• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Ek leef nog hoor :)

Started by Meraai vannie Baai, August 05, 2015, 12:27:41 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Dankie matertjie, ek sal so maak. 
Die mense hier in Pretoria stad is baie ongeskik.  Ons ry gister na Santon toe, en soos Naas se storie van hoe mense voor hom indruk kom toe net so waar.  Onbedagsaamheid waaraan ons nie meer gewoond is nie.  In Leeupoort is ons soos een groot familie, almal groet almal en almal is vriende met almal.  Wat 'n wonderlike voorreg.  Ons weet sommer dadelik wanneer vakansiegangers daar ry.  Hulle is nors en dikbek verby! 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ken ons daai dikbekgeit! Vaderland ek kuier vanaand soos van ouds. Dankie vir jou woordspore oral gelaat matertjie. Die forum sommer weer lewe. ONS HET JOU GEMIS!

PM

Kan ek nie genoeg kry nie!  Moet my gaai deur 'n stort gaan trek sodat ek gereed kan wees as manlief skakel, maar nee, ek sit hier vasgevang, uitgehonger!
Dankie dat julle my gemis het.  Ek wonder wat het van die ander geword?
Om te weet is om te verstaan.

PM

Hier eindig my sessie  nou.  My klokkie het gelui.  Sodra ek terug is kom kuier ek weer saam.
Lief julle vleeslik baja.
Om te weet is om te verstaan.

PM

Nou gaan ek eers weer my rondte van Vader Cloete by die hossietaal doen.  Sal kom rapporteer as ek terug is.   :wave:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ons ook weer terug by die huis. Hoop dit gaan beter met Hannes. Veilig terug ry en hoop jy kom kuier sommer gou weer tussen die lyne met ons.

PM

Ons gaan eers vanoggend ry.  Ek kyk gou of ek 'n paar woorde kan inkry voor ons ry.  Dit is mos nooit lekker om terug te gaan huistoe nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek het gou voor slaaptyd weer kom loer wie sluip in die forumgange rond  :toothy4: Lekker gewees om jou raak te lees mater  :love7:

PM

Naas raas juis omdat jy nie meer in ons slaap praat nie.   :icon_biggrin:
Waar dink jy is ons Uppingtonmaatjie. 
Om te weet is om te verstaan.