Author Topic: Die Spens...  (Read 13706 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Die Spens...
« on: July 12, 2015, 04:45:43 AM »
Ek weet nie van 'n huis, dis nou toentertyd se huise, wat nie 'n spens gehad het nie.
'n Heerlike (pun intended), kleiner kamertjie in die huis waar al die kullinere produkte uit Ma se hand op rakke gepak was.  Vir latere verorbering.
Ook sommer vir mooigeit en om ons smaakkliere en -knoppies te tart.
Ek onthou die mooi hout rakke.  Ek onthou op die boonste rak het 'n dubbele ry egte Consol bottels gestaan met daardie geelperskes in stroop.  Soos krale ingeryg op die boonste rak. Goudgeel halwe perskes gekook in 'n heerlike stroop. Stroopsoet. Ek kon nie wag vir wanneer Ma een van daardie bottels oopmaak en dit voorsit met dik, warm custard. Deesdae is dit mos 'vla'.  Daardie tyd was dit 'custard'. Same thing, maar toe het dit anders gesmaak.  Eg gesmaak.  Niks het uit boksies gekom nie.
Daar was ook halwe lemoene wat met hul vleiskant na jou gestaar het, gevra om op warm brood en plaasbotter ge-eet te word.  Jy het so 'n halwe 'jam'-lemoen op jou bordjie gekry met 'n bietjie van die dik, gestolde jellie daarby en dan het jy 'n sny louwarm brood met egte plaasbotter daarop verorber.  Marmalade.  Natuurlik was daar ook Consol bottels vol van die fynste genyde lemoenskil wat ook tot hierdie heerlikheid gekook is, maar my smaak het geval op daardie halwe lemoen.
Ek onthou hoe sit Oupa en boontjies kerf.  En wortels krap met sy messie en wat later in dun ringetjies gesny word.  Die word dan saam met die boontjies gekook in 'n ligte kerrie-sous en dan gebottel.  Slap Hakskeentjies. Kwartel eiertjies. Sousboontjies... Die rakke het gekreun. Ek weet. Ek was daar. Ek het dit ge-HOOR kreun.
In die een hoek was daar die hoekkassie, maar wat daarin was, kan ek nie onthou nie.  Net die strykysters kan ek onthou. Sulke swaar, swart ysters wat op die stoof of Primus warm gemaak is en ons klere moes glad stryk. Maar ek sou graag daardie hoekkassie in my huis wou he. Agter die deur was sulke metaal 'bins' waarin die meel en rys en droe boontjies en wit mielies in gebere was.
Die hordes breekgoed was op die onderste rakke gehuisves. Mooi-goed.  Gebruik-goed. Ge-'chipte' goed. My voorvaders se Delft bakke en vleisborde het ook daar gestaan.  In gebruik.  Nou word dit tussen tissue-papier en bubble wrap weggepak. Ware 'treasures' vir ons nageslagte.  O, as ek net 'n spens kan he!!
Die Spens het ook die klein streepmuis gehuisves.  As ons aan tafel sit, Pa met sy rug na die Spens-deur, het die klein parmant sy verskyning gemaak. Mak soos 'n lammetjie. Pa het hom 'n ryskorrel of broodkrummel ge-offer en die klein diertjie het dit gretig aanvaar.  Daardie scene sal ek altyd in my ronddra:  Pa, die onverskrokkene wat 'n klein streepmuis, tot vermaak van sy kroos, 'n krummeltjie offer.
Ek se weer: O, as ek net 'n spens kan he!!
« Last Edit: July 12, 2015, 04:50:57 AM by Angelica »
elle

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die Spens...
« Reply #1 on: July 12, 2015, 10:16:18 AM »
Tel ek my seeninge een vir een dat ek jou grootste versugting met die oge kon verslind vanaand  :hello2: :love7:

Offline Angelica

  • Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Die Spens...
« Reply #2 on: July 12, 2015, 11:59:12 AM »
Dankie vir die lees en kommentaar daarop.
Dis nie vir almal koestergoed nie.  Wel vir my.
En hoe ouer ons word, hoe meer koester ons al die ou goed.
elle

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die Spens...
« Reply #3 on: May 28, 2018, 11:10:57 PM »
Wat 'n heerlike leesgenot was hierdie stukkie onthou uit jou gistertye nou weer vir my Elle  :notworthy: :hello2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Spens...
« Reply #4 on: June 20, 2018, 04:58:39 AM »
Oeee!  Elle, dit is kosbaar.   :hello2:    :occasion14:
Om te weet is om te verstaan.