Bak en brou > Seekos

'n Degie vir uieringe of kalamari.

(1/3) > >>

PM:
Hier is 'n heerlike kraak degie vir kalamari, prawns of uieringe. 
Die kalamari bak jy 'n minuut aan elke kant en die uieringe so drie minute.  Die prawns bak totdat dit pienk is.  Die hitte van die olie is so 180 grade C.

Meng 1 koppie meelblom
1 teelepel paprika
1 teelepel bakpoeier
sout
peper
met 1 botteltjie bier. 

Meng nou 'n driekwart koppie mezina daar by.  (Die degie moet nie te slap wees nie.)


Gebruik 'n sosatiestokkie, of iets soortgelyk, om die kalamari of uieringe daarin te doop en in die olie te plaas.

Dit is "kraakvars"! 

Meraai vannie Baai:
Hierdie ene geboek vir die Lock menu hierdie week  :notworthy: :hello2:

Naas:
Op die oomblik is Naas mos nou weer te veel en mag hy niks eet wat in die resep is nie.



 :icon_bigsmurf:

PM:
Ag nee, ek hoop dit is van korte duur Naas.

Naas:
Ek moet 40kg verloor sodat hulle my rug kan probeer regmaak.


 :icon_bigsmurf:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version