"Die haplustigheid van Arles-brakke om jou esel het gekwyl van nyd; daarsonder, trieste ventjie, was ons straks dié sonblomsterre bo die nagsteeg kwyt."Hierdie pragwoorde in een van Chris Lombard se verse in sy tweede digbundel het my weer teruggeneem na Van Gogh se
Kafeeterras in die aand. Ek het dit letterlik met my oë verslind en sy poëtiese beskrywing in die brief aan sy suster, gulsig opgeslurp!
Op die terras is daar klein figure van mense wat drankies drink. 'n Reuse geel lantern verlig die terras, die fasade, die sypaadjie en werp selfs lig op die plaveistene van die pad wat 'n pienkerige violet kleur aanneem. Die gewels van die huise, soos 'n pad wat onder 'n blou hemel gespikkel met sterre verbleik, is donkerblou of violet met 'n groen boom. Hier het jy nagskilder sonder swart, met niks anders as pragtige blou en violet en groen en die verligte omgewing kleur die kleure self swaelbleekgeel en sitroengroen.
Dit is waar dat ek in die donker 'n blou vir 'n groen kan aansien, 'n blou lila vir 'n pink lila, aangesien dit moeilik is om die skakerings te onderskei. Maar dit is die enigste manier om weg te kom van ons konvensionele nag met sy swak bleekwit lig, terwyl selfs 'n eenvoudige kers reeds aan ons die rykste gele en oranjes verskaf.