Ek laat jou wandel in my hartskamers
ek laat jou wandel in my koue nagte
ek laat jou in my lewensgange wandel
ek neem jou saam in my alleentye
om oor jou mening saggies te tree
ons liefde is daardie vasberadenheid
om keer op keer al is dit seer
weer op die lewe te teer
soms verskil ons soos vrystaatvlaktes
karoo se kaalbossiegedagtes en berg woesteny
maar diep binne bring dit ons weer telkemale
by die rustige see verby
ek hou jou naby my
al is ons soms soos wêrelde wyd versprei
deur grassade en slinger veldpaadjie draaie
kom ons tog weer by dieselfde bestemming
waar onverklaarbare liefde verwyl
waarmee die vyand so graag afstand wil kry
tog is alles só eenvoudig
om ondersteunend hande te vat
die geur sal toelaat
om God se blommeseën te pluk
wat gretig wag langs die uitdagende pad van geluk
wanneer verrassings goed of sleg opduik
mag ons 'n oomblik se asemteug by Sy voete inadem
om sterker as ooit die toekomspad saam te gebruik
soos melodie en liriek saamsmelt
word lewensmaats
tot 'n volmaakte huwelikslied geskryf