• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Van Gogh se "Kafeeterras in die aand"

Started by Meraai vannie Baai, September 29, 2015, 04:26:26 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

"Die haplustigheid van Arles-brakke om jou esel het gekwyl van nyd; daarsonder, trieste ventjie, was ons straks dié sonblomsterre bo die nagsteeg kwyt."

Hierdie pragwoorde in een van Chris Lombard se verse in sy tweede digbundel het my weer teruggeneem na Van Gogh se Kafeeterras in die aand. Ek het dit letterlik met my oë verslind en sy poëtiese beskrywing in die brief aan sy suster, gulsig opgeslurp!

Op die terras is daar klein figure van mense wat drankies drink. 'n Reuse geel lantern verlig die terras, die fasade, die sypaadjie en werp selfs lig op die plaveistene van die pad wat 'n pienkerige violet kleur aanneem. Die gewels van die huise, soos 'n pad wat onder 'n blou hemel gespikkel met sterre verbleik, is donkerblou of violet met 'n groen boom. Hier het jy nagskilder sonder swart, met niks anders as pragtige blou en violet en groen en die verligte omgewing kleur die kleure self swaelbleekgeel en sitroengroen.

Dit is waar dat ek in die donker 'n blou vir 'n groen kan aansien, 'n blou lila vir 'n pink lila, aangesien dit moeilik is om die skakerings te onderskei. Maar dit is die enigste manier om weg te kom van ons konvensionele nag met sy swak bleekwit lig, terwyl selfs 'n eenvoudige kers reeds aan ons die rykste gele en oranjes verskaf.




Fransi


PM

Dit is besonders.  Dankie vir die deel Raaitjie. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Voorreg van deel altyd myne. Bly julle het ook geniet  :love7:

Marinda Kemp

Upington is nie vir sissies nie.

Ans Botha

Pragtig. Dankie vir die deel saam met ons.

Meraai vannie Baai