Author Topic: Onbekende môre  (Read 621 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Anze

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 13
  • Gender: Female
    • Ink skryf in Afrikaans
Onbekende môre
« on: December 15, 2015, 02:26:28 PM »
en soggens
waar die son rooi-oog
oor ver-af randjie loer
dartel doudruppels
deur mistige mantels
van lig-fluweel
en stadig word donker
nag geraamtes
flenters getrap;
ook van ou-nag spoke
leeg g e s t r o o p

‘wyl nuwe die dag
snakkend gebreek in reinheid,
soos met die kneus van sitrus geure
wat biddend sproeireën oor
‘n onbekende môre

© Anzé Bezuidenhout
Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Onbekende môre
« Reply #1 on: December 16, 2015, 11:15:02 AM »
Pragtig geskryf.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Anze

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 13
  • Gender: Female
    • Ink skryf in Afrikaans
Re: Onbekende môre
« Reply #2 on: December 17, 2015, 09:19:53 AM »
baie dankie vir jou saamlees en waardering
Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Onbekende môre
« Reply #3 on: December 17, 2015, 09:28:54 AM »
Ek dink jy het al 'n ver pad gestap met die skryf en word elke dag beter. 
Om te weet is om te verstaan.