Author Topic: Pynoorlog  (Read 4205 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Pynoorlog
« on: November 02, 2015, 12:31:56 PM »
In die gate tussen die sekondes van my wees
val daar vrees op vrees op vrees.
Wanneer pyne oorlog voer
kla my gedagtes oor wat nog kom.

Bewustheid word oorheers
deur die pyne van die vlees
en vloeke val donderend
in die gate tussen die sekondes van my wees.

‘n Donderwolk trek oor die dagbreek van more
as my oë opgaan na die berge.
In die plek van hulp wat neerstort
val daar vrees op vrees op vrees.

Gillend die klanke van misnoë,
dawerend die hoewe van wanhoop
oor die knersvlaktes van die stryd,
wanneer pyne oorlog voer.

Deur die skemer van die voornag,
soekend na die dagbreek.
Sloermaal ongesonde denke.
Kla my gedagtes oor wat nog kom.

My gedagtes kla oor wat mag kom
wanneer pyne oorlog voer,
val daar vrees op vrees op vrees
in die gate tussen die sekondes van my wees.


Naas
©

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Pynoorlog
« Reply #1 on: November 02, 2015, 10:52:00 PM »
Grote glorie  :notworthy: :icon_salut: Al sou jy hierdie naamloos tussen'n duisend ander gedigte geplaas het, sou ek geweet het wie is die skepper. Hier het jy verwoord wat ek nog nooit kon oordra nie Naas. Die struktuur, soos altyd, puik!

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Re: Pynoorlog
« Reply #2 on: November 17, 2015, 02:20:54 PM »
Puik
Upington is nie vir sissies nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Pynoorlog
« Reply #3 on: December 09, 2015, 12:17:34 PM »
Sjoe Naas. Baie goed geskryf mater. 

in die gate tussen die sekondes
Om te weet is om te verstaan.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Pynoorlog
« Reply #4 on: May 28, 2018, 09:24:33 PM »
Sjoe, Naas, die titel het my na die gedig toe aangetrek.  Ek leef mos agv van Lupus (nou in 'n erge graad) permanent met pyn.  Dit veroorsaak soms gedagtes waarvoor mens skrik.  Dis nie 'n maklike pad nie.  Heel uit jou aard van dig, is hierdie een geskryf uit eie kennis, dit val op. 
"In die gate tussen die sekondes van my wees' dit val op.  Die  voortslepende pyn, wat slegs in stukkies niks in 'n dag minder opmerksaam word.  Dalk ook maar die gees se manier om te oorleef.  Die speling van die opslaan van die oe na die berge, waar psalmdigter geskryf het sy hulp vandaan sal kom, is treffend.  Nie eens daar is jou hulp en ontsnapping nie.  Goeie alliterasie na die einde.  Puik stuk werk hierdie
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Pynoorlog
« Reply #5 on: May 29, 2018, 03:21:57 AM »
Dankie. Die digstruktuur is my eie skepping en ek is mal daaroor om dit te gebruik. En je, soms, net soms, raak die pyn te erg soos vannag...



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Pynoorlog
« Reply #6 on: May 29, 2018, 04:58:21 AM »
Naas se eie Tru Vers Struktuur  :notworthy: :icon_salut:

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Pynoorlog
« Reply #7 on: May 29, 2018, 06:19:30 AM »
Ai, Naas.  As daar een is wat verstaan van pyn-wakker wees, nanag, is dit ek.  Sterkte, my vriend.  Jy moet bietjie kom vertel van jou tru-vers, ek het dit weer bekyk en my nuuskierige antennas is uit.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Pynoorlog
« Reply #8 on: May 29, 2018, 08:56:03 AM »
Besef ek nou weer hoeveel van ons geliefde skrywersmaters op die forum baklei snags in die pyn oorlog  :crybaby2:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Pynoorlog
« Reply #9 on: May 29, 2018, 10:20:26 AM »
Ek dink Ta Raaitjie het dit erens op die forum mooi beskrywe. Sal gaan soek daarvoor.
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Pynoorlog
« Reply #10 on: May 29, 2018, 10:54:27 AM »
As ek reg onthou het PM dit ook iewers bewaar. Hang aan... opgespoor!

*PM het Naas se gedigstuktuur gaan uitgrawe, want dit is lekker om daarmee te speel.  Dankie Naas. 

Tru-vers

Die tru-vers is ‘n skepping van Naas. Die gedig het rigiede rym en versreël herhaling.

Die Tru-vers bestaan uit 5 verse en die rym en herhalingskema is as volg.

A1
B1
A2
b

c
a
c
A1 (Eerste reël van vers een herhaal.)

d
b
d
B1 (Tweede reël van vers een herhaal.)

e
a
e
A2 (Derde reël van vers een herhaal.)

b
A2 (Derde reël van vers een herhaal.)
B1 (Tweede reël van vers een herhaal.)
A1 (Eerste reël van vers een herhaal.)

Voorbeeld:

Vrae?

As ek maar net weer...
As ek weer tussen hoë bome deur kon loop
sou ek my les wel leer
en die lewe pak met hoop?

Hoë bome langs die pad na ‘n oop graf.
Bome wat die stormwinde breek
keer die slegte van my af.
As ek maar net weer...

Hoe graag sou ek dinge anders doen?
Sou ek my pen in verstaan en vriendskap doop?
Sou ek pleks van veg, versoen
as ek weer tussen hoë bome deur kon loop?

Aan die einde van nog ‘n leeftyd
loop ek tussen hoë bome deur.
Was die graf nie so oop en wyd,
sou ek my les wel leer?

Is daar vir my nog hoop?
Sou ek my les wel leer
as ek weer tussen hoë bome deur kon loop?
As ek maar net weer...
« Last Edit: May 29, 2018, 10:58:51 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Pynoorlog
« Reply #11 on: May 29, 2018, 12:22:46 PM »
Dankie Ta Raaitjie. Moet se, ek buig soms die rigiede reels en sit soms n ekstra vers in wat dan eindig met die laaste reel van vers een voor ek die vers een in trurat gooi.


 :icon_bigsmurf:
« Last Edit: May 29, 2018, 01:26:10 PM by Naas »
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Pynoorlog
« Reply #12 on: May 29, 2018, 12:43:42 PM »
Eish, dit begin soos Wiskunde voel en klink.  En dan ... is ek verlore!  Maar interessant.  Heeltemal te gekompliseerd vir my wat gewoonlik 'n te stadige hand het vir my kop se galop om die woorde uit te spoeg!
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Pynoorlog
« Reply #13 on: June 20, 2018, 06:29:52 AM »
Heerlik kuier ek hier tussen lyne.  Ek onthou nog hoe ons gespook het om by te bly met al die gedigstrukture.  Wat 'n fees!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Pynoorlog
« Reply #14 on: November 09, 2021, 03:20:41 AM »
Kom ek vir die hoeveelste keer hier verby en dit is nie 'n geheim dat hierdie struktuur nog al die jare my mees geliefde ene is nie, en ek dink die enigste ene wat ek nie probeer baasraak het nie (en daar is alreeds oor die 100 wat ek probeer het lol) Een ding weet ek: daar is niemand wat die tru-vers kan doen soos die skepper van hierdie struktuur nie.

Daar is dae wat pyn/vrees mens se hele menswees so opneuk dat jy nie eers probeer om dit te beskryf nie en meestal het die dokters geen idee wat die oorsake is nie. Hulle weet (soos Naas dit iewers uitgedruk het): "Boggerol met 'n groot F" van jou pynoorlog en vrese wat die toekoms gaan oplewer.
 :angel4:
« Last Edit: November 09, 2021, 03:23:45 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Pynoorlog
« Reply #15 on: November 09, 2021, 08:29:37 PM »

Raatjie:Grote glorie    Al sou jy hierdie naamloos tussen'n duisend ander gedigte geplaas het, sou ek geweet het wie is die skepper. Hier het jy verwoord wat ek nog nooit kon oordra nie Naas. Die struktuur, soos altyd, puik!

PM:
Is dit nie 'n algemene ding hier op die forum nie?  Ek dink ek kan ook toe ogies uitwys wie het wat geskryf.  :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.