Author Topic: ierland 2015 #2 Trim  (Read 3727 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
ierland 2015 #2 Trim
« on: August 21, 2015, 07:21:46 PM »
Ons het by die lughawe 'n motor gekry wat oom Jimmy en sy seun vir ons gehuur het. Ons het toe na Trim gery, dis 'n dorpie aan die buitewyke van Dublin, seker sowat 45 km van die lughawe af. Teen die tyd was ons al lekker moeg, min geslaap die laaste 34 uur. Ons was ook al honger en dors.
Stop toe langs pad by die pub/restaurant.





baie geboue is met blom bakke versier, die mense is bly oor die somer.


die eerste ding wat ons bestel het was 2 van die biere, want die dors was groot.



ons ry toe verder (8 km) na Trim en sien die eerste en beste gastehuis en vra of hulle slaap plek het. Ons hoop i slaag want dis hoog vakansie seisoen in Ierland. Die skole in Europa het lang vakansie. Daar is toe nie plek nie maar die vrou sê wag net gou ek skakel iemand. Kom sy terug en sê haar vriendin het 'n kansellasie en ons is welkom. Dis so teen die kant van die dorp.
Die son het 6 uur se kant in Dubai (plaaslike tyd ) op gekom en gaan eers 22h00 uur onder in Ierland en Ierland se 22h00 uur is 3 ure later as Dubai se 22h00 uur. Ek het daardie dag my langste daglig dag tot nou toe nog beleef. van sonop tot sononder 'n hele 19 ure. Ons was vrek moeg en teen 21h00 was ons in die bed en vas aan die slaap. Dis vreemd om te gaan slaap as die son nog skyn en môre oggend kom die son 5 uur op en daar is nog 1 uur skemer ook voor sonop en na sononder.



Trim dorp



baie blomme in bakke en potte








kasteel 2 a vervolg

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ierland 2015 #2 Trim
« Reply #1 on: August 21, 2015, 09:36:08 PM »
Ek lief die blomme orals oor.  Dit is werklik wonderlik mooi.  Oe! Daai bier.  Dit lyk soos engeltjiepiepie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: ierland 2015 #2 Trim
« Reply #2 on: August 21, 2015, 11:32:40 PM »
Kuier saam in oorgawe! Stem saam PM, daai bierrrrr  :angel4:

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: ierland 2015 #2 Trim
« Reply #3 on: August 22, 2015, 08:06:57 AM »
daai blomme is pragtig en ons het dit van die noorde tot die suide gekry. Dit moet 'n kultuur ding wees om die strate en huise so te versier.