Author Topic: Simfonie van jou asem  (Read 616 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Anze

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 13
  • Gender: Female
    • Ink skryf in Afrikaans
Simfonie van jou asem
« on: December 15, 2015, 02:29:33 PM »
deur die sagvat van jou liefdeshand
gekoester in die hemelse staar
van jou irisse se sagte kyk
daar waar jy my kom t(k)roon
tot konining van jou hart

hier voel ek veilig
soos ‘n fetus in vroedwater gekrul
hoor ek die klop van jou hart se stem
word ‘k daagliks gevoed
soos blomkelke
deur die soete nektar
van jou opregte omgee

sien ek die trotse besitreg 
in die weerkaatsing van jou oë
wil my voete huppeldans
saam met die simfonie
van jou asem se lied
omdat ons saamwees
soveel passie bied

© Anzé Bezuidenhout
Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Simfonie van jou asem
« Reply #1 on: December 16, 2015, 11:03:01 AM »
Ek hou van die "sagvat van jou liefdeshand".  Mooi geskryf. 
Om te weet is om te verstaan.