Author Topic: My Engelse gedigte - met permissie  (Read 1575 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
My Engelse gedigte - met permissie
« on: May 27, 2018, 09:44:55 PM »
Alhoewel ek twee gedigte onder my bundel afdeling geplaas het, het ek dit goedgedink om hulle dalk eerder hier op die werfie gesamentlik te kom plak:

EVENING STAR


EVENING STAR
What can you bring for me?

Pick me the evening star
And by its guiding light
We’ll travel roads together, near and far

What do I need from you?

A basket full of hope picked from a tree
From  highest branch reaching  the blue, blue sky
And like a winged bird, together we might flee

What can you do for me?

Cut from that bush a deep red rose
And lay it gently in my waiting lap
With gentle lips, read me your sentimental prose

What do you want from me?

Forever, once again, to be completely me
To dance with you as once we did before
But oh, my love, alas, it now can never be

The evenin' star, so bright
The rose so red and hope so near the sky
Have all been lost with evenin's last dull light



Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: My Engelse gedigte - met permissie
« Reply #1 on: May 27, 2018, 11:13:57 PM »
Wanneer ek 'n gedig lees val sekere 'structures' selfs binne die raamwerk van 'freestyle' my nog steeds op en hier sou ek die 'template' uit die vier vrae in jou pragtige woordskepping kon voorhou,  Myself die vrae gevra en beantwoord. Verstommend wat dit oor onsself verklik!

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: My Engelse gedigte - met permissie
« Reply #2 on: May 28, 2018, 07:33:38 AM »
Goeie more liewe Meraai. Wat 'n interessante gesprekspunt open jy hier vir ons met jou gewaardeerde kommentaar.  Ja, dit is wat so wonderlik is van die digkuns, en eintlik alle kunsvorme in alle genres.  Mens kan dit soos jy noem as 'n 'template' gebruik vir jou eie omstandighede, gevoelens en denke.  Dit is waarom liedjieskrywers en sangers sekerlik elke dag 'n broodjie op die tafel het.  Vandag nog, eeue later, sit ons met digkuns van meesters soos Shakespeare, Shelley, Keats, Wordsworth, Leipoldt, A.G. Visser en sovele meer, en bespiegel maar en plaas ons eie interpretasies daarin.  Soms is dit deel van 'n kunsvorm se misterie.  Dat ons nooit regtig sal weet nie.  'n Goeie voorbeeld hier is die Mona Lisa, ne?

Hierdie gedig kan in vele opsigte geinterpreteer word, die vrae en antwoorde leen dit perfek daartoe.  Dit is so dat dit 'n kopgesprek van vrae en antwoorde is in die digteres se kop.  Kan dit wees dat omstandighede, soos afsondering en onttrekking hoop, rigting en liefdesbetoon onmoontlik gemaak het?  Dat sy nie onveranderd daardeur gelaat is deur die jare nie?  Dat sy juis daarom nie die een versoek van haar geliefde, naamlik om steeds die meisie van lank gelede te kan wees, aan kan voldoen nie?  En dat dus daarom die hoop, rigtingslig en blyke van liefde daarom verwelk en onmoontlik gemaak is? 

Mens moet ook nooit seker uit die oog verloor dat om 'n gedig te chronoliseer 'n goeie idee is nie.  Dit is veral met ou meesters se werke bewys.  Analiseerders het probeer om die tydsaspek waarin dit geskryf is, te gebuik as 'n tool om die omstandighede te bepaal en sodoende sin uit die kuns te maak.  Onthou, kunsttenaars het 'n 'file' in hul koppe.  En wanneer hulle geinspireerd, of doelmatig, weer begin skryf, diep hulle soms daardie inligting op as materiaal.

Ai, hoe lekker was dit nou net nie om weer so lekker en kreatiewe sinvolle gesprek te kon voer nie!
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: My Engelse gedigte - met permissie
« Reply #3 on: May 28, 2018, 08:22:51 AM »
As hier nou 'n like knoppie was, het ek hom sommer drie keer gedruk  :notworthy:

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: My Engelse gedigte - met permissie
« Reply #4 on: May 28, 2018, 08:30:10 AM »
Ek mis ook so  vinnige knoppie!  Ai, het ek nostalgie nou!  Het in ons woordkroeg gedraai en die onthou is amper oorweldigend.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: My Engelse gedigte - met permissie
« Reply #5 on: May 28, 2018, 08:49:52 AM »
Ek het vir ons 'n glasie gaan lig  :evil6:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: My Engelse gedigte - met permissie
« Reply #6 on: August 15, 2018, 03:10:59 AM »
Die lewe wat saam met die aandster vervaag in donkerte. Die mooi wat dan net in herinnering van die geestesoog bly.
Die gedig raak my op vergete plekke.
 :icon_scratch:
Die aandster word weer die oggendster. Die geboorte van nuwe dinge. Die "lig in die tonnel"
Wat was eerste? Die hoender of die eier? Die aandster of die oggendster?
'n gedig wat denke aan die hand vat en daarmee loop.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: My Engelse gedigte - met permissie
« Reply #7 on: August 15, 2018, 07:28:39 AM »
Dankie Naas!  Ja, die lewe bied soveel vrae, en soms so min antwoorde.  En soos ons ouer word raak ons al meer ongeduldig vir die antwoorde, vind ek.  Ek het groot waardering vir jou parkeer hier en die voetspore.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!