Author Topic: Op windvlerke  (Read 1035 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Anze

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 13
  • Gender: Female
    • Ink skryf in Afrikaans
Op windvlerke
« on: December 15, 2015, 02:32:01 PM »
brokkel-sag;
fladder die lief van jou dieper hê
soos magiese skoenlappers
deur die pols-bruis van my bloed
borrelend soos ‘n hemelse
uitbreek fontein

in die weerkaats van ‘n
vreugdetraan se biggel
begin nuwe knoppe helder blom
hoor ek sleepsels van liefhê woorde rinkel
in die skulp van my luister

kom breek jy die bang
soos verouderde jaarringe
(een vir een)
en offer ons kosbaar liefde
as gelofte voor die Liewe Heer

dan val  ‘n spierwit veer
uit die helder hemelbloulug
en ‘k staan verwonderd (en stil)
voor die boodskap wat dit
op windvlerke bring

© Anzé Bezuidenhout
Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Op windvlerke
« Reply #1 on: December 16, 2015, 12:15:51 AM »
Neem my rondreisende woordontbyt my vanoggend reguit na jou woorderf Anze. Baie dankie vir die kosbare deel  :notworthy: :icon_salut:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Op windvlerke
« Reply #2 on: December 16, 2015, 11:01:06 AM »
Mooi geskryf Anze.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Anze

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 13
  • Gender: Female
    • Ink skryf in Afrikaans
Re: Op windvlerke
« Reply #3 on: December 17, 2015, 10:44:39 AM »
Baie dankie vir julle saam lees en goue woorde Maraaitjie en PM ek waardeer uit my hart
Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee