Author Topic: Moeg om met myself te gesels!  (Read 10525 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Moeg om met myself te gesels!
« on: October 28, 2015, 12:23:53 PM »
Ouens ek raak moeg om met myself hier op die forum te gesels  :toothy4: Dankie vader vir besoekers wat nog lees anders het ek ernstige bedenkinge gehad oor ons kuierplekkie  :crybaby2:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Moeg om met myself te gesels!
« Reply #1 on: October 28, 2015, 01:37:05 PM »
Se ek ook mos. Ek het lankal stilstuipe. Smaak my die ander het nou nuwe selfbeelde van maargeit nou wil hulle nie met ons diklitte praat nie.
Ek bestel sommer 'n Banting pizza met chips.  :dontknow:


 :icon_bigsmurf:


Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Moeg om met myself te gesels!
« Reply #2 on: October 28, 2015, 07:51:57 PM »
:-)

 :hello: Ek het ook nie regtig op die oomblik iets om te sê nie.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Moeg om met myself te gesels!
« Reply #3 on: October 28, 2015, 11:04:06 PM »
Klop klop, Naas hier is 'n persoonlike aflewering vir jou hoor. Die chips het ek oppad na jou toe self verorber  :icon_bigsmurf: Sorrrry!



Fransi dankie vir jou stil-inloer  :toothy4:  :notworthy:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Moeg om met myself te gesels!
« Reply #4 on: October 29, 2015, 09:28:38 PM »
mmmmmm, vir daai pizza kom ek aangedraf ...  :toothy4:
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Moeg om met myself te gesels!
« Reply #5 on: October 29, 2015, 11:27:15 PM »
Ek't vir jou twee stukkies uitgehou Adele  :love7:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Moeg om met myself te gesels!
« Reply #6 on: October 30, 2015, 09:18:12 AM »
Ai toggie tog. Nou het ek weer op die sleutelbord gekwyl. Sien julle later, gaan net eers gou my skootbrakkie in die wasmasjien gooi.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Moeg om met myself te gesels!
« Reply #7 on: October 30, 2015, 11:03:28 PM »
Ons het diekant 'n advertensie wat die dogter vir haar pa 'n tablet koop. Dan vra sy hom hoe vind hy die nuwe tablet? Sy staan met haar rug na hom toe... hy voor wasbak en kraan loop. Besig om die tablet af te spoel wat hy soos 'n broodplank gebruik het   :headbang:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Moeg om met myself te gesels!
« Reply #8 on: October 30, 2015, 11:29:36 PM »
 :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Moeg om met myself te gesels!
« Reply #9 on: December 09, 2015, 08:35:26 PM »
Ag hier is ek ook nou.  Daai pizza sal dalk nog 'n paar ouens lok.   :snorting:

Daar sien ek ook nou hoeveel keer hier al gelees is.  Dit is seker maar hoe dit werk nê, daar is lesers en dan is daar skrywers.   :evil6:
« Last Edit: December 09, 2015, 08:38:33 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Moeg om met myself te gesels!
« Reply #10 on: June 23, 2016, 11:14:32 AM »
Lesers en skrywers... kom loer ek vandag hier op my eie pos in oor die skouer van 'n naamlose gas  :icon_biggrin: Vanaand is daar nie weer pizza op die Lock menu nie maar wel tuisgemaakte maalvleis en kapokaartappel pasteie. As jy gou oorkom is daar nog agt oor van die oorspronklike twaalf  :icon_biggrin:


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Moeg om met myself te gesels!
« Reply #11 on: June 23, 2016, 11:46:06 AM »
Ek hoop nie ek is te laat nie!  Dit is my gunsteling kos. 
Dankie vir die deel matertjie. 
Ek is eintlik bly ek eet nie elke dag van julle tafel af nie, want ek sou so vet soos 'n vark gewees het, sou julle skoon uit die huis uitge-eet het. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Moeg om met myself te gesels!
« Reply #12 on: June 23, 2016, 09:06:53 PM »
Net betyds PM  :sign10:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Moeg om met myself te gesels!
« Reply #13 on: August 11, 2018, 12:00:47 AM »
En hier sit ek, gesels alweer met myself. Wat die buurtannie moet dink weet ek nie want skielik onthou ek dat Adele vertel het van Anton se 'ween hoekie' by die kampforum en giggel kliphard.  Ons weergawe is 'die foltergrot'.  Dalk moet ek 'n spieel bokant my tikker hang sodat as ek opkyk en alleen voel, iemand vir my loer.

 :toothy4:

Hopenlik met 'n glimlag wat my herinner dat dit nou pure nag by julle is en daar weer 'n paar woorde iewers gaan verskyn sodra die son ons groet en by julle kop uit steek. Ek los 'n mandjie met drukkies.... as jy hier verby kom, neem asseblief soveel as wat jy nodig het hoor!
« Last Edit: August 11, 2018, 12:22:55 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Moeg om met myself te gesels!
« Reply #14 on: August 11, 2018, 01:14:13 AM »
Nee Ta Raatjie is nie alleen nie. Die verdomde sandman het my ook al weer oor den hoofd gesien en die buurman se hond jaag laasjaar se inbrekers al om die huis. Maar dis naweek en ek het niemand hier verwag nie. Nou kwart oor een hier by ons...
Snaaks is ek vaak en moeg maar slaap boer op ander plase.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.