Author Topic: Aflosstok van daeraad  (Read 1565 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Anze

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 13
  • Gender: Female
    • Ink skryf in Afrikaans
Aflosstok van daeraad
« on: March 06, 2015, 02:23:31 PM »
Ek is nuut hier.. maar wil voorbarig wees en al die ander lede vra om asb my werk te krit. Sal dit baie waardeer, het nog so baie om te leer!

Aflosstok  van daeraad

as die Hemeltoorts op Westerkim,
sy oë moeisaam knipperoog
oor wêreldlinge van parnevu
tot by Kop- en pootjiesdraai
tussen konkavuur se oranje-rooi
wolke moeg en skaam gegaap
gereed maak vir skemer-uur 
se oorgangstyd

saggies aflosstok kom
aangegee aan Nagson
wat vanaand maar aan
sy sekelstert hang
waar steeds in vervoering
van gisternag se middernagfees
tussen die melkwegbrug
en Orion se tree

© Anzè Bezuidenhout
« Last Edit: December 15, 2015, 02:31:01 PM by Anze »
Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gedigte - Anze
« Reply #1 on: March 06, 2015, 02:27:26 PM »
Baie wlkom Anze.   :hello2:

Dit is baie mooi geskryf voorwaar.  Baie dankie vir die deel.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Gedigte - Anze
« Reply #2 on: May 22, 2015, 10:22:48 AM »
PM as dit dieselfde Anze is wat ek ken, sy is bAie goed. Welkom Anze.

Offline Anze

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 13
  • Gender: Female
    • Ink skryf in Afrikaans
Re: Gedigte - Anze
« Reply #3 on: May 22, 2015, 03:43:01 PM »
PM as dit dieselfde Anze is wat ek ken, sy is bAie goed. Welkom Anze.

Baie dankie kosbare Ans vir jou verwelkoming en die groot kompliment, ek kom maar min aanlyn jong.. sal n punt daarvan maak om meer in te loer
Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Gedigte - Anze
« Reply #4 on: May 26, 2015, 01:43:35 PM »
Bly jy is hier. Ek was ook laaste tyd maar skaars maar gaan my bes doen in die toekoms.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gedigte - Anze
« Reply #5 on: July 01, 2015, 05:01:56 PM »
Oe, al die beloftes!   :icon_biggrin:   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.