Author Topic: God se karos  (Read 3878 times)

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
God se karos
« on: November 23, 2015, 04:46:21 AM »
As

die

Here

Sy wolk

karos trek oor die

Kalahari-hemel en die

hitte klam-nat aan jou lyf soos pêrels kleef, maak

die mens onegte reën wat die aarde disharmonies seën. ‘Wyl vink en mossie

op sipres- en perskeboomtak hul beurt afwag, want vinke stort nie saam met mossies en mossies bad nie in vink-vuil water nie.

Mossies skud tjirpend hul kardoesies en druppels weerkaats soos diamante in spikkelson voor vinke kwetterend die askoek trap met knikkende swart koppies en skelgeel lyfies. Bring hoep-hoepie sy maat en saam

riel hul in ongelyke maat onder reën uit ondergrondse damme in strome na bo gelei. Uit dankbaarheid bring die voëls hul sang en kort-kort buig hul in eerbied wyl God se opgegaarde seën oor hul reën. Vrolik duik swaeltjies deur sproeireën en ragfyn jassies word oor hul gedruppel, voor hul bekkies water skep in vlug oor die dam. Tarentale

rol hul wieletjies in afwagting van die eerste gerammel in God se karos. Die donker haas hom snel en ‘n tak moet hul kry in denneboom of karee. ‘n Holte vir geveerde voete is daar wel met aandster en sakkende son. Ieder en almal is welkom in God se Kalahari-hotel waar belle gente woon. Wanneer die wind ruk aan bome en hul takke skud, fluister die wolke karos, kom ons laat die donder los, die aarde soek mos kos. Blitse dans oor duin en gras en slaan soos duiwelsvurke op ysterrandjies vas. Laag en donker sak die wolke, noordwestewinde wring Sy karos oor dorre aarde uit wat sy dors gulsig les.

 

 ©Orange Blue

 

©ALLE REGTE VOORBEHOU Geen gedeelte van hierdie skrywe mag op enige manier gereproduseer word sonder die skriftelike toestemming van die kopiehouer (skrywer) en uitgewer nie.
Upington is nie vir sissies nie.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3663
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: God se karos
« Reply #1 on: November 23, 2015, 05:27:52 AM »
Geskoei op die Fibonacci struktuur! Ek lief dit.  Plaas gou vir jou die woord- of lettergreeptelling van hierdie uitdagende struktuur.

1   1   2   3   5   8   13   21   34   55   89   144   233   377   610   987   1597   2584   4181   6765    10946   

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Re: God se karos
« Reply #2 on: November 23, 2015, 05:32:14 AM »
Dankie. Sal weer een anderdag probeer. Hierdie vat tyd om te doen.
Upington is nie vir sissies nie.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3663
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: God se karos
« Reply #3 on: November 23, 2015, 05:41:00 AM »
Ongelooflik tydrowend. Haal my hoed vir jou af  :toothy4:

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Re: God se karos
« Reply #4 on: November 23, 2015, 05:48:29 AM »
Maar so lekker as mens klaar is en ander jou skrywe geniet. Ek was naderhand so deurmekaar met klank en lettergrepe :)
Upington is nie vir sissies nie.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3663
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: God se karos
« Reply #5 on: November 23, 2015, 08:32:17 AM »
Hahahaha, ken ek dit nie! Welgedaan mater. Ek het heerlik gelees  :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10693
  • Gender: Female
Re: God se karos
« Reply #6 on: December 09, 2015, 12:02:52 PM »
Uitstekend gedoen Marinda.   :notworthy:  Dit wil gedoen word!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Re: God se karos
« Reply #7 on: December 09, 2015, 05:22:42 PM »
Dankie PM, waardeer jou kommentaar en vertoewwe hier
Upington is nie vir sissies nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10693
  • Gender: Female
Re: God se karos
« Reply #8 on: December 09, 2015, 07:40:34 PM »
Ek is so honger vir kuier.  Daar in Leeupoort is die opvangs erg sleg.  Hier by ons seun se huis in Centurion is dit 'n plesier om saam te kuier. 
Ek is nou net terug van die hospitaal af en nou gaan ek verder soek vir nog plasings.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Re: God se karos
« Reply #9 on: December 09, 2015, 10:29:44 PM »
Jammer om te hoor jy was in die hospitaal. Hier gaan dit woes van half sewe vanaand af. Sterkte met die herstel. Hoop jy voel gou beter. Dan kuier ons.
Upington is nie vir sissies nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10693
  • Gender: Female
Re: God se karos
« Reply #10 on: December 10, 2015, 09:31:58 AM »
Skuus man, ek het net die helfte vertel.   My man Hannes het van die trappe af ge-do geval en sy gewrig en twee ribbes gebreek.  Hy het homself in ICU in geval vir drie dae.  Toe word hy ontslaan en daar begin hy braak.  Eers gedink dit is harsingskudding, want hy het 'n agt-klamp-gat in sy voorkop geval.  Ek neem hom toe na sy maagspesialis. (Hy het 'n paar jaar gelede kolonkanker gehad wat met 'n groot deel van die kolon uitgesny is.)  Toe word hy weer opgeneem en 'n kolonoskopie (die kameratjie van agter) wys toe dat hy opstruksie in die dunderm het. 
Gelukkig het sy sisteem toe weer aan die gang gekom, dalk was dit die baie stap.   :dontknow:
As alles nou voor die wind gaan, of is dit nou die wind voor alles gaan, dan sal hy seker so gou as wat vastekos die pad reguit buitentoe kies, ontslaan kan word.
Hou tog asseblief duime vas. 
Ons seun en sy gesin is hier vanuit NZ en hulle sou die naweek vir ons op Leeupoort kom kuier vir 'n paar dae.  Nou lyk dit vir my of dit wel sal realiseer.  Ek het nie in my wildste drome geglo dat dit sommer vanself sal regkom nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Re: God se karos
« Reply #11 on: December 10, 2015, 12:20:30 PM »
Sal vir hom bid. En so bly vir jou part jou kinders kom kuier. Ek wag om te hoor wanneer myne kom kuier. Het my oudste ses jaar laas vir kersfees gehad. Miskien is dit die keer die ouers se beurt.
Upington is nie vir sissies nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10693
  • Gender: Female
Re: God se karos
« Reply #12 on: December 10, 2015, 12:23:29 PM »
Om een of ander rede is die titel van die onderwerp vir my soos 'n kombersie wat om die kinders gevou is.  Waar is jou kinders?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Re: God se karos
« Reply #13 on: December 10, 2015, 12:38:24 PM »
Die oudste bly op Cullinan en die ander twee hier op Vryburg, hulle sien ek elke dag en kan nie wag dat hulle saans huis toe kom nie.
Upington is nie vir sissies nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10693
  • Gender: Female
Re: God se karos
« Reply #14 on: December 10, 2015, 12:48:58 PM »
Cullinan is ook maar ver.  Dit is erg as 'n mens jou kinders so mis. 
Om te weet is om te verstaan.