Author Topic: Die deur agter die kaggel  (Read 1683 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Die deur agter die kaggel
« on: September 22, 2015, 01:20:24 PM »
Na maande van wik en weeg, tob en torring aan myself, neem ek toe die groot stap. Ek het die kontrak geteken vir die huis wat op die koppie staan. Ja, daardie een met die torinkies en soldervenstertjies en so ‘n geheimsinnige aura. Maar miskien moet ek net eers verduidelik: toe ek daardie ontvlugtingsmanouver uitgevoer het – dis nou van Liefie en sy loansharks af, het ek mos ge-eindig by ‘n plek genaamd “Het Heerengraght”. Wat toe twee dae later geblyk het ‘n spook kasteel te wees. Die een positiewe wat uit die “Het Heerengraght avontuur” voortgevloei het was dat ek ontslae geraak het van Liefie en sy Loansharks. Genade dit kan tog nie anders as ‘n mens daaraan dink dat spoke en goete wat BOEE met my emosies, senuwees woer-woer gespeel het en dat ek eintlik so onder die naakte hemel geslaap het. En nou kry ek sommer weer koue rillings as ek dink aan die heerlike geregte en die uitsonderlike wyn wat eintlik dan spookkos was. Ek sal seker met so ‘n koue rillinkie kan saamleef eerder as met Liefie.
Toe breek die groot dag uiteindelik aan – ek verhuis na my nuwe huis. Na die huis op die bult. Is die gekleurde glasruite nie pragtig nie? Ek is so seker dat die sonlig binne in ‘n kaleidoskoop van kleur sal ontplof sodra die son daarop inval. Maar dit is seker ook nie korrek om te sê ek verhuis op hierdie stadium nie want die huis in nog nie bewoonbaar nie. Ek gaan egter in die huis bly wyl ek die restourasie doen, kan tog nie elders bly nie – die inspirasie moet vanuit die huis kom.
Met groot opgewondenheid bestyg ek die trappe, uit swaar rotsklip gebeitel, na die voordeur, imposant in eie reg. Die deur ingang is seker ‘n goeie 5 meter hoog en sowat 4 meter wyd met gietyster beslaande hout deure. Weerskante aan die deure is deurkloppers, ook van gietyster, sulke draakkoppe met die klopring wat in die kake vasgeklem. Ek hoef tog seker nie die klopper te gebruik – dis tog immers my plek en ek het die sleutel. Ja ek het maar sleutel is seker ook nie die regte word nie want hierdie sleutel is soos in ‘n goeie tien duim lank in die ou taal met krulletjies en draaitjies en nog swaar ook. Ek sal inderdaad nie elke keer as ek erens gaan hierdie sleutel kan saamneem nie.
Met bewende hande – gits, hoekom bewe my hande dan nou so, dit moet seker maar die opgewondenheid wees van die huis se koop en die intrek, steek ek die sleutel in die sleutelgat en draai. Krag moet ek ook nou insit want die slot is sommer baie stram en dis maar seker van die onbruik van jare. ‘n Harde klap en die die slot spring oop. Ek draai die handvatsel en stoot aan die grote deur. Met ‘n gekraak sug die deur na binne oop en met so ‘n beklemming in my tree ek oor die drumpel na binne, die deur by “Het Heerengraght” het ook so ge-kraaksug.
Maar ek moet seker eers my voorstel. Ek is Natalie-Dominique Louw. Ek is in die regsprofessie waar ek met allerhande interessante daaglikse dinge te doene kry. Ek ry ‘n sportmotor – ‘n Alfa Romeo 147 Selespeed want ek het hierdie passie vir Alfa Romeos. Ek het so ‘n stelletjie met ‘n romeo afgetrap so ‘n paar maande gelede (nie ‘n motor nie) en in die ontvlugting afgekom op hierdie ongelooflik pragtige herehuis, of so het ek gedink toe ek by “Het Heerengraght” opdaag. En wat toe geblyk het ‘n spook-murasie te wees. Gits kry ek sommer nou weer so ‘n rillinkie hier so teen my rugstring af. Nou ja Het Heerengragt en my ervaring daar wil ek nie nou eens aan dink nie behalwe dat die aanvanklike ervaring met die herehuis dalkies verantwoordelik is vir die koop van hierdie kasteel-agtige katedraal wat op sy eie klipkoppie staan.
Hoe beskryf ek dan nou my ou kasteeltjie? Hier in Pretoria, daar in Erasmusrand staan daar so ‘n tipe kasteel-huis. Met sulke torinkies en klein venstertjies en grys-blou dakteels. Nou dis hoe my kasteel lyk, naastenby. So met die intrapslag is dit ook dan so al of iets my beloer. Seker ook nou nie juis vreemd nie denkende daaraan dat hierdie huis al ‘n goeie honderd jaar plus oud moet wees. Dus sal daar inderdaad die standard “huis-spook” of twee teenwoordig wees.
Die portaal is wyerig en effe lank. Uit die portaal is daar weerskante geboogde ingange na vertrekke – aan die linkerkant ‘n formele sitkamer en regs ‘n minder formele dag-kamer. Die portaal eindig in ‘n dwarsgang en vanuit hierdie dwarsgang is daar weerskante ‘n lang gang. Uit die linkergang kry ons die deure na die spens en kombuis, die eetsaal want ek kan dit nie ‘n kamer noem nie sowel as opwas geriewe vir die gaste.
Die regter gang is relatief kort en nie so lank as die linker nie, eindig in ‘n stel trappe wat opwaarts neig. Die trappe styg nie direk op na die volgende vloer nie, nee dit kurwe reghoekig links en op. Skielik tref dit my – die trappe is ampertjies soortgelyk aan Het Heerengragt s’n. Nou die mure aan weerskante van die trappe is uit reghoekig gekapte klip, iets soos Graniet of Ysterklip en die grys van die klip skep ‘n sombere atmosfeer. Reghoekig met die trap se bo is daar ‘n gang met deure weerskante na die slaapkamers en die hoofslaapkamer op die voorpunt. Elke slaapkamer het sy eie en suite geriewe met die hoof slaapkamer wat sy eie aantrekkamer het en so ‘n intieme sitkamertjie.
Maar ek is so seker dat ek iets mis. Ek mis nog ‘n trap – die trap wat na die soldervertrekke moet lei. Hoekom het ek hierdie deur gemis? Dis die studeerkamer dié en met die mooiste boekrakke uit gekerfde hout en daar’s nog boeke op die rakke. Sal ‘n belewenis wees om deur die boeke te blaai. So aan die een kant van die studeerkamer en boekrakke wil dit lyk asof die kleur van die hout effe verskil van die res van die hout in die studeerkamer. Ek tuur na hierdie paneel en ek kry die gevoel dat iets nie pluis is hier nie. Dis so al of iets met my wil praat en ek plak my sommer so op die stofbelade lessenaar neer – wil nie eens dink hoe my wit pakkie gaan lyk hierna nie. As ek die kasteel gebou het en ek sou wou ‘n deur wegsteek, hoe sou ek dit doen? Waar steek ‘n mens ‘n boom weg? In ‘n woud natuurlik. Nou moet ek nog net die knip opspoor en dan sal ek seker ook die deur vind. So elementêr, so briljant. Daar’s ‘n kwas in die paneel wat anders lyk as die ander. Sou die kwas die knip wees? En inderdaad is dit ook so. Ek steek my vinger uit en nogals versigtig ook en met so ‘n dosis van angstige bewing druk ek aan die kwas. Niks nie, nie ‘n beweging van ‘n millimeter nie. Skielik, met ‘n kraakklank, skuif die kwas diagonaal na binne en die paneel swaai oop om ‘n nagdonker trapskag te openbaar. Ek ruk my hand so vinnig weg dat ek my vinger kon breek, was nogals gevoelig. Mmm ek sal maar later na die trap moet kyk as ek eers lig het – dis so donker dat jy nie jou eie hand kan sien nie. Gits Vrou maar ek bewe soos ‘n riet.
Volgens die planne van die huis wil dit lyk of daar nie ‘n kelder is nie maar . . . . Die enigste vertrek wat naastenby ge-meubileer is is die studeerkamer. Maar ek sal ook nou nie sommer net my lê wil kry in die studeerkamer nie, ‘n vrou wil mos bietjie in styl ook haar lê kry. Kyk waar staan die tyd ook al en ek het nog nie naastenby na als gekyk en geloer nie. Nie na die sitkamers, die eetkamer nie, nie die kombuis of spens nie. Oee, kyk hoe pragtig kaleidoskopies breek die sonlig deur kleurglaspaneeltjies – robyn, smarag, geel soos goud, sianied blou! En die son trek ook water so ek sal moet aanstaltes maak om my lêplek reg te kry en ook aandete aanmekaar te slaan. Maar die meesterslaapkamer is mos immers myne en die kasteel, so my kampbedjie kry sy staan in die meesterkamer. Vannag sal die slaap ook maar so “onder sterrelig” wees siende dat daar nog nie gordyne is nie. Van gordyne gepraat – smaak my dit gaan my ‘n fortuin kos aan gordyne en meubels as ek so na die grootte van die vertrekke kyk.
Wat ‘n vonds is dit nie – ‘n regte Aga stoof in die kombuis. En daars ‘n hopie hout gestapel so al asof ek verwag is en ‘n emmertjie steenkool. Nou ja ek kla nie en daar’s in elk geval nie elektrisiteit in hierdie kasarm nie. Kom vrou kry die stoof aan die gang as jy vanaand nog ‘n warm ete wil eet. Gelukkig het ek ‘n aansteker by my al rook ek glad nie. Ek wil mos altyd in beheer wees van als in my lewe – F@# het Liefie my nie duur te staan gekom nie. Maar Liefie is uit my lewe en so ook sy loansharks en hul sterk manne – die reg het ook maar sy voorregte.
‘n Koolstoof het ook maar sy voordele – as jy daarvan weet. Fynhout in die vuurkamer en die aansteker skiet sy vlam uit en die houtjies brand. Bietjie dikker hout – aaa dit lyk sommer huislik. Ek sit kole op maar nie baie nie anders smoor dit die vuur en sit ek met ‘n klomp rook opgeskeep. Het ek gesê dat die stoof sommer besonder skoon is vir al die jare van onbruik? Wat gaan ek, Natalie-Dominique maak vir aandete? Ek het nou nie die wereld se voorraad saamgebring nie. Hier’s ‘n klein vark-karmenaatjie maar dit is vir ‘n rooster, hier’s ‘n hele beeshaas en hier is klein aartappeltjies, boontjies en tamatie en ui. Ek kan die beeshaas heel hou of in sulke dik skywe sny maar dan moet ek room nodig om ‘n heerlike swartpeper sous mee te maak. Maar ek het room saamgebring en dit moet in die yshouer wees so die spyskaart vanaand is: ongaar beeshaas skywe in swartpeper roomsous, klein aartappels in Ierse botter met knoffel en roosmaryn, en groenboon met aartappel, ui en tamatie ge-soteer. Ongaar se beter beskrywing is very rare en ‘n goeie vee-arts mag dalkies die vleisie red.
Gelukkig het ek onthou om kerse saam te bring, ek wil my nie weer in dieselfe situasie bevind as by “Het Heerengragt” nie. Laat ek sommer nou vir Gabriella in haar leplekkie loop staanmaak – Gabriella is my 147 GTA Selespeed en sy kan nie net buite slaap nie. Wat ‘n gesig begroet my nie buite op die trappe nie – dis nagdonker met sterre wat vonkel, skitter en onder in die laagte vonkelblink straatliggies, woning lig. Die motorhuis/skuur of wat ‘n mens dit ookal wil noem is so neffens agter die kasteel. Met ‘n grommel uit haar uitlate rol Gabriella die skuur binne met spinnerakke wat glinster en tril in haar ligte.
Terug in die kombuis is die Aga al goed op dreef en die aartappeltjies blitsig geskil en in die oondskottel. Boontjies gehaar en gekerf wyl die tamatie, ui, aartappel en knoffel liggies braai. Die aroma van groenboon wat rooster saam met aartappel tamatie en knoffel darem, om nie te praat van die roosmaryn knoffel aartappels nie. Die bees haas gaan so vining wees so nou is die tyd om ‘n glasie te klink in my eie kasteel, nou nie in die “smoking room” nie, nee sommer hier knus by die Aga. Wat sal ek skink? Ek het met my saamgebring ‘n 1970 Meerlust Cabernet, een 1969 Neethlingshof Pinotage en sommer ‘n paar bottels 1980 Spier Merlot. Al is dit vir my ‘n groot dag gaan ek ook nou nie een van die ou wyne oopmaak nie, sal dit hou vir die daknatmaak. En ek is ook nou nie terug by ‘Het Heerengragt” waar ek getrakteer is op daardie wonderlike 1720 Stellenrijk Rouge nie. Natalie-Dominique! Wat bly jy so terugneuk na “Het Heerengraght”, sou dink jy wil dit vergeet. Maar dit wat daar gebeur het vergeet geen vrou sommer net so nie.
Met die kerse wat hul skamel lig in die kombuis deur flikker, kaats dit ook subtiele strokies robyn deur die rooiwyn in my glas. Skielik tref dit my ook so terwyl ek ‘n teugie wyn sluk – ek is tot die been toe moeg en ek moet seker my ook skoon kry. Daar is darem lopende water al is daar nie krag nie en terwyl die aandete prut laat ek dan gou my skoon kry. Met my glasie en kers is ek die trappe uit kamer toe met kers wat so flikker-flikker, stadig Natalie-Dominique jy wil nie die kers laat vrek nie, of is dit ek wat te vinnig beweeg? Sjoe maar die water is ook sommer ysig koud al is dit nog nie eens naby winter nie. Maar ek kry ook die gevoel dat die rillings teen my ruggraat af is nie net van die koue nie, ek kry so die gevoel dat ek beloer word en tog is daar niks in die kamer behalwe my ou goedjies. Klaar gewas en afgedroog spring ek dan dadelik in my nagkabaai, ag ok dan my neglige al is daar nie iemand om dit voor te dra nie. Die ete is seker ook al bykans gereed as die sjef haar uit die nostalgie kan ruk.
Ek het darem ‘n tafeltjie en stoel saamgebring so sittende sal ek kan eet. Die beeshaas skywe in die pan op die Aga en ‘n glasie merlot in die hand en als lyk sommer rooskleurig – ek gaan so lekker hier in my kasteel bly. Te gou is my ete verby, jy kan ook net ‘n ete so lank uitrek as jy alleen is. Miskien moet ek ‘n laaste glasie merlot neem op die buite-trappe wyl ek so oor my “vallei” loer. Daars beslis so ‘n ligte byt in die aandluggie wat my in hoendervleis laat uitslaan. My eie kasteel – dis so ‘n geil gedagte – en met ‘n glimlag sluit ek die deur en trippel die trappe uit kamer toe.
Bybel lees en aandgebed so alleen in my kamer voer my weer terug na “Het Heerengraght’ met sulke rillings wat oor my speel. Darem snaaks hoe om so alleen in hierdie grote kasteel te wees met my verbeelding speel. Kers uit en die aand is skielik so helder in my kamer met al die sterrelig. Ek wil nog so by die venster uitstaar toe Klaasvakie my so ‘n blerts slaapsand smeer. Met die aan-die-slaapraak luister ek sommer so in my gedagte na Bach se Toccata et Fugue in D Mineur net om met ‘n skok agter te kom dat ek eintlik al ‘n tydjie slaap. Dis die mooiste pyporrel klanke wat so deur my kamer speel en subtiel sag, so asof van vêr. Dis seker maar die een of ander mens wat orrel speel, dalkies ‘n Priester wat in sy katedraal nie kan slaap nie en orrel speel. Ek moet sê dat die persoon wat speel ook al so ‘n keer of wat aan ‘n pyporrel geraak het. Dis nie sommer enige hierjy wat speel nie en so met die sagte orrelklanke dryf ek weer in slaapland in.
‘n sonstraaltjie wat deur die venster inskyn ruk my uit droomland uit. Wat ‘n heerlike slaap had ek nie. Maar ek was ook gedaan en die genotlike wyn en ete het ook hul bydrae gelewer. Ek moet my roer want daar is sommer baie wat in die kasteel gedoen moet word voor ek ooit kan droom om mense oor te nooi. Jissie ‘n volwaardige bal met strykorkes as ek die dak natmaak, klink vir my na ‘n great idee. Siende dat dit vandag seker nog warm gaan wees spring ek in ‘n sjoebroekie en spaghetti-band toppie in. Ontbyt moet maar iets ligs wees anders gaan ek nooit aan die gang kom nie. Daar sal seker nog ‘n kooltjie of twee in die Aga wees so vuur is nie ‘n probleem nie. Lekker sterk moerkoffie lig ge-tan en soet en eiers sunny-side up, ‘n worsie, spek en rasperkaas – wanneer laas het ek so ‘n eenvoudige ontbyt so geniet. Seker maar oor ek in my eie kasteel is en ek dan seker die koningin in my kasteel is.
Ek het die dag toe ek die transaksie beklink het die mates geneem van al die vertrekke en die meubles bestel. Al het ek op oudhede-veilings die meeste van my meubels kon kry het dit my steeds ‘n fortuin gekos. Ek kon beslis nie futuristiese meubels aanskaf nie en oudhede was dus die uitweg. Vandag word die meubels gelewer en ek is so opgewonde daaroor, ek kan nie wag nie. Ek stap so in afwagting deur die vertrekke. Daar is een vertrek wat ek nogals gemis het met sy deur half versteek in die hoek van die dag kamer. In die vertrek vind ek tot my skok, verbasing en blydskap ‘n klein gallerytjie en daar’s ook nog skilderye teen die mure. Al wat ek hier gaan doen is eerstens om ‘n waardasie op die skilderye te kry – Stephan Weltz sal seker die aangewese persoon wees. Maar ek sal slegs los stoele hier in sit. En ek kry die gevoel van hierdie vertrek is nie kosher nie – dis so al of die vertrek uit proporsie is. Nou moet ek byvoeg dat al die onthaal vetrekke kaggels ingebou het. Tog lyk die kaggel normaal nes al die ander kaggels. Seker maar ‘n verbeeldingsvlug wat my getref het. Maar steeds die gewonder wat so krap-krap aan my. En dan kry ek steeds die gevoel dat daar ‘n kelder in die kasteel moet wees want wat is ‘n kasteel dan ook sonder ‘n kelder? Maar die planne het tog duidelik gewys .... . En wie sê ek het die oorspronklike planne gesien? En as ek nou daaraan begin dink dan is dit so asof die agent ander praatjies gemaak het wanneer ek die gesprek stuur in die rigting van die oorspronklike planne en kelders en so meer. En dan is daar ook die ontwykende antwoorde toe ek vra na die geskiedenis van die kasteel. Dis skielik asof niemand iets weet nie. Maar ek sal nog agter daardie byl se kap ook kom, weet net nie wanneer nie.
Aaaa hier is die trok met my meubels nou. En gelukkig is daar genoeg hande dat ek nie hoef te dra nie, ek haat dit om goete rond te dra. Ook maar goed ek het skoonmaakdienste gekry om die kasteel skoon te maak, van hoek tot kant – behalwe die studeerkamer wat ek nou ontdek het en dan die kunsgalery. Skielik is gordyne hang sommer maklik met al die hande hier, hoef ek dan nie op ‘n leer te klim nie. Middag ete is op hande en ek bestel sommer pizza van die naaste Debonairs af. Is daar so ‘n stilte aan die anderkant met die noem van die adres? Ek verbeel my seker maar. Wel ek het seker maar want twintig minute later is die pizzas daar en warm ook. Maar is die mannetjie haastig toe hy vertrek! Middagete agter die rug en terug by die indra van die meubels. My bed was ‘n perd van ander kleur natuurlik want ek slaap mos nie op iets anders as ‘n hemelbed nie en dan ook nie op standaard grootte nie. So om die bed in die slaapkamer te kry moes dit uitmekaar gehaal word. Maar die bed is in en aanmekaar en die kantsluiers hang en ek kan nie wag vir vanaand om die bed te bespring nie. En Natalie-Dominique – los nou vir liefie, jy wil hom nie in die bed hê nie.
Dis sommer jammer dat ek al die gordyne voor die vensters het want nou’s die venstertjies so versteek. Ek sal maar elke dag die gordyne wegbind. Voor ek begin met aandete wil ek darem net so effe voete in die lug sit en ontspan. Miskien moet ek gou eers in die bad gaan lê met badsoutjies en olietjies en sommer so in die badlê ‘n glasie wyn geniet. Ek sal beslis ‘n klanksisteem in my kamer moet installeer, die een in die sitkamer sal nooit as te nimmer tot in my kamer kan speel dink ek so lê-end in die heerlik snoesigwarm water. Het ek gesê dat die bad so ‘n porselein ene is – spierwit met pienk rosies oraloor en gietyster pootjies. Nee daar is nie ‘n tou om vir “Ismail” te roep nie warrel die gedagte deur my kop. Slaap pikanienie die vee’s in die kraal .... morevroeg kry jy van slappap ‘n maal .... Natalie-Dominique jy sal versuip, jy kan nie nou slaap nie. Vervaard spring ek uit die bad en droog af. Laat ons aandete maak. Gelukkig is die krag aangesit so ek het lig – net more gaan ek die solder trappe aandurf.
Wyl die kos op die Aga prut, ek weier om die Defy te gebruik, sit ek in die sitkamer met ‘n glasie ’75 Boschkop Shiraz – wat ‘n neus, wat ‘n boeket het hierdie shiraz dan nie. Oor die Denon klanksisteem spoel die strelende klanke van Katie Melua se “calling off the search” met my wat sit-lê op die chaize-longe en die kandelaarlig wat skarlaken rooi deur my glas flits en kaats. Salig, hemels om so in jou eie plekkie sonder die aaklighede te kan wees en te droom. En ek voel hoe my nekhare rys met my oë wat onwillekeurig deur die sitkamer swaai, heen en terug, niks; daar’s niks hier nie Natalie-Dominique. Maar hier is iets – ek kan voel hoe iets vir my loer, kyk. Jissie sissie maar jou verbeelding werk oortyd. Jy gaan seker weer in die kombuis eet vra ek myself baie polite want ek wil ook nou nie die eetsaal gaan omkrap nie. Maar miskien moet ek tog maar in die gewoonte kom om in die eetsaal te eet. Sjoe maar die aroma wat so uit die kombuis oor my spoel is to die for – hoender met lemoen en naeltjie room sous, gebraaide aartappels met sampioene, botterskorsie met spek en mosterd sous, courgette en rooi kool gebraai in olyfolie met kaneel en pistacchio neut. Sal maar nagereg verby laat gaan. O ja ek lief dit om te kook en vir my self sulke disse te maak.
Terwyl ek so sit en eet dink ek weer onwillekeurig terug aan die eskapade by “Het Heerengragt” en ek weet nie hoekom nie. Miskien is dit omdat die kasteel en sy enorme vertrekke my daaraan herinner en die sagte note van Largo speel op my oor. Maar ek het nie Largo op die Denon gehad nie maar oee dis so mooi en so sag, sielvol, ampers asof ‘n lewend orkes dit speel – erens, vêr. En die oë wat vir my loer.
Ek moet seker kamer se kant toe staan, moet een of ander tyd gaan slaap. Moeg is ek beslis, dit was ‘n lang dag. Genade maar die kamer is donker nou dat die gordyne hang. Bybel lees en aandgebed klaar en handeroompies aan my hande – nighty night, sleep tight. Slaap kom soos ‘n dief in die nag en ek wis van niks tot ..... die staccato ritme van die capriccio di italiano deur my kamer spoel, sag en hard, sag en hard. Dan klink dit asof in die kasteel en dan asof van vêr. Ek lê versteen in my hemelbed met oë stokstyf starend na niks. Ek kyk nie links of regs in vrees vir wat ek dalkies mag sien. Saggies hard, saggies hard die musieknote deur my kamer en kop onder die kombers haal die slaap uiteindelik die note in. Vervaard skrik ek wakker, genade het ek so lank geslaap en die musiek episode nou net ‘n lastige gedagte. Ek sal tog navorsing moet doen oor die kasteel en ook die omgewing, sodra my rekenaar aanlyn is. Miskien moet ek by die stadsraad aanklop en uitvind of daar nie dalk die oorspronklike bouplanne vir die kasteel is nie.
O ja vandag is dit ek en die soldertrappe. Ek moet maar ‘n kers saamneem vir ingeval daar nie ‘n lig of ligte is nie. Met ‘n druk teen die kwas spring die paneel oop en met ‘n beklemming in my stoot ek my voet oor die drumpel net om met ‘n snak terug te spring – wat was dit wat aan my gesig geraak het? Al tastende in die donker kry my hand die ligskakelaar en gelukkig werk die lig, maar gooi meer skadus in die hoekies as wat dit lig maak. Ek kan darem die trappe uitmaak en dis sommer baie steil, sal versigtig moet wees. Voetjie vir voetjie die trappe uit en vee-end spinnerakke uit die pad en die stof is verstikkend. Aan die bopunt van die trap vind ek ‘n baie nou hoë deur met ‘n deurknop wat soos gietyster lyk maar wat ook koper kan wees maar swart lyk van jare se aanslaan. Met ‘n kraakswkoeik draai die knop en die skarniere knars stram as die deur oopkraak. Nog ‘n skakelaar teen die deurkosyn en ‘n flou liggie skyn deur die soldervertrek. Die stof is absoluut oorweldigend en daar heers ‘n atmosfeer in die solder wat ek nie kan plaas nie. Ek wis nie of ek bang is of angsbevange nie maar ek voel iets aan hier in die solder. Daar is rakke reg rondom die solder van vloer tot dak en in sommige lyk dit soos ou koerante uit vervloee dae en ook tydskrifte en daar is leggers wat uit vergange dae dateer. Gaan ek hier die antwoorde op vrae kry? Gaan ek dalkies hier op die solder die oorspronklike planne van die kasteel kry? Goeiste maar die rillings speel musical chairs op my rug en my nekhare staan stokstyf met die flou-flou liggie hangend aan ‘n houtbalk en flikkerende skadus oraloor. Terug in die studeerkamer kry ek die vertrek aan die kant sodat ek ‘n plek het waar ek kan werk, kan skryf en skilder. En dan is daar ook nog die boeke op die rakke wat ek sal moet deurgaan en net miskien is daar hier in die studeerkamer ook dokumente te vinde wat raaisels mag opklaar. Wie sal ook nou weet – as daar versteekte solderdeur panele is mag daar ook ander versteekte laaie wees. Die rekenaar oftewel my laptop is op en aan en aan’t werke en ek is op die lug in die kuber ruimte. Miskien kan ek sommer op google die een en ander van die kasteel te wete kom.
‘n blik op die horlosie se dis al ses dertig agtermiddag en ek sal strakkies weer my gaan week in my badsoutjies en olietjies en in my pootjies porseleinbad. Ek het darem ook nou ‘n Rotel klank sisteem in my kamer en sal ek so wekend na musiek kan luister en ontspan. Sagstrelend is die klanke van Beethoven se Negende Simfonie en die water so heerlik warm met welriekende stoompies warrelend oor my nakend lyf. En dan so tussen Beethoven se Negende se klanke so subtiel verweef die slawekoor uit Nabucco – wat gaan aan hier in my Kasteel wonder ek met koue rillings wat oor my spoel. Dis altyd musiek en baie sag hierdie tyd en dit maak nie saak of ek musiek speel nie. En dan is daar die geloerdery in die sitkamer en eetkamer wat my rug sommer krom wil trek.
Maar nou is dit eers aandete wat op my wag. Ek het nie nou eens die lus om ‘n spyskaart uit te dink nie, is gans en al te angstig daarvoor. Miskien moet ek sommer maar ‘n worsie en ‘n tjoppie braai met ‘n braaibroodjie daarmee saam. Ek is sommer nie eens lus vir my gebruiklike kelkie rooi so voor en tydens ete nie. Miskien sal ‘n rooi muskadel my so bietjie laat ontspan. Mmmm dit rol soos nektar op die tong met Chris Rea wat saggies sy lot bekla. Net more is dit ek en daardie solder – ek moet uitvind wat hier aangaan, wat die geskiedenis van my Kasteel is. Miskien is daar iets wat met my wil praat, wil vertel van die Kasteel. En die oë staar stip na my in die eetsaal wyl ek aandete nuttig, die hoekies in flikkerskadu gehul. Ek sit net starend hier voor my, te bang om rond te kyk want sê nou net ek sien goete soos ek in “Het Heerengragt” beleef het. En daar kon ek nog die pad vat maar hier is ek in my eie kasteel waarvoor ek sommer baie betaal het.
So ‘n kelkie Port in my kamer net voor slaaptyd. Soos elke nag is die slaap skielik en dood soos narkose. In die donkerste uur van die nag skrik ek wakker van swaar orrelmusiek wat deur die Kasteel dawer. Die musiek kom definitief vanuit die Kasteel en nerens anders nie. Maar hier is nie eens ‘n pyporrel in die Kasteel nie, ek het nerens enige teken van so-iets bespeur nie. Met oë so groot soos pierings sluip ek die trappe af, holrug. Bang soos ek is moet ek uitvind wat hier aangaan. Die hele Kasteel is in donker gehul met ‘n sagte silweragtige skynsel wat uit die dagkamer kom en waar die orrelklanke vandaan kom. Suster, as iets nou aan jou raak is jy deur die solder en dak en sommer in ‘n wentelbaan. Op my tone sluip ek stadig na die die deur met die orrelmusiek wat stadig begin opbou na ‘n crescendo. Versigtig o so versigtig loer ek om die opening net om te sien dat die dagkamer in sagte silwer maanlig gehul is en geen musiek nie. Skielik uit die hoek van my oog ‘n beweging by die deur na die galery en my hare rys penorent. Wat het ek gesien? My verstand wil sê dat ek my verbeel en my hart sê iets heel anders. Wat het ek sopas gesien? Was dit ‘n mens en as dit was hoe het dit deur die toe deur beweeg? Soos ‘n bliksemstraal floog ek weg teen die trappe uit, in my kamer in en onder die komberse kop toe nie dat dit enigiets sal keer wat deur deure kan loop nie. Ek’s soos in so seker dat daar ‘n logiese verklaring hiervoor moet wees maar dan speel logika ook nou nie juis ‘n rol waar vrees by betrokke is nie. Netnou as die son die nag verjaag is dit ek en die solder kom wat wil….
   Die son het nog skaars sy kop soos ‘n wafferse Kilroy oor die horison gesteek of ek is op, aangetrek en fighting fit. Nou’s dit ek en die solder, sodra ek ontbyt geniet het. Smaak my my lewe draai ook net om kos – dis ontbyt en middagete en aandete en in ‘n perpetual circle if you ask me. Dis seker ook die rede hoekom ek so effe rond van postuur is. Siende dat ek bitter graag die solder wil invaar, sal ontbyt maar skimpy moet wees – rooster broodjies met poached eggs, roomkaas en tamatie en natuurlik Earl Grey. G’n vrou kan die dag begin sonder haar Earl nie.
   ‘n Gedagte kom by my op – jou solder is nog propvol stof en moontlik ook nog stofluise en wie weet wat nog. Jy gaan verseker dors word so neem water saam en met die gedagte draai ek na die yskas toe en gryp drie bottels sparkling water en ek is uit op my solder-ontdekkingstog. Vervaard is ek die studeerkamer in en die deur na die soldertrap in ‘n japtrap oop met die trap self ‘n ander storie met my wat die trap so ewe lady-like bestyg. Was dit nou nie ‘n briljante idee om die flou gloeilampie met een te vervang wat lig maak? Nou kan ek sien wat ek doen en sal ek ook van die rekords en boeke kan lees sonder om dit na die studeerkamer te dra.
   By gebrek aan ‘n plan van aksie, besluit ek om ‘n vinnige scan te doen in terme van die datum orde en dan as die vroegste datum gevind is, van daar dan in diepte deur die rekords te werk. Aangesien daar letterlik honderde ou koerante is, laat ek dan die koerante deurgaan. Jeez, to say it’s dusty is so non-descriptive. I hardly started and the dust was hanging like mist in the loft. Ek sal eers moet stofsuig voor ek kan begin. Mmm, dis sommer stukke beter na ‘n half uur se stofsuig. Die eerste koerant wat ek ter hande neem is gedateer Desember 1898 en nodeloos om te sê in Hollands. Die koerant, ge-titeld “De Volkstem” het ‘n verskeidenheid temas gedek van moord tot skandale in die politiek, die “wie is wie” in die land. ‘n Artikel aangaande ‘n sekere meneer Du Pont, ‘n multi miljoenêr wat besluit het om sy domisilie te verskuif vanaf Kaapstad na Pretoria. Soos ek deur die koerante werk, kom ek op vele ander artikels aangaande Du Pont af. Smaak my die Du Pont was ‘n man van statuur en heelwat aansien.
So soos ek deur die koerante blaai, kom ek af op De Volkstem gedateerd Vrydag 10 Junie 1901. Dis ‘n artikel ge-pen deur ‘n sekere mej. Marianna Velasques en getiteld “Multi miljoenêr Geert Du Pont beloof trou aan sy aanstaande bruid Helena Du Pre.” Dit is Vrydag 10 Junie en vroeg dag is dit sommer vreeslik bedrywig hier by die huis op die koppie. Ja huis is nou nie eintlik die regte beskrywing nie – herehuis of kasteel sou dalk meer gepas wees. En die rede vir die vreeslike bedrywighede is die bal wat more-aand gehou word. Meneer Du pont het mos die kasteel spesiaal laat bou vir sy Bruid, Mademoiselle Du Pre. Juffrou Du Pre is die befaamde opera sopraan en orrelis en sopas terug van haar wêreld toer, wat natuurlik ‘n reuse sukses was en ook besondere eer aan ons land besorg het. More-aand se bal is dan ook eksklusief om die verlowing aan te kondig tussen Meneer Du Pont en Mejuffrou Du Pre en terselfdertyd die inhuldiging van die kasteel. Nodeloos om te sê dat die wie-is-wie in Suid Afrika natuurlik genooi is, van die Staatspresident tot die Ambassadeurs van al die lande hier verteenwoordig.
Daar is een spesifieke aspek wat ek hier moet noem en dit is die pyp-orrel wat in die kasteel installeer is. Want mejuffrou Du Pre is mos die befaamde orrelis en sy moet dan ook so ‘n orrel tot haar beskikking hê. Dat so ‘n orrel ‘n klein fortuin gekos het “is an understatement” en die installasie daarvan het in alle waarskynlikheid ook net soveel gekos maar Meneer Du Pont is ‘n miljoenêr oor en oor. Nou more-aand sal die hoogtepunt van die aand wees as Mejuffrou Du Pre ‘n paar van haar uitvoerings uit haar wêreld toer gaan sing en ook haar orrel uitvoering. Vir die geleentheid is daar ook ‘n strykorkes bespreek wat natuurlik die aand se vermaak sal voorsien en dan ook Mejuffrou Du Pre sal begelei.
Ekskuus tog, my maniere het my nou in die steek gelaat. Ek is Marianna Velasques en ek is verbonde aan Die Volksblad, die landswye koerant en in my hoedanigheid as sosiale redaktrise. Die idee is dat ek die hele verlowing en uitvoering en inhuldiging moet dek en Meneer Du Pont was so gaaf om my in die kasteel te laat tuisgaan vir die duur van die funksie. Dis sal inderdaad ook insluit eksklusiewe onderhoude met Meneer Du Pont en Mejuffrou Du Pre sowel as van die hooggeplaaste gaste. Maar ek moet ook sommer dadelik sê dat die kasteel, fabelagtig soos dit is, ook sulke rillings teen my ruggraat laat speel en dis tog ‘n kasteel “nuut uit die box” soos my moeder sou sê. Ek kan nie my vinger daarop lê nie maar dis so al asof daar iets skort met die trap wat na bo lei.
Nou ja, ek het nog die een en ander te doen voor more-aand aanbreek soos ‘n besoek aan die biblioteek om agtergrond inligting in te samel aangaande Meneer Du Pont en Mejuffrou Du Pre. Ek kan eenvoudig nie ‘n omvattende onderhoud en ook artikel doen sonder die agtergrond rondom ons eregaste nie. Laat ek vinnig uitglip terwyl al die personeel so doenig is met die finale reëlings en my motor is hoeka ook nie die vinnigste wat daar is nie. Ek wil ook nou nie donker terug wees by die kasteel nie. Meneer Verkuijl, verskoon my inbreukmaking op u kosbare tyd maar ek moet dadelik dorp toe as u dalk net vir Meneer Du Pont sal inlig. Dis reg so Mejuffrou Velasques, ek sal aan meneer sê sou hy na u vra . . .
   To say that I’m elated is not quite the way to put it as it still is too early to say, maar dit wil lyk asof ek op iets tasbaars afgekom het en moontlik die eerste verwysings na die oorsprong van my katedraal. En die verskaffer van ‘n nuwe dosis hoendervleis en regop hare. Soos ek deur die koerante blaai, soekende na nog inligting rakende Du Pont en hierdie nuwe kasteel wat hy dan vir sy aanstaande gebou het, kom ek af op ‘n foto – in De Volkstem, waar Du Pont en sy aanstaande vir ‘n foto poseer; voor die “kasteel.” En die joernalis is toe ook Me. Velasques, een en dieselfde wat die verlowing/onthullingsartikels geskryf het. Hierdie foto is ook vir my ‘n klein oorwinning in die soektog na nadere inligting oor MY katedraal. ‘n Volgende koerant artikel beskryf die skielike wêreld toer waarop Me. Du Pre, in duidelike geheimhouding, op vertrek. Daar is geen fotos van hierdie skielike heengaan nie, net die kort persverklaring deur Du Pont dat sy verloofde op die wêreld toer vertrek het.
Do I smell a rat or do I smell a rat, and a dead one at that. Daar is geen beriggewing rakende die sogenaamde toer waarop Du Pre veronderstel is om te wees. Dit laat my ook wonder oor die gedaante wat ek by die deur van my gallery sien ingaan het. As ek so na die foto in die koerant kyk, dan sien ek sekere ooreenkomste met my katedraal maar daar is ook verskille en dan moet mens ook in ag neem die tydsvak verskil – van 1901 na nou, 2015 en daar was sekerlik ander eienaars wat ook die kasteel bewoon het. Du Pont was, toe hy verloof geraak het nie meer jonk nie en hy het ook nie opgevaar na die hemel soos Eliha nie. Sal sy graf seker vind waar hy te sterwe gekom het.
I was so absorbed in what I was doing that I never noticed the time, met my maag wat skielik protes aanteken. Tyd vir middagete en dan dink ek ek moet ‘n draai in die aktekantoor gaan maak. Siende dat die ontbyt ook maar skimpy was, maak ek wors met eiers, geroosterde tamatie, hash browns en black pudding en olywe, afgespoel met ‘n Guinness. Nou vir die Akte Kantoor. Daar is seker nog tyd, dis nou eers 2 uur, as ek in die Alfa spring. Nou ja, ‘n halfuur later is ek in die akte kantoor met my akte in my hand as bron document. Good afternoon Madam, how may I be of assistance to you, the gentleman behind the information desk says? Good afternoon Sir, I do hope you could assist me. Here are the title deeds to my house, if you wish. I wish to know the history of my house. It is not a new building and therefore there should be indications of when the first title deed was issued and to whom it was issued. Let me make a copy of your deed and then I’ll issue a search instruction. From the number I can determine it is quite old. Please let me have your contact details and I’ll let you know as soon as I’ve located the information as it may take a day or two. Oh the suspense but, thank you so much Sir, I’ll hear from you then, goodbye.
Driving home, I notice heavy thunder clouds building on the horizon, blue-black and roiling. My oh my, if the storm really is moving in, it’ll be my first in my cathedral. Oh God, that would be the experience then, wouldn’t it, what with all the goings on in the cathedral as it is. Thus, when I get home, I’ll start with dinner and a proper dinner at that and then we’ll just have to see what the evening delivers. If the storm really is bad, I might even end up without any power and in total darkness. Whatever happens, I most likely will be in for some serious classical music and . . . possibly a sighting.
Gabriella safely tucked away for the night, I enter my cathedral through the kitchen door. What will I make for dinner? I feel like celebrating my small victory this morning. I think I will have as a starter beef carpaccio followed by filet au poivre, roast potato and roast vegetables and lastly fresh fruit and yoghurt. Oh how I wish for a bottle of 1720 Stellenrijk Rouge but that is not to be for obvious reasons. It still was a lovely wine although ghostly at that. Under the circumstances it might even have been a most appropriate wine, it being ghostly. I think I’ll have the Chateau Rothchild 1948; it should be quite an enjoyable wine with the carpaccio and filet. Soon the most glorious aromas flooded my olfactory senses, making me salivate. Leaving the kitchen I walked to my little wine cellar for the Chateau ’48 and to have some music, choosing The Who’s Quadrophenia and at volume too. Up the stairs I go for a long soothing hot bath, sipping my wine and listening to the loud metal sound of The Who. Thinking it my imagination at first, the sound of Largo softly intermingling with The Who penetrates my ears. Even though my bath is almost scalding hot, I’m covered with goose bumps all over and getting that feeling of being looked at even though there is nobody around ‘except me.
When I got back into the kitchen, my gourmet dinner is just right and ready. I decide to have my dinner in the kitchen as it is so warm and snug, and I do not feel like going into the dining room, and not to mention the storm brewing. The carpaccio is so soft and tender with the Chateau complementing the meat, raw as it is. As I dish up the entree, the whole of my cathedral is lit up by a lightning flash, brilliant blue in colour immediately followed by an ear splitting thunderclap making me jump nearly through the ceiling. Hesitatingly at first, the rain increases in intensity to a continuous almost earsplitting roar, completely drowning out Beethoven’s 9th symphony. To say I’m eating in silence is an understatement.
Even though it is quite a severe storm, it also is somehow soothing and calming on the mind and soul, and if one listens intently, there is a symphony directed by the Creator playing outside of me cathedral. I’m certainly blessed to have my dinner with natures own musicians playing its music in perfect harmony. When my dinner was ended, I decided to have cheese and port in my little gallery, thinking it to be a good idea to just sit and look at the precious paintings and artwork and at the same time listening to the rain pattering on the roof and against the window panes. The lightning flashes casting the most beautiful patterns through the leaded glass windows in the gallery and at the same time creating an eerily sinister atmosphere in the room. As I was sipping at my port, I thought it my imagination at first but then I realised that the temperature in the gallery definitely has dropped to being cold in the room. So much so that I was goose bumps all over and with my hair standing on end.
 As the storm grew in intensity so did the lightning with the lights flickering, going out, flickering and going out, finally casting my cathedral in pitchblack darkness. Just then an especially bright and lenghthy flash lit up the gallery, almost blinding in intensity. With it came the feeling, as intense as was the lightning flash; that I am no longer alone in the gallery. I am nailed to my chair, chained, staring at the wall opposite me and at the same time seeing nothing so dark it is. Then! The softest of a brush on my shoulder, gently moving down me arm, touching my hand in the briefest of manner. I want to scream but my voice is mute, my mouth desert dry, my heart hammering away inside me almost as loud as the storm just as the next flash softly lights up the room and the shape of a woman floating towards the wall in which the fireplace is in. As she reaches the wall and fireplace, she looks over her shoulder towards me and extending both arms towards me and a pleading look on her face. And then she was gone, disappeared through the wall at the back of the fireplace.
The port in my hand seemingly forgotten, my arms and legs leaden as the lights flicker, flicker and then lit up the gallery as the power came back on. Every thing seems to be normal, nothing askew. I gulped down the port, a drenchling, holding the glass with both hands not to spill a drop for the shivering. Zombie-like I stumbled out of the gallery, up the stairs to my bedroom. Sleep to me is a long way off as I lay stretched out on my bed, or so I thought. The next thing I know is the sound of organ music floating through the cathedral, through my bedroom; strong and angry and at the same time melancholic.
The harsh sound of Bad Company’s Good Loving gone Bad, my cell phone ring tone jerks me back to reality. Who in God’s name would be calling at this ungodly hour, I think, only to realise it is past nine in the morning. Good morning this is Natalie-Dominique speaking! Good morning ma’am, this is John Makhubela from the Deeds Office speaking. Your documents are ready for you and you may pick it up at your leisure. My goodness but you were quick, I say and this really is service, thank you so much. I will pick it up during the course of the day. Is there any fees payable by me? Only the fee for the copying, which amounts to Twenty Rand and ten cents. Goodbye Ma’am.
Needless to say, I’m absolutely eager to get to the deeds office but before I go, I have to investigate the gallery, give it a closer look so to speak. The room does have a not regular shape and for which I would need the blue prints for me to attain absolute certainty. Giving the room a casual glance, it seems to be sort of normal. That is from the doorway to the gallery. Once inside it is clear the walls are not symmetrical, once one starts looking closely. Slowly I walk towards the wall in which the fireplace is situated. The funny thing is the gallery is extended past the wall by means of an arch into a smaller gallery with the fireplace wall definitely NOT its normal thickness and also at a diagonal angle. This is so weird. Walking over to the fireplace, I start to knock on the wall and there is the hollow sound. There must be an open space between the fireplace wall on the one side and the diagonal wall in the smaller gallery. Could it be . . .? Could it be that there in fact is a basement here and more precise a small concert hall with a pipe organ? Or is it preposterous to even think along those lines?
  When I visited “Het Heerengraght”, it was just a place I found on the internet and where I could escape to. There I could get into my car and drive off into the settling sun so to speak, but here it is not that simple. I bought my cathedral and at a premium at that. I can’t just climb in my Gabriella and drive off fleeing. Off I drove to the deeds office to get the proof of what I already suspect – that my cathedral was once built and owned by Du Pont. Proof of a concert hall underneath or below the gallery, turned into a sephulcre . . .
Being the personality I am, naturally curious, I couldn’t get home fast enough to scan the blue prints for the cathedral. There it is – an enormous room beneath where the gallery is, according the building plans. What I need now is a sledge hammer and some strong hands to break down a portion of the wall. A call to a small construction company results in the dropping off of a strong pair of hands and a sledge hammer. Come on in, I say to the young man with the sledge hammer; please come with me; at the same time leading the way to the gallery. I want you to locate the best spot on this wall to break through, for that is what I want you to do – break a hole in this wall. After some tentative tappings against the wall, the first proper hammer blow hits the wall to the left of the fireplace, a meter or so away to the left. Nothing seems to happen except for a few dents in the cement when, suddenly the hammer head knocks through the wall, knocking a few stone into the hole.
Enlarging the hole seemed as if at a snails pace with me literally walking on red hot caol. Then the hole was large enough to crawl through. Grabbing a torch, I stuck my head through the hole and there it was – stone steps leading down into a seemingly large hall. Crawling through the hole, I ask the young man to please follow me because I’m scared as in shitless for what I might find. There is a musty mouldy smell wafting up from below, getting stronger and more putrid as I descend down the steps. Then I was inside what clearly must have been the concert hall, complete with the remnants of a huge pipe organ standing a few meters to the left of the steps facing the room with a number of theatre chairs still in rows, the velvet of the seats hanging in tatters from the antique cast frames.
Slowly I step down the last of the stone steps into the hall, shining the flashlight in arcs through the hall. Walking around the organ, my flashlight jerked to a stop on something lying in a bundle on the organ bench. On closer look it appears to be material of some kind and . . . what appears to be a skeleton inside the material. My legs feel like gelatin and I’m cold to my stomache. As I move closer, I see that the scull and part of the upper torso or what is left of it, is lying across the keybord, with some of the long bones lying in a heap underneath of what is left of what must have been a dress. Is this the remnants of Ms. Du Pre? Was this her very last concert and she never actually left on a world tour? Did Du Pont kill her and then closing up the concert hall?
At last all of the officials are up from the sepulchre with a small container holding the remains, the skeleton and the remnants of the dress. Taking one last look, I turn around, ascend the stone steps and into the gallery. Pouring myself a strong Bushmills 10 year malt, I walk out the front door and sitting down on the granite steps, staring out over houses down in the dale, suddenly realising tears are running down me cheeks. Sensing rather than seeing the presence of someone, I still let out a little scream hearing a quivering voice asking permission to sit down next to me, only to notice a stooped old man standing at the bottom of the steps. Aye sure please sit down and please forgive me my bad manners.
May I offer you some refreshments – whiskey, wine or some cold beverage? No thank you Madam, I won’t keep you for very long. I only wish to introduce myself to you, wanted to do so since you have moved in. I have noticed the care you took when furnishing the cathedral. I have noticed the care you took with all the old priceless art and paintings. I also noticed that you found the door behind the fireplace, only today. Please let me introduce myself: my name is . . . Geerd Du Pont. Have a pleasant stay. And then I was sitting alone on the granite steps with my hair standing on end and shivers playing musical chairs on my back. 

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Re: Die deur agter die kaggel
« Reply #1 on: November 03, 2016, 09:13:57 PM »
Scary story. Het geniet om dit te lees. Naels Kou tot op die einde.
Upington is nie vir sissies nie.