Die kuierstoep > Die kiekiekyk plek

Kom ons maak rooiwyn

<< < (2/10) > >>

PM:
Hier sit ek ook en wag met duime geknyp om te sien wat gebeur volgende. 
Dankie vir die deel AB en vir dit wat nog kom!   :hello2:

AB:
Op die oomblik druk ek dit elke 2 tot 4 ure deur vir kleur en geur en neem die suiker.
Vannag iewers as die suier 13 bereik wil ek bietjie aftap en fortifiseer om port te maak.
Die res gaan nog gis tot dit droog is en dan noem mens idt jong wyn.

Meraai vannie Baai:
Nooit te oud om te leer nie  :icon_salut:

PM:
Nou hoe maak mens port?   Hoe lank moet die "jong wyn" wag voordat dit "volwasse wyn" is?   :icon_scratch:

AB:
Geldige vraag PM.
Ek sal verder probeer verduidelik en sommige met prentjies.
Ek het die voorreg om baie oggende tussen 4 uur en 5 uur te begin oes. Dan sien ek hoe die dag breek. Elke oggend lyk anders




Hier is die sap aan die gis. Die pype teen die kante is die verkoelings water. Ek het  'n 500 liter bak water teen 4ºC in 'n koelkamer op wiele en 2 fomtein pompies met elkeen deur 'n 15mm koper spiraal pyp gaan om koud te maak. Met die gisting proses word hitte vrygestel en die mos moet nie te vining gis nie. tussen 20 en 25ºC is reg. Waneer die temp by 24 of 25 kom het ek die pompies aangesit en na 4 ure waneer ek weer kom deurdruk is die temp maklik 18 of 19º. Dit werk te goed. Ek het toe die yskas warmer gestel en later was die water 10ºC maar steeds baie vinning afgekoel. Ek het baie van die verkoel geleer vanjaar, sal vlg jaar die verkoel water dlak teen 12 of 15 hou om nie so drasties vining af te koel nie. EK het klompie ys bottels in vrieskas vir bystand indien nodig maar was nie vanjaar nodig nie.

Die wit stokkie wat daar uitsteek is die suiker meter wat ek as termometer ook gebruik om die hitte van die brousel te bepaal.




Die sap voor gisting, na 2 dae se koue stil lê op die doppe. Die klue ris reeds pragtig en die sap smaak heerlik.



Gis word met lou water en sap aangemaak en by die sap gevoeg en gemeng



Nog 'n lieflike sonopkoms wat ek beleef het



en nog een


uitsig vanaf die oesmasjien



Hier het ek als gereed gekry om port te maak.
Die rooiwyn gis van 25ºB tot droog en die soppe word dan gepers om die laaste sap uit te druk. Dit gaan ons môre oggend doen. Die suiker is nou 3,5ºB. Gaan dit op minus 1.5 doen.
Port word ook so begin maar op 13ºB word dit gefortifiseer met spiritus (witblits)
Ek het so 750 ml witblits hier gehad en kon daarmee 4.5 liter fortifiseer. Fortifiseer is om die alkohol in die wyn te verhoog na tussen 16,5 en 17,5%. Port word van speifieke cultivars gemaak, sommige se smaak is beter vir port as ander se smaak. Sommige cultvars is gskik vir port en wyn. Port is ook nie altyd rooi nie daar is wit cultivars warvan jy kan port maak. Jeripiko word gemaak van sap wat op doppe le vir so 2 dae en dan word dit nie gegis nie maar net gefortifiseer.

Gewoonlik is port wyn reg vir fortifikasie 1 uur in die nag en by my was geen verskil nie. moes dit oppas tot 1 uur in die nag.
Ek het toe nog 2 kanne port gemaak en met brandewyn en wiskey ook gefortifiseer om te kyk hoe dit kom.

Hier staan als gereed in afwagting



Neem die suiker vir die hoeveelste keer in die nag



Suiker meter ( SG meter) e termometer in een



my wynmaak toerusting



Hier is die sprits en brandewyn en wiskey elkeen in sy eie kan gegooi en die sap het ek uitgeskep om die laaste stukkie te gis en dan is dit gouer om by te gooi.



bietjie meta, 1 gram per kan, wat bykom om gisting te help stop. ek het dit vooraf afgemeet in die blou pille bottels.





Nou gis die mos lekker en moet nou bygegooi word





Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Go to full version