Author Topic: Eksosentriese Komposita  (Read 16930 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Eksosentriese Komposita
« on: June 23, 2011, 04:25:27 AM »
Eksosentriese Komposita: Die kruiemiddel waarmee daar kleur en geur aan die alledaagse spreektaal gegee word. Met die gebruik van hierdie woordeskat probeer skrywers/digters om holruggeryde woorde te vervang met meer oorspronklike en treffende uitdrukkings. Daar is soveel pragtige voorbeelde wat ons kan gebruik. Ek haal 'n paar kleurvolle woorde aan wat my nader gelok het:

Klipneuker (skertsende naam vir geoloog)

Eenpotjie-knapsak (benaming vir vrypostige kind)

Jan-suur-in-die-maars (aanstellerige persoon)

Hempie-raak-my-gatjie-nie (iemand wat gou kwaad raak)

Half-koffie-half-melk (kleurling)

Antjie-tatarat (skinderaar)

*Kleurvolle groete op die vraag hoe gaan dit met jou?
Houtbank / goed voorspoedig lekker

Fyntonne / Klopdisselboom

Fluitwiel (Namakwalandse positiewe groet)

Oopketel / besonder voor die wind (Namakwalands)

Loskatrol / voorspoedig verloop.

*Negatiewe antwoord op hoe gaan dit:
Beenkou: swaar (Bolandse Afrikaans)

(op) baadjieval / deurmekaar

Hakskeen-stootskeen / moeilik, swaar

*Ander naam vir 'n polisieman:
komkommerkuit

*Ander name vir berede poliesman:
Gou-gryp

Bottelbeen

Bloubottel

Bloujas

Platpoot

Gesperbeen

Doringhakskeen

Goewermentpaal

Hardehoed

Hardekuit

Koperknoop

Hierdie klanknabootsende woorde (onomatopeïiese woorde) vorm deel van ons eksosentriese komposita:

Koes-koestertjie (vanweë die voëltjie se koes-koes bewegings)

Sing-singertjie (sonbesie wat skril skreeu op warm somerdae)

Piet-tjou-tjou

Piet-ses-perde-wa

Koekoek

Tinktinkie

Toktokkie

Kokkewiet

Hok-hok (bromvoël)

Gor-gor (karnivore vissoort)

Doem-doempie (soort muggie)

Gat-gat (insek)

Kon-kon (soort akkedis)

Kwikkwikkie (kwikstertjie)

Dirkdirkie (geelbruin kortstertlystertjie)

Hoep-hoep (voël)

Dik-dik (bok)

Tjor-tjor (steenbras)

Ek het beskrywende woorde vir sterk drank (alles sinonieme - dit sluit die titel ook in) gebruik vir die skep van hierdie gekrimpte vers
 
Bolandsous

Hanepootekstrak
pa-ja-vir-ma
rinneweersappies
spel
huismoles!

©Meraai vannie baai


*BRONNE:
Tydskrif vir volkskunde en volkstaal
Kok, B. Humor in ons volkstaal
Sappige sêgoed uit Namakwaland
Afrikaans uit vroeë tyd
« Last Edit: June 23, 2011, 04:33:43 AM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Eksosentriese Komposita
« Reply #1 on: June 23, 2011, 04:30:12 AM »
PM het lank gelede op hierdie taalhulp die volgende pragtige bydrae vir ons aangedra  :book1: :notworthy:

Piet Magriet:
Ons het altyd van die tarrentale gepraat as 'n tjirr-tjirr of tjirr-tjirretjies

Ons het 'n tortelduif in die tuin. Hy sê altyd vir sy maatjie:
"Sit-'nbietjie-soentoe! Sit-'nbietjie-soentoe! (Die "soen" word 'n bietjie langer uitgespreek en die "toe" is kort.

Piet-my-vrou.

toe-toe = kry nou klaar

pie-pie = ‘n klein kind wat kamer verlaat

donder rommel = swaar weer

kiep-kiep = hoender

tjoek-tjoek = trein

miow-miow = kat

kee-kee-kee = Langvlerkstormvoël

warra-warra = Witmalgas (ook gebruik in “moenie hier
kom warra-warra nie” kom bog praat nie.

pok-pok = Bosluisvoël

kek-kek = Ralreier

ra-ra-ra = Dwergrietreier

honk-honk = Grootflamink (ook gesê van die geluid van ‘n toeter)

ha-ha-dha-dha = Hadeda

kok-kok = Glansibis

tsui-tsui = Dwerggans

kok-kok-kok = Witaasvoël ook ‘n Enkelbandslangarend

kyow-kow-kow = Visarend

hok-ok-hok = Bruinslangarend

koow-koow-koow = Swartborsslangarend

crok-crok-crok = Dubbelbandslangarend

klooee-klooee = Breëkoparend

kewee-kewee = Kroonarend

klee-klee = Afrikaansejagarend

kow-kow-kow = Witborsjakkalsvoël

pee-pee-pee = Witkruispaddavreter

chip-chip = Dwergvalk

keep-keep = Ovambosperwer

kik-kik = Kleinsingvalk

tu-tu-tu = Kleinsperwer

kee-kee = Rooiborssperwer

kak-kak-kak = Edelvalke en ook ‘n Swerfvalk

kree-kree = Teitavalk

kie-kie-kie = Rooinekvalk

kiek-kiek-kiek = Afrikaanseboomvalk

keee-keee = Dickinsonse Valk

kiek-kiek = Kransvalk

krraae-krraae = Bosveldfisant

cackalac-cackalac = Kaapse Fisant

chee-chakla, chee-chakla = Bospatrys

kek-kek-kek = ‘n Gewone Tarentaal

keet-keet-keet = Kuifkop Tarentaal

ooomph-oomhp = Bromvoël

kree-kree = Bondkwartel

crwee-crwee = Afrikaanse Kwartel

ooooop-ooooop = Kaapse Kwarteltjie

duk-duk-duk = Kleinkoningriethaan

tik-tik-tik = Gestreepte Riethaan

qurr-qurr = Kleinriethaan

gu-duk, gu-duk = Rooiborsvleikuiken