Digkuns > Digformules of -strukture

Lucky Leaf gedigstruktuur

(1/3) > >>

PM:
Lucky Leaf
‘’n Gedigstruktuur geskep deur Christina R Jussaume.

Hierdie struktuur moet so getipografeer word dat dit die vorm van  ‘n klawerblaar aanneem.   Ek kon nog nie voorbeelde kry nie en dit lyk nie vir my of dit kan werk in Afrikaans nie.  ???  Wie kom help asseblief?  

Lettergrepe is  3, 3, 9, 9, 12, 12, 6, 6, 3, en 3.

Enige onderwerp is geskik,  met of sonder rym.

Voorbeeld:  (Julle moet asseblief kom help om ‘’n goeie voorbeeld te skryf.)

                                          
                                   Ek lief jou
                               my groot kind
                        jy is die glinster in my oë
                    was die lig in my duister nagte
          sonder jou bystand sou ek dit nie kon maak nie
             daardie helpende hand was vir my ‘n kierie
                            jy het my ondersteun
                          was daarin saam met my
                                   soet nektar
                                    jou liefde

Meraai vannie Baai:
Oi joi joi matertjie jy maak dit nie maklik nie  :bootyshake: Ek het gaan loer na die klawerblaar se vorm. Het ook probeer om die gedigstruktuur in Engels raak te lees, maar pure verniet! Toe skryf ek maar oor die klawerblaar  :book1: Hier is my voorbeeld van die Lucky Leaf struktuur spesinjaal vir jou. Help sebliefie reg :dontknow:

St Patrick Trilogie

Klawerblaar
Drie Eenheid
Simbool van Ierse agtergrond of
uitkenningsteken - van die bendes
onopsigtelik op die liggaam aangebring
aan die voete, onderkant 'n enkelgewrig
deur donker bedrywe
of is dit straks maar net
 drie blaartjies
 aan een stam?

©Meraai vannie baai

PM:
Ai jai jai!  Dankie Raaitjie.  Dit is goed gedoen en ek sien geen fout nie! 

Tik  Christina R Jussaume in en soek die Lucky Leaf.  Ek het gesoek na nuwe strukture en hierop afgekom.  Dit sal so gaaf wees as jy ook daarna kan kyk.  Ongelukkig is daar geen voorbeelde by haar werk nie en my tyd is beperk.  Is mos met vakansie en die opvangs is ook beperk. 

Meraai vannie Baai:
Ek doet so voort mater  :icon_salut:

Meraai vannie Baai:
Ontdek ek nou weer hierdie erf vanaand. Gaan loer toe gou na die skakel wat jy gegee het. Jong, daar is 'n magdom uitdagende strukture! Sal moet begin soek na ink vir my pen  :book1:

Hierdie ene my nogals laat dink aan ons eie driewoord-struktuur

The Brevette

The Brevette, created by Emily Romano consists of a subject (noun), verb, and object (noun), in this exact order. The verb should show an ongoing action. This is done by spacing out the letters in the verb. There are only three words in the poem, giving it the title Brevette.

snail
l e a k s
slime

Each of the three words may have any number of syllables, but it is desireable that the poem have balance in the choice of these words. Unlike haiku, there are no other rules to follow.

Example #1:
rainbow
r a d i a t e s
spectrum

Copyright © 2007 Emily Romano

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version