Ons Publiseer Saam > Koestergoed vir boek 3

Geen Belangstelling - Uitnodiging Gesluit...

(1/2) > >>

Angelica:
As gevolg van geen belangstelling, het ek besluit om myself te onttrek van Boek 3 - Resepteboek.  :crybaby2:
Het gehoop ons kon 'n heerlike boek saamstel met resepte uit kombuise van oor die land. En miskien ook uit Gatkant-land.
Het gedink aan Louis wat vir ons die seekos-afdeling kon doen en AB wat ons kon inlig watter wyne met watter geregte saamgaan.
Dit gaan nie realiseer nie.
En dit is jammer, want dit kon 'n pragboek word.

Meraai vannie Baai:
Oi dit jammerte maar ek verstaan dat jy dit nie alleen kan doen mater. Sterkte met jou eie bewaringsprojek van jou familie gunstelinge. Dit is alreeds vir ons wat hier lees, 'n heerlike saamkuier om die tafel.

Angelica:
Ag, miskien is daar al 'n ooraanbod van resepteboeke in boekwinkels.  Ook in eie kombuise.
Nou gaan ek fokus op myne.  My dogter gaan die uitleg doen en ek het al 'materiaal' gaan uitsoek en beplan nou volstoom.
Dit gaan nie die konvensionele 'boek' wees nie.... 
Miskien sal ek foto's hier kom plaas.
Dankie vir jou belangstelling, Meraai.

Meraai vannie Baai:
Sebliefffffie kom plaas vir ons fotos. Ek wil saamlees en -kook  :hello2: :notworthy:

Marinda Kemp:
Ek wil ook sien asseblief

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version