Author Topic: MOEDER-AARDE  (Read 2953 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Elsabe Oosthuizen

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 52
MOEDER-AARDE
« on: June 12, 2014, 11:40:54 AM »
Wyd is haar arms en sterk,
woes en leeg.
Uit duisternis is Lig geskep.
Waters en uitspansel in order geskik.
Uit haar ingebore geaardheid,
Baar sy groei!

Sy dans in die reën,
Wanneer ons Liewe Heer haar seën.
In seisoene pas sy aan,
selfs hul verskil jaar na jaar,
deur Sy Hoër-hand gebaan.
Streek na streek,
in teenoorgestelde aan eie waarde gekenmerk.

In haar Winterslaap kan niks vergaan.
Sy is gepantser teen koud en wind,
waar menige dier hul koesterend in haar buik bevind.

'n Welige groei in die somer,
laat haar wange saggies gloei.
'n Rypheid van kleur,
waar nuwe lewe ontspring.
Haar saadsak vrygewig in kleurpastel ontgin.

Grasveld-gedagtes strek wyd en ver.
Wilde diere beweeg vry.
Vir mens en dier kom oorvloed uit haas spens.

Hoe sal ons ooit begryp,
tussen barre rotsklip,
ontspring sagte blommekleur?

Diep in graniet opgegaar,
Lê ryke erts,
in mislukking gedelf.

Langs heuwelrondings,
sien wreedheid naak in irosie-littekens,
onaangeraak.

Riviere, valleie, bergstrome en woestyne --
Elkeen vertel hul eie verhale,
selfs die see bied sy kosbare korale.

Jou grootste vyand,
Die mens --
Deur oorlog van selfsug,
word voor die voet vernietig,
sonder keuse,
van waarde beroof.

Die seer lê braak in jou aardse-wonde,
Die bewys in karkasse onderworpe.
Die mens se opdrag om te heers,
Gruwelooslik misbruik, tevergeefs.

Tog die teendeel van Moeder-instink roep Halt!
Vertroetel, koesterend, stry sy dapper voort,
vir diegene wat wel jou waarde ontdek!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10714
  • Gender: Female
Re: MOEDER-AARDE
« Reply #1 on: June 13, 2014, 08:38:39 AM »
Mooi Elsabe. 

Sy dans in die reën,
Wanneer ons Liewe Heer haar seën.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: MOEDER-AARDE
« Reply #2 on: June 17, 2014, 09:43:15 AM »
Ek het van bo af ondertoe begin lees, en tot dusver my gunsteling gedig van jou.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: MOEDER-AARDE
« Reply #3 on: June 23, 2014, 08:55:23 PM »
dit is mooi!
adéle  :grommit: