Author Topic: Barensnood  (Read 610 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Anze

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 13
  • Gender: Female
    • Ink skryf in Afrikaans
Barensnood
« on: December 15, 2015, 02:27:34 PM »
waar die innigheid
van jou liefhê
my laat knipmesvou
soos ‘n hoog swanger vrou
in barensnood
en jou sagte teerheid my
soos vrugwater oorspoel
is jou hart se klop
aan myne gestring,
trommeldik gevoed
deur onblusbare passie
van polsende plasenta
in ewige liefde
deur God gebind

© Anzé Bezuidenhout
Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Barensnood
« Reply #1 on: December 16, 2015, 11:11:48 AM »
Dankie vir die deel matertjie.
Om te weet is om te verstaan.