Oeps! Daar het jy my nou aan die dink Stof.
"Maar", is in een opsig 'n voegwoord. "Hy het oë, maar hy kan nie sien nie." (Dit is hoekom in hierdie sin, daar 'n komma voor "maar" moet wees.) Ek sien dit in die lig van teenstelling. Twee feite wat teenoor mekaar staan, soos "die ander sy van die munt", of "die saak het twee kante".
"Maar" kan ook gebruik word as 'n sydelingse teenwerping. "Maar verstaan jy dan nie?"
"Dit is nou maar eenmaal so..." Maar, net, slegs.
Hier is "maar" 'n bywoord. Die funksie van 'n bywoord, is om 'n werkwoord te ondersteun.
"Maar" kan ook as 'n selfstandige naamwoord in die meerfoud gebruik word, 'n teenwerping of 'n beswaar: "Jy kom altyd met mare." of "Dit is 'n toegewing met 'n maar." 'n Voorwaarde.
Wat dink jy nou van die woordjie "maar".