Author Topic: 16 Dae - Geweld teen vroue en kinders  (Read 3270 times)

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
16 Dae - Geweld teen vroue en kinders
« on: November 24, 2015, 06:10:31 AM »
Liefde na sononder



Gesteurd kyk hy op vanwaar hy op sy stoep sit en op sy kitaar tokkel. Die buurman is alweer besig om sy vrou af te stof.

 

Nie meer lank nie, dan sal sy verby gesweef kom… swart krulle wat oor haar rug en skouers waterval tot in haar middel, deur die ligte windjie van haar gesig weggestoot. Haar blou oë sal stip voor haar kyk, haar ken uitgestoot asof sy die wêreld wil uitdaag om al sy wreedheid en seer aan te bring.

 

Hy neem ʼn sluk uit die goue blikkie wat op die tafeltjie langs hom staan. Soos altyd moet hy homself in bedwang hou om nie uiting aan sy emosies te gee en die buurman die afranseling van sy lewe te gaan gee nie.

 

Die windjie dra die reuk van haar parfuum na hom aan en hy vat sy kitaar en gaan die huis binne; sluit die voordeur net vir ingeval.

 

Hy gaan haal ʼn kombers en kussing uit die gangkas, gooi die kombers oop op die bank en laat die kussing skuins teen die een armleuning lê.

 

Op pad na die kombuis skakel hy alle ligte af, behalwe die van die gang. Hy skakel ook die buitelig by die agterdeur af en leun dan teen die olyfgroen kombuiskas met sy glasskuifdeurtjies waar agter die onpaar glase en bekers netjies in gelid staan; vou sy arms oor sy bors en kruis sy enkels. Af en toe vryf hy oor sy gesig en agter sy nek, rus dan vir ʼn wyle sy ken op sy vuis, voor hy weer sy arms vou.

 

Die sagte knars van die gruis voor sy kombuis bring hom in beweging. Vinnig skakel hy die kombuislig ook af, maak die deur oop en laat haar inkom.

 

ʼn Aangename trilling gaan deur sy lyf as haar liggaam vlugtig aan hom raak wanneer sy by hom verby skuur. Vanaand is die sakkie gevriesde ertjies darem nie nodig nie.

So met die omdraai, skakel hy die ketel aan, plaas twee bekers op die kas en gooi in elkeen ʼn teelepel poeierkoffie.

Vanaand meet hy die suiker presies af: twee lepeltjies vir hom en drie vir haar. Miskien gebruik sy minder suiker, hy sal nie weet nie, hy weet net sy het dit nodig wanneer sy hier kom.

 

Saam stap hulle sitkamer toe. Die swaai van haar heupe onder die kaftan met sy gesmokte hals, herinner hom aan brandertjies wat tartend op die strand oor jou voete spoel en jou uitlok om dieper die see saam met hulle in te gaan tot daar waar die groot branders speel. Daar waar jy haar donker dieptes kan verken, die mooi saam met die lelik. Waar sy jou koester as die lewe jou uitgespoeg het op haar strand. Hy begeer om die lewe se skerpkante vir haar glad te vyl, om meer as net ʼn hawe vir haar te wees, so dat sy veilig kan wees.

 

Op die rusbank trek sy haar bene onder haar ken in. Haar rooi toonaels, wat die wit plakkies met geel madeliefies versier het, loer onder die kaftan se soom uit.

 

Hy neem, soos altyd, plaas op ʼn stoel naby die venster, strek sy bene voor hom uit en vou sy hande oor sy maag. Woordeloos sit hulle en koffie drink tot die stilte buite in die straat, ook in haar eggo.

 

Wanneer hy sien sy slaap trek hy die kombers oor haar en gaan na sy kamer toe. Hoe lank sal hy nog sy gevoelens vir sy beeldskone buurvrou in toom kan hou? weet hy nie. Hoekom sy die vark nie los nie, sal hy nie kan sê nie. Dit is ook nie sy plek om te vra nie; hy kan haar maar altyd net skuiling bied tot in die vroeë oggendure wanneer sy weer stilletjies by die agterdeur uit glip, die grou môre in.

 

Nog nooit het die vent by hom na haar kom soek nie. Hoe sou hy ook kon weet dat sy iewers op ʼn beskutte plek wegkruip tot dit goed donker is en dan deur die buurvrou agter hom se erf sluip; deur die gat in die draadomheining klim na sy agterdeur toe?

 

Soms wonder hyself waar sy wegkruip tot die donker genoeg beskerming bied vir haar om ongesiens na veiligheid te beweeg.

 

Hy onthou die eerste keer toe sy by hom aangeklop het vir skuiling…

 

Oudergewoonte het hy teen sononder op die stoep op sy kitaar sit en tokkel en sy bier geniet, toe die lawaai van die nuwe intrekkers langsaan, na hom aangewaai het. ʼn Rukkie later het sy vinnig verby gestap en ʼn paar minute later het hy iemand in sy huis se gang hoor: “psst … psst”.

 

Hy was verbaas toe hy haar aan die onderpunt van die gang kry. Die bloed uit haar geswelde en stukkende lip het oor haar ken ʼn streep getrek wat rooi spatsel op haar bloes gelaat het. Haar wang was gekneus en haar oog besig om toe te swel. Hy was dadelik woedend, maar hy het stilgebly. Sy het kom hulp soek en sy was sy eerste prioriteit. Hy kon later met die buurman afreken. Later het hy hom bedink, sy inmenging sou die situasie net vergerger.

In die badkamer het hy die toilet se klap afgeslaan en haar daarop laat sit. In die kombuis ʼn sakkie gevriesde ertjies gaan haal.

 

Dit vir haar gegee om op die swelling te sit en met die TCP en ‘n stukkie watte uit die kas, het hy begin om haar lip te ontsmet. Daardie aand het hy was daar net pleisters buiten die TCP gehad maar deesdae het hy ʼn volledige noodhulpkissie vir wanneer dit nodig is.

 

Dit was ook die eerste keer wat hy ʼn kombers en ‘n kussing uit die gangkas moes gaan haal om vir haar op die bank ‘n bed te maak. Hul eerste beker koffie saam het hulle ook soos nou, in stilte gedrink.

 

Nooit het hy gevra nie; nooit het sy verduidelik nie. Van toe af het hy elke keer net die ligte afgeskakel, die deure gesluit en vir haar by die agterdeur gaan wag.

 

Iets wek hom en hy voel haar teenwoordigheid aan nog voor hy haar in sy kamerdeur sien staan. Die lyne van haar lenige bene is duidelik teen die ganglig agter haar afge-êts.

 

Hy lig die beddegoed en skuif terug op die bed. Met haar rug na hom gekeer, druk sy haar koue lyf teen syne aan toe sy inkruip; die kaftan in ʼn hopie op die vloer. Hy druk sy gesig in haar hare, sy arm glip om haar lyf en hy trek haar nog nader. Sag soen hy haar skouer wat onder die laken uitsteek, hoër op tot in haar nek druk hy sagte soene tot agter haar oor.

 

Sy draai om, haar lippe effens oop en wagtend vir syne. Haar wimpers maak sysagte halfmane op haar wange. Sy trek hom nader aan haar as sy soene dwingend raak. Haar arms gly om sy nek; sy streel sy rug as sy haar gewillig aan hom oorgee.

 

Ligdag het hulle in mekaar se arms betrap. Die son se strale deur die venster, vou warm om hulle. Hul nag saam was soet, vol belofte, hy wou haar nie laat gaan nie. Hy het sy bene onder hare ingestoot, haar heupe nader getrek. Dit is toe dat sy met hom praat oor wat in haar lewe gebeur het.

 

Terwyl hy luister, skryf sy hand boodskappe van liefde en beskerming oor haar maag en heupe. Sy wysvinger huiwer soms in die hol plekkie en soms rus sy palm warm op haar maag, voor sy hand weer liefkosend haar nek en rug streel om en dan weer op sy paadjie terug te beweeg.

 

“Ek kan jou nie weer laat gaan nie,” pleit hy.

 

“Ek wil nie gaan nie… ek hoef nie meer nie. Ek is vry. Hy was die afgelope paar dae weg vir ʼn seminaar en vanmiddag het ek van iemand besoek gehad.” Sy volg die lyntjies in sy hand met haar wysvinger. “Sy is sewentien en daar is ʼn baba op pad. Syne. Hy was nie bly toe hy instap en haar in ons sitkamer kry nie.” sy lag sinies.

 

Dan raak sy ernstiger. Draai in sy arms om en druk haar kop onder sy ken in, haar arm om sy lyf.

 

“Hierdie is die lekkerste plek op aarde … by jou, teen jou,” verseker sy hom. Vlindersag soen sy nek en sy bors. “Jy’t mooi hande. Ek is lief vir jou.” fluister sy en byt saggies aan sy vingerpunte, haar oë donker soos die viooltjies langs die paadjie na sy voordeur.

 

Hy skuif die laken af en streel die rondings van haar lyf, sy du stywer teen hom aan, haar lippe ontvanklik vir syne. Liefde komponeer sy eie musiek, skryf sy eie lirieke en beweeg op sy eie ritme. Einde

 

 

©Orange Blue

©ALLE REGTE VOORBEHOU Geen gedeelte van hierdie skrywe mag op enige manier gereproduseer word sonder die skriftelike toestemming van die kopiehouer (skrywer) en uitgewer nie.
Upington is nie vir sissies nie.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3663
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 16 Dae - Geweld teen vroue en kinders
« Reply #1 on: November 25, 2015, 10:47:30 PM »
Komplimente vir 'n pragtige beskrywing  :notworthy: Die uitleg soooo gemaklik om te lees as jy staatmaak op vergrootglase  :hello2:
Dankie baie baie dat jy hier by ons aangesluit het Marinda. Altyd 'n fees om 'n stoel onder jou woordtafel uit te trek  :icon_salut:

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Re: 16 Dae - Geweld teen vroue en kinders
« Reply #2 on: December 04, 2015, 12:33:33 PM »
Dankie Meraaitjie, altyd lekker om te sien jy kom lees hier.  :love7:
Upington is nie vir sissies nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10713
  • Gender: Female
Re: 16 Dae - Geweld teen vroue en kinders
« Reply #3 on: December 09, 2015, 11:26:20 AM »
Pragtig geskryf.  Jou vertelling is boeiend tot die einde.  Ek sien hierdie is darem al meer kere gelees as "gekomtaar".  Ek gaan soek vir nog!   :bootyshake:  (Hierdie is my prentjie)
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Re: 16 Dae - Geweld teen vroue en kinders
« Reply #4 on: December 09, 2015, 05:26:53 PM »
Dankie PM. Dit doen my goed as mense lees al los julle nie kommentaar. :love7:
Upington is nie vir sissies nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10713
  • Gender: Female
Re: 16 Dae - Geweld teen vroue en kinders
« Reply #5 on: December 09, 2015, 07:35:34 PM »
Ag hulle kan maar net 'n prentjie kies om hulle te verteenwoordig en dit los om te wys hulle was hier. 
Ek self is nie groot op komtaar lewer nie, maar ek laat tog van my hoor.   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Re: 16 Dae - Geweld teen vroue en kinders
« Reply #6 on: December 09, 2015, 10:32:14 PM »
Dit is hoekom ek die empji's gebruik. Kondig net daarmee aan ek was hier, het gelees, het geniet. Kan nie die woord emotikon se verkleining gebruik nie. :toothy4:
Upington is nie vir sissies nie.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3663
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 16 Dae - Geweld teen vroue en kinders
« Reply #7 on: December 09, 2015, 10:59:33 PM »
Oeeeee lieven deug, versoeking moes my middelnaam gewees het - emotikontjies  :headbang:

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Re: 16 Dae - Geweld teen vroue en kinders
« Reply #8 on: December 10, 2015, 05:34:47 AM »
Meraai! Daai is 'n vreeslike verkleinwoordjie.  :sign10: Maar ja ek kon raai jy sal dit opslurp en geniet.
Upington is nie vir sissies nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10713
  • Gender: Female
Re: 16 Dae - Geweld teen vroue en kinders
« Reply #9 on: December 10, 2015, 08:49:12 AM »
Nie gedink 'n mens kan so baie leer op 'n ander ou se erfie nie.   :icon_biggrin:  Ek het nie eers die Afrikaanse benaming geken nie.   :angel7:  :munky2: 

Op 'n stadium by Woes se forum was daar groot marakkas as jy net 'n "gatseggie" gelos of nie 'n vol sin gebruik het nie.  Hier is dit vir my lekker om net te weet jy was hier.  So, die dag as jy nie lus het om te klets nie is 'n emotikontjie emosievloekwoord goed genoeg.   :book1:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Re: 16 Dae - Geweld teen vroue en kinders
« Reply #10 on: December 10, 2015, 12:24:16 PM »
Ek is ontvriend op FB oor ek eendag 'n emotikon as kommentaar op 'n vrou se gedig gelos het. Maar mens raak so uit woorde met al die aanprysings dit klink naderhand soos cliche (' op die e).  :headbang: Soms s^e die emotikons meer as woorde. Hang af hoe mens dit lees en wie dit lees, deur wie dit geplaas word.
Upington is nie vir sissies nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10713
  • Gender: Female
Re: 16 Dae - Geweld teen vroue en kinders
« Reply #11 on: December 10, 2015, 12:32:02 PM »
As iemand jou daaroor ontvriend dan is jy baie beter af as aan.   :icon_biggrin:   :pottytrain2:
Skuus ek gebruik gereeld die verkeerde -kontjie.  :evil6:

Dit is so, 'n mens weet later nie meer wat om te sê nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Re: 16 Dae - Geweld teen vroue en kinders
« Reply #12 on: December 10, 2015, 12:37:08 PM »
 :icon_biggrin: :toothy4: PM! Ja die emotikon  :`ip2: en die  :mumum: :mumum: :mumum: :mumum: :mumum:  :icon_scratch: laat my aso al aan die dames en mans dink wat van BDSMhou (Die Fanie Naude wat sulke speelgoed wou maak en toe maar eerder sy vrou en pragtige kinders ..) Ek weet dis nie waarvor dit staan nie. Maar sien nou wat ek s^e, wat ek sien en ander sien en bedoel is w^erelde verwyder van mekaar  :evil6:
Upington is nie vir sissies nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10713
  • Gender: Female
Re: 16 Dae - Geweld teen vroue en kinders
« Reply #13 on: December 10, 2015, 12:40:31 PM »
Jy is so reg.  Dit gebeur so dikwels met my ook. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Re: 16 Dae - Geweld teen vroue en kinders
« Reply #14 on: December 10, 2015, 12:46:08 PM »
 :icon_biggrin:
Upington is nie vir sissies nie.