Author Topic: Sampioen en Tiemie Skons...  (Read 2669 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Sampioen en Tiemie Skons...
« on: April 19, 2015, 01:33:38 PM »
Sampioen en Tiemie Skons...
80g Botter plus ekstra om die pan mee te smeer
150g bruin sampioene, skoongemaak en gekap
250g meel
1 tlp bakpoeier
1/2 K Karringmelk
1/2 K Melk
2 tlp tiemie-blare
Sout
Maak dan so:
Voorverhit oond tot 200C
Smeer 'n bakplaat
Smelt 1tlp botter en braai sampioene tot sag.  Hou eenkant
Meng dan die meel, bakpoeier en sout. Vryf die orige botter in tot krummelrig.
Voeg by:  sampioene, karringmelk, helfte van die melk en die tiemie blaartjies.
Meng die deeg liggies, voeg nog melk by as dit te droog is.
Keer die deeg op 'n oppervlak wat liggies bestrooi is met meel en druk liggies met jou hand plat.
Sny in vierkante, ongeveer 8 en plaas op die bakplaat.
Verf met orige melk en bak vir 15-20 mins.
Sit voor met ....  Gerookte Snoek Patee....  of enige van jou keuses.
++++
elle

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Sampioen en Tiemie Skons...
« Reply #1 on: April 19, 2015, 01:40:29 PM »
Dit klink lipsmak,-lekker.


 :icon_bigsmurf:
« Last Edit: April 19, 2015, 06:27:35 PM by Naas »
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Sampioen en Tiemie Skons...
« Reply #2 on: April 20, 2015, 05:58:59 AM »
Ek is al te stemmerig vandag, lol - stem alweer saam Naas. Dit klink heerlik verby Elle.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Sampioen en Tiemie Skons...
« Reply #3 on: April 25, 2015, 01:21:55 PM »
Dit is regtig baie lekker.
Ek sou wou weet hoe julle dit vind as julle dit gemaak en geproe het.

elle