Author Topic: Totale oorgawe  (Read 519 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Anze

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 13
  • Gender: Female
    • Ink skryf in Afrikaans
Totale oorgawe
« on: December 15, 2015, 02:28:42 PM »
waar jou asem vlermuis hang soos
‘n snoesig-sag-warm-velkaros
verby die krombuig van my skouer
tas jou vingers soekend in Braille
oor die ronding van my rug
kom gee jy doekvoettreë
oor ounag-spore van maanligtyd
in die helder van ‘n sonskyndag

as dan die soet van jou tong
my kruike boepensvul
met smaak van heuning
en geur van perelpienk jasmyn
bars daar ‘n vreugdestorm los
oor versteekte grense
diep in die kern van my
diepste binnemens

sien ek in die kleur van vergeet-my-niet
hoe dans jou irisse uitbundig (in totale oorgawe)
‘n malse riel - op die vioolsnare van my brose siel

© Anzé Bezuidenhout
Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Totale oorgawe
« Reply #1 on: December 16, 2015, 11:10:41 AM »
Ek kan sien dat jou skrywersvernuf verbeter het Anze.  Dankie vir die deel matertjie.
Om te weet is om te verstaan.