Bak en brou > Plante met medisinale eienskappe

Kattekruid/catnip

<< < (2/3) > >>

Meraai vannie Baai:
Lekker gelees!! Ek ken catnip glad nie. So word mens slimmer by die dag  :book1: :bootyshake:

Anastasia:
Ek wil dit eintlik plant, dat hulle die vars een kan kry, maar ek is dan te bang dit trek ander katte aan.  Veral vir my kleine Caesar, beskerm ek maar teen ander katte.  Brutus, sonder stert, het 'n reuse leeutjie geword.  Regte leeugesiggie, geel oe en al!  En hy neem dit op homself om al die ander katte en ons ook te beskerm.  Hy kom nie saans in alvorens al die ander katmaatjies in is nie.  En soggens staan hy eerste by die deur, en niemand gaan uit alvorens hy eers sy rondtes gedoen het en seker gemaak het dis veilig nie.  Die katte is so integrale deel van my lewe, my liefde, en my rede vir nog 'n sleepvoetjie voor die ander sit. 

Ek gebruik maar die droee catnip wat ek by die veearts kry.  Alle katte is mal daaroor, selfs groot katte in die natuur.  Chris moet van tyd tot tyd in die feral katkolonies hier al met die kus langs van hulle vang in vanghokke wat soos 'n wip toegaan snags.  Dan neem hulle die katte om hulle te steriliseer, en kry hulle so chip merkie in die oor.  Om te keer dat die populasie nie handuit ruk nie.  Hy het 'n 80% suskses rate gehad, met catnip in die hok.  Hie hie.  Deesdae het hy 'n 100% suskes rate, met my oondgebakte hoender as aas daarby.  Al die suidkus katte love my hoender!

PM:
Ek wil ook 'n Suidkuskat wees!   :icon_biggrin:
Leeupoort is 'n natuur-reservaat, dus mag ons nie diere aanhou nie.  Ongelukkig is hier 'n paar ouens wat hulle nie daaraan steur nie en hulle katte teël dan met die wilde katte. 

Anastasia:
Die seun van my leef my droom om met die diere te werk.  Maar sonder traan en sorge is so werk ook nie.  Ek moes vanaand erg klankbord speel en baie bemoedig, hulle het 'n uitbreek van Canine disturbia daar, en moes vreeslik baie honde uitsit.  Vir die publiek klink dit wreed, en word maklik klippe na hulle gegooi.  Maar in daardie beroep moet hulle doen wat op lang termyn vir die diere die beste is.  Dit is wat REGTIG 'goed wees vir diere' behels.  Maar hy het sy ma se klein (groot) hart gekry as dit by diere kom.

Ek verstaan katte se siele.  Ek dink in my hart is ek ook maar net 'n groot kat.  Maar my hart is vir alle diere. 

Naas:
Ek is ook 'n kat-mens. Het grootgeword met katte in die huis. Nou is altwee my kinders, my skoonseun en my kleindogter allergies vir katte.
In my hart treur ek...



 :icon_bigsmurf:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Go to full version