• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Leestekens in gedigte

Started by Fransi, October 29, 2015, 08:35:19 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Fransi

Ek het onlangs o.a. die volgende by Marlies Taljard geleer wat leestekenreëls in die digkuns aanbetref:

1. "Jy begin met 'n hoofletter, skryf grammatikale volsinne wat met 'n punt eindig. Die nuwe sin begin weer met 'n hoofletter. Dan gebruik jy leestekens soos jy dit ook in prosa sou gebruik het - kommas, kommapunte, aandagstrepe, ens."

of

2. "Jy begin met 'n kleinletter, skryf alles behalwe eiename met kleinletters, gebruik nie leestekens op die konvensionele manier nie. Iets soos vraagtekens, aanhalingstekens en aandagstrepe kan matig gebruik word. Ruspouses word deur digterlike tegnieke (bv. reëleindes, strofe-eindes, spasies, ens. gesuggereer."

Die twee tegnieke mag nie gemeng word in dieselfde gedig nie en jy as digter moet besluit watter tegniek jy oor die algemeen in jou gedigte gaan gebruik en hoekom.





Meraai vannie Baai

Dankie baie baie vir die deel van hierdie handige inligting Fransi  :notworthy: :icon_salut:

Fransi


Meraai vannie Baai

sterf hoop dan nooit?

met jou stetoskoop sit jy oorkant my
vir veertig minute word vrae omsingel

wat onverstaanbaar was, is dat my knieë weereens knak
as jou enigste antwoord 'n oorbekende cul de sac skets.




Fransi


Naas

Ai Ta Raaitjie. Daai Cul de sac... Ons almal ry daai pad. Sommige s'n is nog lank en breed en geteer terwyl ander van ons voortkruip op 'n tweespoor sandpad met gebreekte handeviervoet karre. Geen omdraai kans nie.
Wat vir my positief maak oor die laasgenoemde is dat ons dit nog as 'n laaste avontuur kan beleef saam met ons geliefdes.  :angel7:




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Jy stel dit so eenvoudig Naas, en dit is sooo in die kol! Terwyl ek jou woorde lees sien ek die beelde en skielik onthou ek hoe Outop vertel het van die splinternuwe vier by vier wa van 'n werksmaat wat in sy geteerde spore gestaak het. Duisende dollars skade en ons blou karretjie wat een van die jare antieke status gaan behaal die loop nog al te fluks terwyl die Jepie op 14 000 km ons en wieletjieshuis laat strand het langs die pad voor ons nog eers die strand kon haal lol!