Author Topic: Banting Dieet...  (Read 21068 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Banting Dieet...
« on: February 07, 2015, 02:39:54 PM »
Ek het op die Banting wa gespring, maar my voetjies hang nog af aan die agterkant. 
Is daar van julle wat Bant?
Dit is nou Prof Tim Noakes se LCHF-dieet. 
Moet se, dit is die maklikste dieet om te volg wat ek al ooit gesien en effentjies beproef het.
As julle wil, kan ek resepte plaas.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Banting Dieet...
« Reply #1 on: February 11, 2015, 12:02:35 PM »
O ja, plaas asseblief.  Ons is in Pretoria en het nuus ontvang dat Leeupoort se toring aan die herstel is.  :hello2:

Deel asseblief die inligting ook.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Banting Dieet...
« Reply #2 on: February 11, 2015, 07:58:33 PM »
Mooi, dan kan ons weer van julle hoor.
elle

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Banting Dieet...
« Reply #3 on: June 28, 2015, 03:24:03 AM »
Banting, omstrede, maar tog so effektief!
Ons almal ken Prof Tim Noakes. En sy (omstrede) Banting Dieet.  Hoe vet, baie proteine, lae koolhidrate. Maar almal stem nie saam nie. Ek doen. 
Baie gesukkel in die begin om brood uit te sny, maar na 6mnde koop ek dit nie meer nie.  Nou en dan vergryp ek my aan twee snye by die werk.  Heerlik. Met egte botter en biltong.
Dit kom daarop neer dat jy baie proteine en baie vet inneem.  Sny 90% van koolhidrate uit en eet baie groente wat bo die grond groei.
SUIKER is 'n vyand. Vir my.  Vrugte bevat baie suiker en daarom vermy ek dit.  Eet bessies.
En as jy lus kry vir iets soet, eet 'n selderystok...   :evil6:  Lees Karen Thomas se boek Suikervry.  Sy is Prof Chris Barnard, hartpionier, se kleindogter.  Ook 'n artikel oor haar in die nuutste SARIE.  Ja, jy kan verslaaf raak aan suiker. Kyk maar hoe word soetgoed uitgestal in klein, happie-groot pakkies in die gangetjie waar jy wag vir 'n kassier.  En kinders word vol gestop daarmee.   
Nee, ek eet nog alles, maar net nou en dan.  Wilskrag tot die uiterste in die eerste paar weke, want jy moet jou omswaai maak vanaf lekker eet na goeie keuses wat kos betref.
En dan bietjie oefening.  En die vermoee om te kan nee se vir 'n bruin gebakte poeding met roomys of vla.   :angel8:
elle

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Banting Dieet...
« Reply #4 on: June 28, 2015, 10:36:19 AM »
Eet bitter min suiker maar tog sooo lief vir my broodjie, ek benou jou Elle  :notworthy: :hello2:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Banting Dieet...
« Reply #5 on: June 28, 2015, 05:31:42 PM »
Meraai, dit het my ses maande geneem om van brood afskeid te neem. Of dan, om nie meer brood te koop nie.  Jy kry dit nie meer in my huis nie.
Ek het wel vanoggend 'n ontbyt-pizza gehad, maar ek klim nie onder die bed omdat ek bietjie carbs ingeneem het nie.  Ek gaan nou maar net weer aan met waarmee ek begin het. 
Ek eet bv 'n hele pomelo wat ek afskil en die huisies dan skoonmaak en saamneem werk toe asook gekookte eier en 'n klein houertjie met biltong.  Daarmee saam drink ek liters sterk, swart, bitter koffie.  Baie goeie water-afdrywer. Die koffie drink ek tot so 13:00, want anders hou dit my meer wakker.  Saans roerbraai ek groente in botter en gooi dan 'n stuk vis in.  Met baie peper.
Of baie bacon en gebakte eier. 
Geen, maar geen suiker.
Net as ek once in a blue moon op 'n Sondag gaan kuier en 'n stroopsoet poedingkie verorber. Te lekker.  Maar ek vergryp my nie. Ek weerhou niks.  Alles in klein mates.
Wat my help is dat ek alleen is en nie nodig het om aartappels te kook of suiker aan te hou nie. Bv.
Ek moet 'n hele nuwe klerekas koop vir die Somer.  Te lekker. Of hoe?
As julle Banting resepte wil he, ek kan plaas. Hordes.
elle

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Banting Dieet...
« Reply #6 on: June 29, 2015, 07:36:37 AM »
My dieetkunde dogtertjie wil die apiestuipe kry as jy net die woord Banting in haar teenwoordigheid noem.  'n Vriendin van die gesin was daarop en sy sit vandag met ernstige gesondheidsprobleme wat sy nie voor die dieet gehad het nie.  Elke mens se liggaam reageer seker maar uniek op elke ding, maar dalk is dit tog die moeite werd om versigtig te wees.

Anchen het my hierdie artikel gegee om te lees.  Kan seker nie skade doen om twee keer te dink nie.

http://www.health-e.org.za/2014/07/10/new-research-debunk-banting-diet/

Nog iets om dalk te kyk is hierdie video.  goeie raad ingeval jy die dieet wil volg:

https://www.youtube.com/watch?v=jErjEisIvl0
« Last Edit: June 29, 2015, 07:45:05 AM by Gawelina »

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Banting Dieet...
« Reply #7 on: June 29, 2015, 10:27:31 AM »
Dit is soos jy se, Gawelina.  Elke mens se liggaam reageer uniek op die verskillende dieete.  Ek was baie jare gelede op daardie dieet wat by sekere apteke aangebied is, die naam daarvan was "Die dieet waarvan almal praat".  Dit was ook soos die banting dieet 'n dieet met baie vet, protein en geen maar geen carbo's nie.  Dit het jou liggaam in 'n staat van 'kitose' laat ingaan, dan verbrand dit vet in jou liggaam vir energie.  Ek het baie mooi daarop gewig verloor, maar was voortdurend bewerig en het geweldige kopsere ontwikkel.  Alhoewel my man nie spesifiek en formeel op die dieet was nie, het hy uit die aard van die saak dit ook soort van gevolg.  Ek onthou ons kon selfs lekker vet biltong eet, wat ons dikwels gedoen het.  So jaar na ons die dieet gestaak het, het my man 'n hartaanvalgehad. Die kardioloog wou stuipe kry toe hy hoor ons het so geeet.  Tot vandag toe sweer hy dit was die oorsaak daarvan.  Die vette en proteine en die min carbo's.  So weet mens vandag se dae nie meer watter kant toe nie.  Die een groep kundiges se so, die ander klomp weer sus.  Ek is so jaar gelede gediagnoseer met Lupus, 'n auto imuun siekte wat in my geval manifesteer in soort van erge rumatiek, dat dit soms so erg is dat ek met die hulp van krukke moet oor die weg kom.  Dit is 'n siekte wat geleidelik jou liggaam aftakel en eindelik selfs tot jou dood kan lei.  En ook hier is soveel verdeeldheid. Een groep drs beveel so dieet aan, en andere verskil weer absoluut radikaal daarvan. Dit maak dit moeilik vir ons pleppe op grondvlak wat die beste wil doen. Ek lees maar baie op oor die kondisie en het aangesluit by ondersteuningsgroepe waar mens maar inligting en ondervinding uitruil. Ek wil juis nou weer graag gewig verloor, maar die medikasie vir lupus sluit oa ook in daaglikse kortisoon, wat mens geweldig laat opswel, veral ook die gesig.  Wens ek weet wat om te doen.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Banting Dieet...
« Reply #8 on: July 01, 2015, 12:26:23 PM »
Miskien kan jy 'n onderwerp daaroor begin Anastasia en voor jy weet is dit so groot soos Raaitjie s'n. 

Ek dink ek sal graag van daardie resepte wil sien, kan jy dit onder "Bantingresepte" plaas Els.  Dan kan ons sien hoe gesond dit is?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Banting Dieet...
« Reply #9 on: July 02, 2015, 01:43:13 AM »
Dit sal wonderlik wees om meer van lupus te weet!

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Banting Dieet...
« Reply #10 on: July 02, 2015, 07:36:47 AM »
Ek sal so maak Meraai.  :icon_salut:
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Banting Dieet...
« Reply #11 on: September 11, 2015, 01:52:13 PM »
Aangesien ek nou weer 'n paar kilo's wil verloor, (ek lieg, seker 12 en dit is nie 'n paar nie) sal ek 'n paar goed "bestudeer" en die inligting op die forum plaas.
Ek sal graag almal se opinie wil hoor, al is dit teenstrydig met wat ek plaas.

Dit is soos Anastasia sê, ons moet inligting en ervaring uitruil.  Dit is ook so dat ons almal se liggame van mekaar verskil.  Wat vir die een werk werk nie noodwendig vir die ander nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Banting Dieet...
« Reply #12 on: October 04, 2015, 09:58:23 PM »
Ek vaar baie goed op daardie drie weke eetplan wat Meraai ook elders geplaas het.  Ek is nou twee weke daarop en het 4.6 kg verloor, en dit is ook nie 'n dieet nie, maar eerder 'n eetplan en kan 'n lewensstyl word.  Kom agter ek KAN nie meer verkeerd eet nie, al wil ek.  Ek het gister vir ons lekker skaapboud met al die normale trimmings en Jan Ellis poeding met vla gemaak, maar ek het sonder inspanning nie my vergryp nie.  Ek het baie gewig opgetel sedert ek nege maande gelede tuis gekom het, want die lus vir sekere kosse wat natuurlik geheel en al nie in my bereik was nie, is alles verorber.  Ek beplan om ten minste nog so 16 te verloor.  Op die stadium van my lewe kort voor 60 gaan dit GLAD nie meer oor mooi of sexy nie, dit gaan ALGEHEEL oor my gesondheid en om 'n beter lewenskwaliteit te kan he.  Die minder gewig sal makliker wees op my gewrigte wat erg deurloop onder die Lupus
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Banting Dieet...
« Reply #13 on: October 05, 2015, 06:05:42 AM »
Ek self nog 16kg om te gaan voor ek weer 'n skaflike gewig kan wees waar onder my gebeentes nie gaan kreun en protesteer nie. Lekkerte is dat ons mekaar kan ondersteun en soos Anastasia se, dit gaan suiwer vir my ook om gesondheidsrede  :icon_biggrin: Sterkte met jou dieet PM. Ons probeer almal ne en dit goed.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Banting Dieet...
« Reply #14 on: October 06, 2015, 01:25:44 PM »
Dit is absoluut so dat elke persoon moet vasstel wat vir hom of haar werk.  Dit is wonderlik dat julle so goed vaar op hierdie dieetplan of is dit 'n lewensstyl?  Ek het nou eers 'n bietjie vasgehaak.  Wat is die rede?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Banting Dieet...
« Reply #15 on: October 06, 2015, 03:07:27 PM »
Soos ek se, ek het oor die naweek 'gekul' in die sin dat ek buite die eetplan geeet het, en selfs bietjie suiker ingeneem het, en een glas rooiwyn.  Maandag oggend het die skaal dit gewys, .4 kg.  In die verlede sou dit genoeg wees om my sommer weer alles te laat vaar.  Maar ek sien die groter prentjie.  In totaal 4.6kg af, .4 weer op, wen ek steeds 4.2 kg.  Dis amper 'n groterige sak suiker.  Tel dit op en dra dit rond.  Dit is baie ekstra gewig op die voete en bene.  Ek is maar weer op die plan, en eet weer reg, lw. nie dieet nie, die woord het tog so negatiewe konnotasie wat mens laat vir jouself jammer kry.  Solank ek teen kersfees so 10 af kan wees, en teen einde April vlg jaar as ons aftree nog so 6 daarby, dan gaan ek lang ente langs die strand kan loop met my kierie.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Banting Dieet...
« Reply #16 on: October 06, 2015, 11:02:29 PM »
Die rede vra jy  :toothy4:

Ek sleep onnodige gewig saam met my en geleende asems hou nie altyd by nie. So glip die lewe kilogramgewys voor my verby soos stilflim en dit is een ding wat ek niks van hou nie - ek mis nie maklik uit op ietsie lekkers nie! Die eetplan kan 'n leefstyl word en pas in by my gesondheidsomstandighede. Ongelukkig die gene ge-erf waar my liggaam hom verbeel hy is 'n kolestrolfabriek  :crybaby2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Banting Dieet...
« Reply #17 on: October 08, 2015, 02:30:24 PM »
Jy js so reg Anastasia.  Dit is soos 'n boksgeveg.  As jy omval staan jy net weer op en boks verder!  Die ouens praat van "cheat meals" ek verkies om dit bederfies te noem.  As 'n mens nie oorboord gaan nie kan jy jouself so nou en dan bederf met iets lekkers.  Ons het gister ons inkopies in Bela Bela gaan doen en 'n heerlike middag maal by (is dit nou "op die dekke" of so iets) gaan nuttig.  'n Bottel rooiwyn het dit mooi afgerond.  Hulle het ook Bantingmaaltye.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Banting Dieet...
« Reply #18 on: October 09, 2015, 11:02:10 AM »
Ons is nou al vir 'n maand Banters en my lyf is mal daaroor. Sover gaan dit goed en ek dink ons sal kan volhou daarmee. Ons eksperimenteer nou te heerlik met verskillende disse. So dit is pret ook. :-)

Ons het ook besluit dat dit nie soos 'n straf moet voel nie, so as een van ons nou en dan wil "cheat" of "bederf" (rooiwyn vir my!) is dit goed so.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Banting Dieet...
« Reply #19 on: October 09, 2015, 11:51:25 AM »
 :toothy4: Smaak my naweke gaan een 'cheat' dag diekant inhou. Laas naweek was ons verskoning dit is langnaweek en Meisiekindjie kuier hier met kabouters. LOL. Die naweek was pure gegunde plesiertjie om die lewe te vier  :hello2: Na ek julle plasings gelees het voel die uwe geensins meer skuldig nie, net vrolik. Die borreltjies gesels nogals jolig as mens drie weke baie soet was!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Banting Dieet...
« Reply #20 on: December 01, 2017, 10:19:09 AM »
Ek het die 12de September 2017 op die bantwa gespring nadat my dokter, wat 'n GP is en nou ook  homopatie
doen, my op die banting lewenstyl geplaas het. 
Ek het hom gaan sien omdat 'n ander dokter vir my 'n groot sak pille voorgeskryf het.  Volgens daardie dokter het ek hartversaking, nierversaking, longemfiseem, suiker, kolesterol en erge hoge bloeddruk gehad.
Na 'n deeglike ondersoek op die internet oor al die newe efekte van die pille, het die hare wat ek nog oor gehad het, regop gestaan.
Hierdie dokter het nie my bloeddrukpille weggevat nie, maar al die ander goed. "Gooi dit in die asblik en begin met die banting leefstyl."  Ek is daar weg met rooipeperpilletjies, kaneelpilletjies, pilletjies om my hare te help terug groei en my naels te herstel.  Binne 'n maand het ek 5 kilogram verloor en die volgende maand nog 5.
Na die eerste maand het ek opgehou met die bloeddruk pille, want my bloeddruk is onder beheer. 
My geswelde voete is terug na normaal.  Geen hartkloppings meer nie.
Julle weet mos hoe dit gaan, wanneer jy 'n nuwe ding begin kom jy in aanraking met 'n klomp mense wat die al reeds lankal doen.  Nou kom al die bewyse van mense wat regtig groot probleme gehad het, wat nie meer suikerpille of bloeddrukpille gebruik nie.  Wat nou?
As jy werklik kyk na wat 'n mens eet met die bantingleefstyl, kan ek nie glo dat iemand kan glo dat dit ongesond is nie.
Is ons mense te lui om te lees of glo ons sommer net alles wat almal vir ons vertel sonder enige bewyse daarvan?
« Last Edit: December 01, 2017, 10:21:11 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Banting Dieet...
« Reply #21 on: November 08, 2021, 02:55:32 AM »
Ek het oor 'n gas se skouer geloer en hier kom lees. 
Die tweestrydigheid oor hierdie dieet laat my dink.  Ek het baie lank hierdie eetgewoonte toegepas en moet eerlik sê dat dit vir my net goed was. 
Koolhidrate is net goed as dit uit vars produkte kom.  'n Mens sal verbaas wees om te sien hoeveel koolhidrate in vrugte en groete is, maar dit is beter as stysel en suiker. 
Gelukkig kan elke persoon sy eie keuse oor sy eetstyl beoefen. 
Om te weet is om te verstaan.