang is nie, maar ek kan julle net sê om spaanse musiek te luister wanneer ek hier lees, laat my lus voel om op die tafel te dans ......  :hello2:   :hello2: 
adéle  :grommit:

PM

Dit klink te lekker Adele.  Vertel, vertel, netnou maak ek die verkeerde afleidings.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

adele

o neeee, vriendin   :icon_biggrin:    :icon_biggrin:   geen afleidings te maak nie ... ek was net lus om moooooi musiek te luister
adéle  :grommit:

Fransi

 :hello: 

Solank die forum steeds 'n vredevolle plek bly, is dit wonderlik.   :occasion14:

Miss Piggy

Ek is ook skuldig met dieselfde passwords. Oop boek se moses.