Author Topic: ierland 2015 #13 Hurling  (Read 4190 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
ierland 2015 #13 Hurling
« on: August 25, 2015, 08:05:01 PM »
ierland 2015 #13 Hurling

Hurling is die gewildste sport in Ierland, Irish football 2 de, sokker 3 de en rugby is 4 de.

ons het komplimentere kaartjies gekry om die wedstryd te gaan kyk. Dit was 'n groot en belangrike wedstyd

Hurling word op 'n veld gespeel, effe groter as rugbyveld. Daar is 2 doelhokke soos by sokker en bo oor die doel hokke is rugby pale. Die bal is effens groter as krieketbal en jy slaan die bal met 'n paplepel......mmm hokkiestok met 'n groot kop. 15 aan 'n kant maar hulle staan die veld vol. dit is die vinnigste bal spansport wat op 'n veld gespeel word. die bal kan geslaan word, geskop word, met die hand gevang word en jy mag 4 tree hardloop of jy kan die bal op die stok se plat kant balanseer en dan mag jy hardloop. voor die doelhok is doelwagter. in die doel is 3 punte en bo oor is 1 punt. Ek het gesien dat die een man 'n doel op seker 75 meter slaan oor die pale vir 1 punt.
Die doelwagter kan nie die bo oor doele keer nie, dis te hoog.


















met halftyd was baie mense op die veld met hulle hurling stokke en balle.















na die wedstryd is een of ander beker oorhandig en die meeste mense van die pawiljoen was op die veld. Dis hoe beskaafde mense na sport kyk en hulle gedra en dan ook toegelaat word om op die veld te gaan na die tyd.






as mens dit in sommige rugby ondersteuners se koppe kan kry dat dit net 'n speletjie is:



en ons span het gewen



« Last Edit: August 25, 2015, 08:08:57 PM by AB »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: ierland 2015 #13 Hurling
« Reply #1 on: August 25, 2015, 11:37:10 PM »
Baie insiggewend gewees dankie AB. Voorheen nog nooit eers van die sportsoort gehoor nie. Die woorddief het ietsie gegaps vir die woordmandjie hoor  :icon_bigsmurf:

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: ierland 2015 #13 Hurling
« Reply #2 on: August 26, 2015, 07:50:30 AM »
is reg so. kyk die telbord, eerste syfer wys hoeveel doele x 3 punte en 2 de syfer wys hoeveel oor die pale x 1 punt

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: ierland 2015 #13 Hurling
« Reply #3 on: August 26, 2015, 09:00:27 AM »
It is quite an interesting sport and very big in Ireland. I did watch a few games on telly when I was in Ireland in April

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: ierland 2015 #13 Hurling
« Reply #4 on: August 26, 2015, 01:30:29 PM »
Much more exciting than rugby...

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ierland 2015 #13 Hurling
« Reply #5 on: September 04, 2015, 05:09:31 PM »
Dankie vir die deel AB.
Om te weet is om te verstaan.