Author Topic: Die staking  (Read 3817 times)

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Die staking
« on: November 17, 2015, 05:25:45 AM »

Die staking
Gisteroggend bring Anton vir my groen tee en toast. (Ek herstel nog na die dorp toe gaan storie)

Rustig eet ek my toast met botter bedruip. Dis toe ek die eerste mondvol tee neem waar die moeilikheid begin!

Geskok reageer my smaakbekertjies en my tong krul om om die tee in my keel af te druk. My keel laat weet my tong: “Jou dinges pêl. As jy dink ek gaan daai strooi wat jy daar vashou toe laat om teen my wande af te glip … forget it!”

My lippe wil ook nie aan die tee raak nie en ek moet met alle mag en geweld hulle op mekaar vasknyp en dwing om daar te bly, want die toilet gaan ek nie haal nie.

“Sluk!” beveel my brein my keel, na my mond by hom gaan hulp soek het.

“Not a dem” sê my keel en trek net stywer toe. Smaak my hy het iewers ‘n cable tie in die hande gekry.

Anton kom in die kamer om te hoor of alles na my smaak is. Ek skud my kop, waag dit nie om te praat nie, te bang ek bemors alles.

“Wat’s fout?”

“Nou moet jy sluk laat ek kan my storie, storie.” beveel my mond my keel.

“Sluk!” gil my brein en ek knyp my oë toe en sluk.

“Sies man, van wanneer af drink mens melk in groen tee? Die goed is klaar so sleg.” kla ek by Anton.

“Skies. Moet ek ander gaan maak?”

“Nee, gits ek wil nie nou al die emmer skop nie.”

Groen tee is goed vir mens sê die wat weet.


©Orange Blue


©ALLE REGTE VOORBEHOU Geen gedeelte van hierdie skrywe mag op enige manier gereproduseer word sonder die skriftelike toestemming van die kopiehouer (skrywer) en uitgewer nie.
« Last Edit: December 10, 2015, 12:10:04 PM by PM »
Upington is nie vir sissies nie.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3663
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die staking
« Reply #1 on: November 17, 2015, 06:33:29 AM »
Baie lief vir my groen teetjies self, koop ons anderdag die mintgeur. Nou weet ek presies wat in my mond aan die gang was hehehehee. Jou beskrywing geniet! Weet hoe dit voel. Kon hom vir al die liefde in die wereld nie afgewurg kry nie. Het verdwyn met my koppie en toe Outop buite sig is, dit uitgegooi lol.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die staking
« Reply #2 on: November 17, 2015, 09:26:13 AM »
My Pa moes altyd vir ouma berge toe ry sodat sy kon gaan kruie pluk vir haar medesynekas. Gewoonlik net so skuins voor die winter. En bewaar jou siel as sy agterkom jy is besig om verkoue te kry. Dan is haar eie groenteeaftreksel jou voorland. Ek het eerder kasterolie vir poeding gesluk voor ek my mond aan daai tee sit.
As jy daai beker (groot halwe gallon konka) so na jou mond toe bring spring daai reuk van dassiepis en willeals tot binne in jou nuesholtes en dan wil lippe en tong en kieste en al wat 'n orgaan is volstrek nie meer saamwerk nie. Tot jou uitlaatstelsel trek by voorbaat toe want hy weet daai brousel moet een of ander tyd by hom verby.
En ouma staan soos die doodsengel oor jou totdat jy daai konka deur die krampversperring van jou slukderm gedwing het. (die hele halfgallon daarvan)
Nee o griet. Ek het weggekruip as ek siek is en ouma kom kuier.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Re: Die staking
« Reply #3 on: November 17, 2015, 02:13:50 PM »
Julle laat my goed voel oor my stakende gestel as dit by groen tee kom.
Upington is nie vir sissies nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10713
  • Gender: Female
Re: Die staking
« Reply #4 on: December 10, 2015, 12:13:26 PM »
Koffie is my stapelvoedsel.   :icon_biggrin:

Ek het ook so 'n koppie soos daai prentjie.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Re: Die staking
« Reply #5 on: December 10, 2015, 12:18:03 PM »
 :toothy4: Is my begeerte om hulle te versamel maar o wee sien ons is op die randjie van Junk geklassifiseer en dit gaan lol volgende jaar en nog die droogte ook, so sal maar my begeerte in my sak steek. :)
Upington is nie vir sissies nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10713
  • Gender: Female
Re: Die staking
« Reply #6 on: December 10, 2015, 12:26:23 PM »
As ek ooit weer daai kant verbyry sal ek dit vir jou inpak sustertjie.  Met die keteltjie en die res.
As 'n mens begin oud word en jy bly in 'n "kleinhuisie" soos ons op Leeupoort, dan raak jy van alles wat stof opgaar ontslae. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Re: Die staking
« Reply #7 on: December 10, 2015, 12:32:42 PM »
Ek moet tot my skaamte erken ek weet nie waar Leeupoort is nie. Ek vermoed maar dis Rustenburg se kant toe van Krugersdorp se kant af. En nou laat jy my uitsien  :love7:
Upington is nie vir sissies nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10713
  • Gender: Female
Re: Die staking
« Reply #8 on: December 10, 2015, 12:46:44 PM »
Wanneer jy deur Brits ry, noord, Thabazimbi se kant toe, dan draai jy 50 kilometer duskant Thaba, by Koedoeskop, oos, na Bela Bela se kant toe.  10 Kilometer verder is Leeupoort vakansiedorp.  Daar het ons nie heinings om die erwe nie.  Die diere loop tussen die huise deur.  Hier en daar maak iemand 'n stukkie toe vir die kleinkinders om te speel, sodat die vlakvarke nie naby hulle kan kom nie.  Veral hierdie tyd van die jaar is daar nuwe kleintjies en dan is die mammas baie parmantig. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Re: Die staking
« Reply #9 on: December 10, 2015, 01:00:20 PM »
Dit klink idillies. Dink dan nie jy is so ver van Cullinan af nie. Ek moet tog eendag vertel toe Anton en Bertus my seun op ons ou plaas na die krippe in die boonste kampe (op die randjie en anderkant die randjie) moes gaan kyk en in meneer en mevrou bosvark en al hul knnertjies vasgeloop het! :icon_biggrin:
Upington is nie vir sissies nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10713
  • Gender: Female
Re: Die staking
« Reply #10 on: December 10, 2015, 01:20:57 PM »
My pappie het 'n plaas gehad daar naby Willem Prinsloo se museum.  Ons is baie bekend met daardie wêreld.  My skoonsus woon nog op Bronkhorstspruit waar ek ook donkiejare gelede op skool was.

Dit sal heerlik wees om daardie storie van jou te lees.

Hier het ons 'n mamma bosvark wat verlede jaar drie kleintjies gehad het.  Almal het hulle so bederf, hulle is baie mak. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Re: Die staking
« Reply #11 on: December 10, 2015, 01:40:50 PM »
Sal vir julle skryf, laat ons net deur die naweek kom :)
Upington is nie vir sissies nie.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3663
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die staking
« Reply #12 on: December 14, 2015, 12:47:32 PM »
My plek geboek vir die gebeure  :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10713
  • Gender: Female
Re: Die staking
« Reply #13 on: December 16, 2015, 10:44:01 AM »
Marinda, hoekom hoor ons niks van jou nie?  Is alles in orde daar by julle?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Re: Die staking
« Reply #14 on: January 26, 2016, 11:18:23 PM »
Hallo, jammer ek was so lanklaas hier, PM. Als nog goed hier. Het net lank tyd gevat om behorlik te herstel na die aand wat die honde vergiftig is. Maar nou gaan dit weer goed na die reën  :love7:
Upington is nie vir sissies nie.